info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089

Sadou oorhandig memorandum

Deur Carina Fourie

DRIE skole in Oudtshoorn moes Vrydag hul deure sluit toe 219 leerkragte die dag in kringe 5 en 6 gestaak het.

Sowat 100 leerkragte het die oggend ook by die Onderwysersentrum op Oudtshoorn vreedsaam vergader om ‘n memorandum met eise te oorhandig. Die onderwysers was almal lede van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou).

Dr Higgo Jacobs, kringspanbestuurder van Oudtshoorn, ontvang verlede Vrydag 'n memorandum by die onderwysersentrum op Oudtshoorn van lede van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou). Sowat 100 leerkragte het saam met vakbondlede na die sentrum opgeruk om die memorandum te oorhandig.

Die memorandum is namens die Wes-Kaapse Onderwysdepartement deur dr Higgo Jacobs, een van die kringspanbestuurders in Oudtshoorn, in ontvangs geneem. Hy het aangedui dat hy die memorandum via die onderwyskantoor in George aan die hoofkantoor in Kaapstad gestuur het.

Die memorandum eis onder meer ‘n 8,5%-salarisverhoging, ‘n R1 000-behuisingsubsidie, dat alle vakante poste onmiddellik gevul moet word en meer poste geskep moet word om in die aanvraag te voldoen.

Dinsdagoggend het die regering ‘n hersiene skikkingsaanbod aan die vakbonde voorgelê waarin ‘n 7,5%-salarisverhoging en R800-behuisingsubsidie aangebied word.

Volgens Jacobs en mnr Desmond Maarman, nog ‘n kringspanbestuurder, was Vrydag se wegblysyfer in hul onderskeie kringe die grootste nog sedert die staking begin het.

Jacobs het gesê in wyk 6 het 105 leerkragte gestaak en 16 skole is geraak, maar onderrig het normaal voortgegaan.

Volgens Maarman het 114 leerkragte in kring 5 geraak en kon onderrig by drie skole nie voortgegaan nie.

Hy wou nie die name van die skole bekend maak nie.

Dinsdag het slegs 15 opvoeders in kring 6 en 18 in kring 5 gestaak, en het onderrig normaal voortgaan.

Lewer Kommentaar

What is 14 + 11 ?
Please leave these two fields as-is:
BELANGRIK! Om te kommentaar, moet jy die sommetjie voltooi.   IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple maths problem.
Copyright ©   ::  DIE HOORN  •  Site by:  WebWorX