info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089

Nuwe programbestuurder vir KKNK

Die Absa KKNK het pas ‘n nuwe programbestuurder aangestel in die plek van mnr Kobus Burger, wat besluit het om ‘n kreatiewe loopbaan tesame met sy joernalistieke skryfwerk na te streef.

Kemp is tans die uitvoerende bestuurder van die Breytenbach Sentrum in Wellington, en was voorheen die feesbemarker en projekbestuurder van die Woordfees. Die Breytenbach Sentrum is onder leiding van Kemp as ‘n gerespekteerde professionele venue en sentrum vir gemeenskapskuns met streeks-, nasionale en internasionale bande gevestig.

Theo Kemp.

Kemp het ‘n meestersgraad in Afrikaanse letterkunde en is tans besig is met die voltooiing van ‘n MA-graad in kreatiewe skryfkunde aan die departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch.

Kemp sê dit is vir hom ‘n groot uitdaging én voorreg om by die Absa KKNK betrokke te kan raak.

“Dit is ‘n opwindende vooruitsig en hoogtepunt in my loopbaan om deel te kan wees van die beplanning aan ‘n fees wat nie net al vir soveel jare lank ‘n onmisbare rol speel in die bevordering van die kunste in ons land nie, maar voortdurend vernuwe,” sê Kemp oor sy aanstelling.

Burger sal vir eers alle huidige gesprekke met kunstenaars deurvoer, totdat die kunstefees se programspan in Oktober bymekaarkom, waarna Kemp die reëlings vir die 2011-kunstefees sal oorneem.

Lewer Kommentaar

What is 8 + 11 ?
Please leave these two fields as-is:
BELANGRIK! Om te kommentaar, moet jy die sommetjie voltooi.   IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple maths problem.
Copyright ©   ::  DIE HOORN  •  Site by:  WebWorX