info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089

Geesdrif bruis vir Relay!

Deur Liesel le Roux

RELAY FOR LIFE-KOORS het Oudtshoorn vandeesweek beetgepak met inwoners wat in hul honderdtalle betrokke geraak het by vanjaar se Kansa Relay for Life (RFL) wat Saterdag vanaf 17:00 by die De Jager Sportstadion aangebied word.

Gabby Zwarts (links), Megan Jonker (middel) en Monique Myburgh van die Mighty Pink-span is graad sesse van die Laerskool Van  Reede wat teen Dinsdagmiddag al R4 500 ingesamel het vir die naweek se Relay for Life (RFL)! Die span se lede, wat baie uitsien  	na die naweek se RFL, sê met hul vrolike kostuums "bedel" hulle al geruime tyd met 'n "blikkie en 'n smile" en verkoop hulle  armbandjies om so geld vir Kansa in te samel.

Die RFL, met die hoofdoel die insameling van fondse vir die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa), word vanjaar die derde keer op Oudtshoorn aangebied. Dit bestaan uit ‘n vrolike deurnag­geleentheid vir die hele gesin waartydens spanne 13 ure lank om die tartanbaan beweeg – hetsy deur te stap of te draf.

Die RFL skop af met ‘n oorwinnaarsronde van mense wat kanker oorwin het of daarmee leef, en net ná sononder word ‘n aangrypende kersligseremonie aangebied waartydens diegene wat aan kanker gesterf het, onthou word.

Met die ter perse gaan van Die Hoorn het 92 spanne reeds ingeskryf. Onder die nuwe spanne wat die afgelope week betrokke geraak het, tel twee spanne van die Oudtshoorn Polisie en ‘n fantastiese 23 spanne van die Hoërskool Oudtshoorn. Dit beteken dat 230 leerders, wat ‘n derde van die skool se leerders uitmaak, aan die RFL gaan deelneem.

Spinning-spanne neem ook vanjaar die eerste keer aan die RFL deel.

Lewer Kommentaar

What is 14 + 3 ?
Please leave these two fields as-is:
BELANGRIK! Om te kommentaar, moet jy die sommetjie voltooi.   IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple maths problem.
Copyright ©   ::  DIE HOORN  •  Site by:  WebWorX