info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089

Bridgton bo

DIE Bridgton Rugbyklub het Saterdag met drie spanne skoonskip gemaak in sy kragmetings met Groot Brakrivier in die Premierliga Top 8-kompetisie van die SWD.

Die eerste span het met 29-19 gewen nadat hy rustyd met 14-0 voor-geloop het.

Groot Brak het vroeg in die wedstryd drie strafdoele verbrou en ook ‘n geleentheid om te gaan druk deur die vingers laat glip.

Kevin Pikaan, kaptein en agtsteman van Bridgton, skop pale toe.

Bridgton se kaptein en agtsteman, Kevin Pikaan, het hierna sy span se eerste punte aangeteken toe hy met ‘n lang strafskop van net binne die opponente se halfgebied geslaag het.

Allen Meyer (senter) het kort hierna naby die pale gaan druk ná ‘n slim stukkie spel tussen hom, Adrian Booysen en Craig Booysen.

Kort voor rustyd het Wayne Jullies (flank) soos ‘n wafferse vleuel langs die kantlyn af genael vir ‘n pragdrie.

In die tweede helfte het Brett Claassen (plaasvervangerstut), wat nog vroeër die dag vir die SWD Amateurspan teen Grens gespeel het, en Bertram Hendricks (vleuel), drieë vir Bridgton gaan druk vir ‘n waardevolle bonuspunt. Craig Booysen (losskakel) het met drie doelskoppe geslaag.

Bridgton is ná Saterdag se wedstryd steeds die voorloper op die punteleer met 44 punte, met Barbarians van Mosselbaai tweede met 41 punte.

• Bridgton B het met 17-15 en die C-span met 27-7 gewen.

Lewer Kommentaar

What is 9 + 10 ?
Please leave these two fields as-is:
BELANGRIK! Om te kommentaar, moet jy die sommetjie voltooi.   IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple maths problem.
Copyright ©   ::  DIE HOORN  •  Site by:  WebWorX