info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089

Toetse wys daar’s geen teken van H5N2-virus!

Deur Liesel le Roux

DIE jongste reeks toetse wat op die sowat 200 volstruisplase in die Klein Karoo-vallei uitgevoer is, het geen teken van die H5N2-virus getoon nie.

Dit is die sewende toetsronde sedert die Avian Influenza H5N2-virus verlede jaar einde Maart op ’n plaas buite Oudtshoorn gevind is en die eerste keer dat geen teken van die virus gevind is nie.

Twee negatiewe toetsrondes word egter vereis voordat die betrokke owerhede dit sal oorweeg om die einde van die huidige Avian Influenza-uitbraak aan te kondig.

Bykans 41 000 volstruise is al sedert die uitbraak van die siekte van kant gemaak.

Die agtste ronde toetse begin op 1 Februarie en resultate word die einde van Februarie verwag.

Mnr Anton Kruger, hoof- uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer (SAVBK), het die week namens die kamer sy dankbaarheid uitgespreek vir die toewyding en harde werk van die nasionale en provinsiale departemente van landbou om die siekte volgens internasionale vereistes te hanteer.

“Ons besef dat hierdie ’n komplekse siekte is om te beheer, veral omdat volstruisboerdery ekstensief in die buitelug is, maar internasionaal as pluimvee gesien word.”

Hy het die volstruisbedryf se waardering teenoor die minister van landbou, bosbou en visserye uitgespreek vir die uitbetaling van bykans R50 miljoen aan volstruisprodusente wie se volstruise van kant gemaak is in die proses om die siekte te beheer.

Hy het ook sy dank betuig vir die leiding van die Direkteur: Dieregesondheid, dr Mpho Maja en haar personeel.

Lewer Kommentaar

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

* Copy this password:

* Type or paste password here:

96 Spam Comments Blocked so far by Spam Free Wordpress

Copyright ©   ::  DIE HOORN  •  Site by:  WebWorX