info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089

7de Laners wil tieners meer leer

Die 20 finaliste wat deurdring na die eerste ronde van die Swartberg Tienertoneelkompetisie, sal die geleentheid kry om tydens die Absa KKNK ’n dramawerksessie by te woon wat deur twee van 7de Laan se bekendste akteurs aangebied gaan word.

Donnalee Roberts en Ivan Botha (Annelie en Pieter in 7de Laan) sal op Vrydag 6 April die 20 jong akteurs op Oudtshoorn onder hande neem.

Die tienertoneelkompetisie wat dramatalent wil ontdek, het Donnalee so geïnspireer dat sy aangebied het om dié groep finaliste ’n paar uur lank onder hande te neem, hulle meer van die vermaaklikheidsbedryf te vertel en ’n paar wenke te deel.

Na verneem word, loop die geesdrif op Oudtshoorn en omgewing hoog vir dié kompetisie.

Skole in die omgewing het reeds inskrywingsvorms ontvang en tieners tussen 15 en 18 jaar kan nog tot 28 Januarie inskryf. Vyf finaliste sal tydens die Absa KKNK touwys gemaak word in die fynere kuns van toneelspel terwyl die wenner by ’n glansgeleentheid deur bekendes in die toneelwêreld aangewys sal word en selfs ’n klein filmrolletjie sal kry in ’n film wat tydens die KKNK verfilm word.

Die organiseerders poog intussen hard om borge aan boord te kry om die tienertoneelprojek suksesvol te maak. Belangstellendes kan Alma kontak by sel 083 657 5411 of e-pos d2rprods@gmail.com.

Besoek ook dreams2reality tiener drama kompetisie se bladsy op Facebook vir meer inligting.

Lewer Kommentaar

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

* Copy this password:

* Type or paste password here:

96 Spam Comments Blocked so far by Spam Free Wordpress

Copyright ©   ::  DIE HOORN  •  Site by:  WebWorX