info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089

Cyril nie meer by toerisme

DIE komitee van die Groter Oudtshoorn Toerisme (GOT) gaan eers dié maand ‘n gedetailleerde evaluering van die organisasie en sy bemarkingsbehoeftes doen voordat die pos van bemarker geadverteer word, sê die voorsitter van die GOT, mnr Pieter van Eck.

Oudtshoorn het sedert die begin van September nie meer ‘n toerismebemarker nie nadat die vyfjaarkontrak van die GOT met mnr Cyril Clarke verval het. Clarke, wie se kontrak einde Junie verstryk het, het op versoek van die komitee tot einde Augustus aangebly in die pos.

Volgens Van Eck wil die GOT ook September, die amptelike Toerismemaand, vier met ‘n opwindende kompetisie, die Hospitality Personality Awards. Lede van die GOT sal hul topperso­neellede vir dié kompetisie kan nomineer waarin tussen R8 000 en R10 000 gewen sal kan word.

Lewer Kommentaar

What is 5 + 15 ?
Please leave these two fields as-is:
BELANGRIK! Om te kommentaar, moet jy die sommetjie voltooi.   IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple maths problem.
Copyright ©   ::  DIE HOORN  •  Site by:  WebWorX