LEERDERS, onderwysers, ouers en oud-onderwysers van Principia Kollege het Donderdagoggend die 14de verjaardag van die skool tydens ‘n saalbyeenkoms gevier.
Principia Kollege, ‘n onafhanklike hoërskool op Oudtshoorn, is 14 jaar gelede deur ‘n groep gesoute opvoeders van Oudtshoorn op die been gebring.

Principia Kollege se jaarlikse Founders Ball is verlede Donderdag in die Rembrandtsaal by die CP Nel Museum aangebied. Dié jaarlikse bal, wat deur die graad 11's gereël word, vind altyd op die skool se stigtingsdag, 19 Augustus, plaas. Die graad 11's het almal bekendes in die vermaaklikheidsbedryf voorgestel, en hier van links staan Dylan Steyn (aka Mika), Schalk le Roux (aka John Lennon), Johan Brooks (aka Justin Bieber) en Christi Watson (aka Angelina Jolie).
Verskeie van die oud-onderwysers het in hul boodskappe die skool gekomplimenteer met die waarde wat die skool heg aan karakterontwikkeling en die wyse waarop jongmense deur die skool voorberei word om eendag hul plek in die lewe te kan volstaan, die aandag wat geskenk word aan kwessies soos respek vir almal, ‘n positiewe houding asook die skool se strewe na uitnemendheid.
“Ek het altyd ‘n droom gehad oor hoe die onderwys moet wees. Ek kon dit by Principia ervaar,” het ‘n oud-onderwyser, me Linette Marais gesê.
Nog ‘n oud-onderwyser, mnr André Viljoen, het gesê na 40 jaar in die onderwys by 10 skole en besoeke aan skole in Europa en Suid-Amerika was dit vir hom ‘n hoogtepunt om sy onderwysloopbaan by Principia te kon afsluit omdat hy die waarde van die skool besef het. “Julle is bevoorreg om in so ‘n skool te kan wees met een van die belangrikste kenmerke die aandag aan individualisme,” het hy aan leerders gesê.
Leerders van die skool het die aand hul skool se verjaarsdag in die Rembrandtsaal van die CP Nel Museum met hul jaarlikse Founders Ball gevier. Die tema van die aand was Las Vegas en die graad 11′s wat dit gereël het, het almal soos bekendes in die vermaaklikheidsbedryf aangetrek. Die ander leerders is op ‘n rooi tapyt die saal binnegelei.




Congratulations, Principia, on your 2010 Founders Day. Unfortunately I was not able to join you, but my thoughts were definately with you as I recalled the ‘good old (early) days’ of Principia in the old Prince Vincent Building.
My years as a teacher at Principia were special years with special people – staff and learners alike. Principian education is a unique privilege, offering young people far more than the average school experience.
May you go from strength to strength! Best wishes.