info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089

Barrow nou DA, OD se prokureur

Deur Liesel le Roux

DIE DA- en OD-raadslede van Oudtshoorn oorweeg dit om in die Kaapse Hooggeregshof om ‘n dringende interdik aansoek te doen om die uitbetaling van R1,5 miljoen aan mnr Noël Pietersen, die dorp se nuwe munisipale bestuurder, te keer en besluite van die ANC-beheerde raad nietig te laat verklaar.

Daar sal ook aansoek gedoen word dat alle regskoste deur die raadslede wat die besluite geneem het, in hul persoonlike hoedanigheid betaal moet word.

Mnre Gordon April (links voor) en Jurie Harmse bedank Dinsdag voor die kameralens van die SABC uit die OD en maak bekend dat hulle hul voortaan by die ANC gaan skaar. Regs voor sit die hoofsweep van die ANC op Oudtshoorn, mnr Wilton Kawa. Die perskonferensie in die munisipale gebou op Oudtshoorn is bygewoon deur ANC-hooggeplaastes uit die Suid-Kaap, ANC- en NNP-raadslede en 'n groot aantal ANC- en NNP-ondersteuners. Nog 'n OD-raadslid, mnr Shepstone Billy, het die perskonferensie as toeskouer bygewoon.

Volgens die Oudtshoorn-sakeman mnr Nic Barrow wat deur die DA- en OD-raadslede as hul regsverteenwoordiger aangestel is, is ‘n mosie van wantroue verlede week in die DA-burgemeester en -speaker, me Diane de Jager en mnr Pierre Nel, onwettig omdat die voormalige OD-raadslede, mnre Gordon April en Jurie Harmse, reeds op 27 Julie uit die OD geskors is. Die OD het April en Harmse op 27 Julie skriftelik in kennis gestel dat hul lidmaatskap van die party beëindig is hangende ‘n OD-tugverhoor.

Die ANC het verlede Dinsdag beheer oor die Groter Oudtshoornraad oorgeneem nadat hulle die mosie van wantroue met die hulp van April, Harmse en mnr Shepstone Billy aanvaar het.

Die aanstelling van Pietersen verlede Woensdag as munisipale bestuurder en die skikkingsooreenkoms van R1,5 miljoen met hom is daarom ook ongeldig, sê Barrow.

Barrow het Dinsdag namens die DA- en OD-raadslede deur die balju briewe op Pietersen en die finansiële bestuurder, mnr Keith Jordaan, bedien dat die R1,5 miljoen nie betaal mag word nie en dat streng optrede sal volg indien dit gedoen word.

Briewe is ook aan al die ANC-, NNP- en drie voormalige OD-raadslede gestuur.

Dit is gister met ‘n sms opgevolg omdat Barrow sê hy het verneem dat van die raadslede die briewe opgeskeur het sonder om dit te lees. Betrokkenes word gewaarsku dat regskoste van hulle persoonlik verhaal sal word.

Die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, mnr Anton Bredell, is luidens ‘n persverklaring van sy kantoor ook bekommerd oor die koste-implikasies van Pietersen se aanstelling.

3 Responses to “Barrow nou DA, OD se prokureur”

  1. Enslin Moos says:

    Wat my betref, is die raadslede van Dysselsdorp net daar vir die geld. Hulle is nie daar vir die mense nie.

  2. The mood is turning against the DA’s so-called multiparty coalitions in the Western Cape as more people become disillusioned with the DA’s “kragdadigheid” (power) tactics.

    This shift is now also clear in Oudtshoorn where two councillors of the ID has sided against the DA-led coalition.

    The two ID councillors, newly elected mayor Gordon April and Jurie Harmse, has broken with the ID last week and joined the ANC to eject the DA footmen from their leadership positions in council.

    There is a clear shift away from the DA towards the ANC in the province. Especially in the small Karoo municipalities people see power mongering DA leaders building little empires and not giving attention to the needs of the poor.

    While ID leader Patricia de Lille keenly ran to DA leader Helen Zille with a ring in the hand to marry their two parties, that marriage does not have grassroots support in the ID. The supporters in that party rather choose the ANC than to be swallowed by the DA. It is only De Lille that needs a marriage to extent her personal political future.

    Voters know a vote for the ID has become a vote for the DA, as the ID has become a lackey of the DA bosses. The ID has already surrendered to the DA in recent by-elections. This trend is observed not just in Oudtshoorn, but in a number of municipalities.

    People are choosing an alternative political home as the smaller parties associated with the DA starts to break up. The DA sucked out some of these smaller parties and hoped their supporters will gravitate to the DA.

    This is not so. The general mood is that people realise the DA is failing them. They now see the truth and reality. This moves them to rather support the ANC as the only party that can oppose DA power grabs.

    The DA coalition is breaking up and as more cracks develop people choose the ANC. The DA resorts to political kragdadigheid to fight all sorts of political battles, use its power to axe councillors for all sort of reasons or to dissolve a council like that of the Overberg District Municipality.

    In Cape Town the DA ‘bought’ ID ward councillors to resign, just to turn up as DA candidates in the ensuing by-election – effectively handing those wards on a platter to the DA. The DA is out to destroy other parties just to entrench the position and perks of its leaders. The ANC will work for a better life for all of the people of the province.

  3. morne says:

    Dis weer tyd vir die Laurel and Hardy plakkate…

Lewer Kommentaar

What is 15 + 10 ?
Please leave these two fields as-is:
BELANGRIK! Om te kommentaar, moet jy die sommetjie voltooi.   IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple maths problem.
Copyright ©   ::  DIE HOORN  •  Site by:  WebWorX