info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089

Talentvolle tieners gesoek vir KKNK 2011-produksie

Groot kans vir tieners

DIE bekende dramaturg, Hennie van Greunen, is op soek na sowat ses tieners in graad 8 tot 12 wat kan toneelspeel, sing en dans om aan ‘n musiekteaterproduksie vir die Absa KKNK in 2011 deel te neem.

Tieners bo die ouderdom van 16 jaar sal voorkeur geniet.

Die produksie, Gly, is ‘n kaberet en is geskoei op die Glee-konsep. Dit sal sketse en bestaande liedjies bevat soos Lady Gaga se Telephone wat sy saam met Beyoncè sing.

Hierdie is ‘n hooffeesprojek vir die 2011 Absa KKNK op Oudtshoorn en kan ook moontlik deur die jaar by ander feeste landswyd ‘n draai gaan maak.

Die teks, samestelling en regie is deur Van Greunen, terwyl die musiekregie deur Pedro Kruger gedoen sal word.

Oudisies vind in Januarie op Oudtshoorn plaas.

Vir die oudisies is die volgende belangrik: Sangers moet ‘n “track” saambring; andersins sal daar ‘n klavier beskikbaar wees en die musiekregisseur sal help met begeleiding indien nodig; ‘n monoloog of prosastuk moet voorberei word, en daar moet ook ‘n dansitem voorberei word. Die musiek hiervoor moet ook saamgeneem word.

Volgens Van Greunen is hierdie ‘n ongelooflike geleentheid vir enige tienerspeler wat dit oorweeg om die industrie te betree.

“Dit gaan harde werk, opoffering en toegewydheid van die spelers vra,” sê hy.

Repetisies geskied in Durbanville en spelers moet hulle eie vervoer hê of daarvoor kan reël.

Daar is ook plek vir tieners met buitengewone talente in byvoorbeeld rap, choreografie, beatbox en instrumentaliste. Tieners wat belangstel om ‘n oudisie af te lê, moet hul naam, van, ouderdom, skool en kontakbesonderhede asook hul beskikbaarheid e-pos aan henniewtf@mweb.co.za sodat ‘n spesifieke tydgleuf aan die betrokke leerder toegeken kan word.

One Response to “Talentvolle tieners gesoek vir KKNK 2011-produksie”

  1. Marina Graaff says:

    Indien u weer kinders soek, laat weet my asseblief!!!!

Lewer Kommentaar

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Wat is 10 + 10 ?
Please leave these two fields as-is:
BELANGRIK! Om kommentaar te lewer, moet jy die sommetjie hierbo voltooi.   IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the simple maths problem above.
Copyright ©   ::  DIE HOORN  •  Site by:  WebWorX