info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089

Twee ongelukke ruk Suid-Kaap

DIE Suid-Kaap is die afgelope week geruk deur die dood van twee inwoners in trekkerongelukke.

In die een voorval het ’n bekende narkotiseur van Knysna, dr Emile Welgemoed (41), Saterdagmiddag gesterf toe ’n trekker op hom geval het terwyl hy geploeg het.

Welgemoed was die broer van dr Dawid Welgemoed, geneesheer van Oudtshoorn.

Die ongeluk het op dr Emile Welgemoed se plaas, Groenkop, in die De Vlugt-gebied tussen Herold en Uniondale plaasgevind. Welgemoed was omstreeks 14:30 besig om naby ’n rivierwal te ploeg toe die trekker teen die wal afgeval en Welgemoed onder dit vasgepen het. Hy het op die toneel gesterf.

In nog ’n trekkerongeluk het mnr Jacob Meyer (22), ’n plaaswerker, Sondagmiddag op ’n plaas by Geelhoutboom buite George gesterf toe die trekker op hom geval het. Volgens kapt Bernadine Steyn van die Suid-Kaapse Polisie het die ongeluk gebeur toe Meyer na bewering omstreeks 13:45 met die trekker van ’n klein bruggie afgery en dit op hom geval het. Hy is op die toneel dood.

Lewer Kommentaar

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

* Copy this password:

* Type or paste password here:

96 Spam Comments Blocked so far by Spam Free Wordpress

Copyright ©   ::  DIE HOORN  •  Site by:  WebWorX