info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089

17 onwettige parkeerders se wiele geklamp!

Deur Carina Fourie

WIELKLAMPING en ‘n boete van R250 is deesdae die voorland van bestuurders wat ongemagtig op die parkering vir gestremde persone by die Queen’s Mall parkeer.

Die eienaars van die Mall, VestsecTen (Edms) Bpk, het besluit om drastiese stappe te neem aangesien verskeie nie-gestremde persone hulle doodeenvoudig nie aan die borde steur wat aandui dat die parkering slegs vir gemagtigde gestremde persone is nie.

Een van die 17 voertuie waarvan die wiele die afgelope week op die parkeerplekke vir gestremde persone voor die Queen's Mall op Oudtshoorn geklamp is.

Slegs voertuie met ‘n blou plakker van die verkeersdepartement mag op die parkeerplekke stilhou.

Om vir ‘n blou plakker te kwalifiseer moet persone ‘n doktersbrief of -sertifikaat verkry waarin aangedui word dat die persoon gestremd is. Die brief word dan na die verkeersdepartement geneem, waar ‘n blou plakker aan die gestremde persoon uitgereik sal word.

Die Queen’s Mall se sekuriteitsmaatskappy, Recall Security, is daarvoor verantwoordelik dat slegs persone met spesiale behoeftes op die parkeerplekke stilhou.

Die eerste motors se wiele is verlede Vrydag geklamp en teen gistermiddag is wielklampe reeds aan 17 voertuie gesit wat sonder magtiging op die parkeerplekke stilgehou het.

Eienaars van ‘n geklampte voertuig moet R250 kontant betaal voordat die klamp verwyder word.

Boetes word by die kiosk in Pick n Pay betaal, waarna die persoon ‘n kwitansie ontvang, dit na die sekuriteitswag neem en die klamp verwyder word.

Mnr Piet Otto, eienaar van Recall Security, het die publiek se samewerking gevra om nie ongemagtig op die parkeerplekke stil te hou nie.

Hy sê die sekuriteitswagte sal nie onredelik wees nie en persone daarop attent maak dat hulle nie op die parkeerplekke vir gestremde persone mag parkeer nie.

Verskeie inwoners van Oudtshoorn het die afgelope week hul lof uitgespreek vir dié inisiatief om ongemagtigde parkering aan te spreek.

3 Responses to “17 onwettige parkeerders se wiele geklamp!”

  1. Andre Barnard says:

    Op wie se gesag word die motors se wiele geklamp. Sou graag wil sien wat sê die regskenners. Volgens my kennis kan die munisipale verkeersafdeling dit doen, maar dan moet daar wetlike regulasies in plek wees.
    Wonder maar net. Dalk het Oudtshoorn nou al so geword dat daar te veel Chiefs en te min Indians is.
    Sal ook graag wil weet waar begin en eindig VestsecTen se eiendom (parkeerarea) vir die uitvoer van die opdragte.
    Dan natuurlik is daar sekere magte wat die kwansuise sekuriteitsbeamptes nie mag oorskry nie. Ek dink nie eens hulle weet die moets en moenies van openbare veiligheid en sekuriteitnie. Hulle doen ‘n tjoef, tjafkursus, kry dan ‘n sertifikaat en dink dan hulle is polisieringsbeamptes.

  2. VestsecTen (Edms) Bpk, eienaars Queen’s Mall, Oudtshoorn says:

    Baie dankie vir die geleentheid dat ons op die skrywer se brief kan reageer, en wel soos volg:
    “Soos reeds gepubliseer, is gestrem­de parkering by die Queen’s Mall slegs vir persone wat die gestremde plakker op hul motor het.
    Die eienaars van die Queen’s Mall versoek kliënte om die kennisgewingsborde te lees. Indien die reëls oortree word, sal wiele geklamp en bestuurders beboet word.

  3. JP Fourie says:

    Mooi man! Ek het net vir ‘n oomblik IN my voertuig sit en wag op een van die parkerings – toe hou daar ‘n man reg langs my stil – ook op ‘n geel parkering. Die persoon en sy vrou klim uit, sluit die motor, en gaan doen doodluiters inkopies. ‘n ene me Meyer storm my, sê ek moet onmiddellik van die gestremde parkering af, anders sal ek ‘n boete van R250 kry. Ek noem toe aan haar dat ek net ‘n oomblik daar ingetrek het, en wag vir ‘n gewone parkering (ek het immers net iemand kom oplaai – nie kom shop nie). Ek sê toe vir haar – hoekom praat jy nie met die persoon wat sy motor toegesluit het en nou gaan shopping doen aan nie? Toe word ek gedreig met fotos en die koerant. Dis my Isuzu-bakkie wat se foto in Die Hoorn verskyn het – sonder my toestemming! (GRAPPIE). Daar was wel nog 3 gestremde parkeerplekke reg langs my oop – so as daar skielik 3 gestremde persone opgedaag het – was ek nog nie in die pad nie. Ek het ook aan me Meyer genoem indien ‘n gestremde persoon met ‘n plakker op sy voertuig wil stilhou waar ek staan – ek onmiddellik met die grootste liefde sal wegtrek. Me Meyer het toe ek klaarblyklik nie hoog genoeg spring nie die storie toe heeltemal uit verband geruk en haar toys uit die cot gegooi. Sy het tot 2 weke daarna nog steeds die storie ‘gepomp’, en selfs ‘n vriend wat met die bakkie gery het ‘n week later uitgevreet toe sy die bakkie erken – en hy was in ‘n gewone parkering langs die ABSA ATM! Vir die rekord het ek ná die 1ste insident nie eens “gekyk” na ‘n gestremde parkering se kant toe nie. Sy was tot by die verkeersafdeling om my besonderhede te kry. Toe word ek by die huis gedreig dat daar op my voertuig beslag gelê sal word en nog ‘n klomp tjol. So sou die hoof van sekuriteit my ook glo kom ‘sien’. Ek wag nou nog vir hom. Hahaha! Me Meyer – nie eens die Balju kan op die bank se voertuig beslag lê nie. U is natuurlik daarvan bewus dat ‘n slim kerel in Engeland ‘n hofsaak gewen het teen “wheel clampers”. Die klampers is skuldig bevind aan afpersing (extortion).
    Ek dink almal wat hier lees, is dit eens dat daar in elk geval te veel geel parkeerplekke is. Wie onthou nog die storie toe mnr Nic Barrow byna slae gekry het by ‘n groot ou van Gauteng wat met sy groot swart BMW op ‘n geel parkering stilgehou het!

Lewer Kommentaar

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Wat is 2 + 4 ?
Please leave these two fields as-is:
BELANGRIK! Om kommentaar te lewer, moet jy die sommetjie hierbo voltooi.   IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the simple maths problem above.
Copyright ©   ::  DIE HOORN  •  Site by:  WebWorX