info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089

2010 op Rietbron beslis nie net ‘n sokkerjaar nie!

Op Rietbron was 10 Augustus ‘n geskiedkundige dag toe daar die eerste keer tussen twee plaaslike skole hokkie gespeel is!

Laerskool Rietbron (op die dorp) speel al sedert 1998 hokkie nadat een van die ouers, me Monita Nigrini, met afrigting begin het.

Nigrini het in 2009 begin skoolhou by Willowdale Primêr, ‘n plaasskool in die distrik naby die Beervleidam, en begin droom om die kinders daar ook die geleentheid te bied om hokkie te speel. Die finansies was egter nie daar nie.

Die bal het egter aan die rol gekom toe me Thea Swart, voorsitter van die Oudtshoorn Skolehokkie-unie, hokkiestokke, -balle en -doelwagterskutte geskenk het vir hokkie-ontwikkeling.

Op Willowdale is bosse uitgekap en doringbome afgesaag om ‘n grondhokkiebaan te maak.

By die eerste hokkiewedstryd, met 23 leerders van die Laerskool Rietbron wat teen die 53 leerders van Willowdale Primêr hokkie gespeel het, was die skoolterrein in ‘n feesterrein omskep met sap, lemoene, lekkers, en selfs koffie en wortelkoek vir die personeel.

Behalwe vir die skoolhoofde en personeellede van albei skole het ook die ouers van die twee skole in hul massas opgeruk.

Volgens me Lizelle Murray, afrigter van die Laerskool Rietbron, is hokkie van uitstaande gehalte gespeel en is daar verseker SWD-talent onder dié twee skole se kinders.

Lewer Kommentaar

What is 7 + 15 ?
Please leave these two fields as-is:
BELANGRIK! Om te kommentaar, moet jy die sommetjie voltooi.   IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple maths problem.
Copyright ©   ::  DIE HOORN  •  Site by:  WebWorX