
Oeps! Dié Huyandai Tuscan, wat Saterdag op Oudtshoorn was vir die provinsiale 100 jaarvieringe van die ANC, het kort ná 16:00 van die parkeerterrein van die nuwe Pearl of Oudtshoorn op die sypaadjie beland. Volgens sers Gretchen Michaels van die Oudtshoorn Polisie het die bestuurder gesê hy het beheer oor die voertuig verloor toe hy dit wou parkeer. Niemand is beseer nie en die Polisie ondersoek volgens Michaels geen klag nie.





‘n Nuwe beskrywing vir ‘n “poling station”!
Ja nê, miskien was die bestuurder by een van daai bestuurskole in die parkie…
As ek die berig lees van hoe hierdie mense hulle by die gastehuis gedra het, wonder ek mos nou of dit dalk nie beter sou gewees het om De Rust se donkiekarre vir hierdie mense te gegee het toe hulle Oudtshoorn kom besoek het nie?
Ek wonder darem ook hoe jy beheer oor jou voertuig in ‘n parkeerarea verloor?