Deur Carina Fourie
DIE oudste inwoner van Helen Bellinganhof op Oudtshoorn, me Maria Magdalena (Baba) Nortjé, het Maandag 23 Januarie haar 100ste verjaarsdag met ’n heerlike oggendgeselligheid gevier!

Me Baba Nortjé wat Maandag haar 100ste verjaarsdag gevier het.
Nortjé is die afgelope 11 jaar ’n inwoner van dié tehuis. Voordat sy na Helen Bellinganhof verhuis het, het sy tot op die rype ouderdom van 89 jaar in haar eie huis in Hoogstraat op Oudtshoorn, gewoon.
Nortjé het ’n jonger suster, me Isabel Schoeman (94), wat ook ’n inwoner van Bellinganhof is.
Hulle woon slegs twee kamers van mekaar af.
Hoewel Nortjé se kragte aan die afneem is, is haar verstand nog baie helder.



