info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089

Bridgton kry pak

Deur Garnett Wicomb

DIE eerste span van die Bridgton Rugbyklub het Saterdag die tweede week ná mekaar vasgeval in die Premierliga Top 8-kompetisie van die SWD toe hy met ‘n enkele punt teen Evergreens van Pacaltsdorp verloor het.

Bridgton was weliswaar nie op volle sterkte nie, maar het die wedstryd verloor omdat hy nie sy kanse benut het nie.

Evergreens het met 16-15 gewen nadat Bridgton rustyd met 12-6 voorgeloop het.

Evergreens se agttal het die tuisspan harde bene laat kou in die vaste skrums en die enigste drie is ook ná ‘n goeie skrum naby Bridgton se doellyn gedruk.

Erin Ewerts (losskakel) het al Bridgton se punte met vyf strafdoele aangeteken.

Die span is egter steeds die voorloper op die punteleer, maar sal nie kan bekostig om nog ‘n nederlaag op die lyf te loop nie.

Bridgton kom môre-aand op Outeniqua Park, George, teen Silver Stars te staan.

2 Responses to “Bridgton kry pak”

  1. morne says:

    Erin Ewerts is ‘n yster! Ek stem saam met Marco.

  2. MARCO says:

    As Bridgton vanjaar weer die trofee wil wen, moet hulle vir Erin Ewerts op scrumhalf sit en vir Adrian Booysen op losskakel. Dan sal die span vreugde in hul toeskouers se harte bring.

Lewer Kommentaar

What is 8 + 13 ?
Please leave these two fields as-is:
BELANGRIK! Om te kommentaar, moet jy die sommetjie voltooi.   IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple maths problem.
Copyright ©   ::  DIE HOORN  •  Site by:  WebWorX