Deur Garnett Wicomb
DIE gemeenskapsradiostasie Suid-Kaap Stereo wat Dinsdag sy eerste verjaardag gevier het, het ‘n nuwe naam.
Volgens me Buks Coetzee, stasiebestuurder, sal die radio voortaan op versoek van die Onafhanklike Uitsaaiowerheid van Suid-Afrika (Okosa) bekend staan as Suid-Kaap FM.
Volgens haar kan die radio met groot tevredenheid terugkyk op sy eerste bestaansjaar. “Ons het besonder goed gedoen en kan net beter vorentoe. Die naamsverandering is op audio streaming gemik. Hoe korter die naam, hoe beter. Ons het nou ons eie identiteit en wil nie kompeteer met enige ander radiostasie nie maar ons eie korporatiewe identiteit vestig.”
Die radio het twee ateljees, die een in die ou Allied-gebou in Kerkstraat op Oudtshoorn en die ander op die Punt in Mosselbaai.
Onderhandelinge is volgens Coetzee met een van die land se selfoonnetwerke aan die gang om die senders te versterk. Goedkeuring moet egter hiervoor van Okosa verkry word.
Terugvoer van Okosa oor die nakoming van voorskrifte was baie goed, sê Coetzee. Die stasie spog met die tiende plek spog, ‘n prestasie vir so ‘n jong stasie.
• ‘n Teleton om fondse in te samel word Vrydag en Saterdag, 22 en 23 Julie, gehou. Luisteraars kan blokkies van R50 koop en ‘n gelukkige luisteraar kan ‘n naweek vir twee (waarde R20 000) in die luukse Hyatt Hotel & Spa, Oubaai, wen. Talle kleiner pryse kan ook gewen word.
Suid-Kaap FM kan op Oudtshoorn en distrik op 104.1 FM gehoor word en langs die kus op 90.1FM.





Ek is baie bly om te lees dat Suid-Kaap Stereo – nou Suid-Kaap FM – weer op die lug is. Veels geluk!
Maak werk van julle Facebook blad, ek wil graag aansluit. Ek was ‘n getroue luisteraar, maar woon die afgelope tien jaar in Kanada.
Groete aan almal.
Julle het die liedjie Blou Boot gespeel en ek wil graag weet wie die kunstnaar is. Ons was met vakansie. Ek het jul uitsending baie geniet doen so voort
Groete
Florina Badenhorst