info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089
Facebook Besoek ons op facebook

Wiegiedood eis babadogtertjie

Deur Garnett Wicomb

DIE babadogtertjie van ’n bekende egpaar van Oudtshoorn het ’n tragiese wiegiedood gesterf.

Die agtweke-oue Savannah, dogter van mnr Riaan en me Lesle-Anne Isaacs van Gwarriestraat, Oudtshoorn, is vroeg Sondagoggend in haar wiegie dood aangetref nadat sy teen 04:00 niks makeer het nie. Volgens mnr Isaacs het sy vrou omstreeks 06:00 hul baba dood aangetref. Sy sou Dinsdag twee maande oud gewees het.

Isaacs is die Suid-Kaapse areabestuurder van Nedbank en sy vrou ’n dosent aan die Suid-Kaap Kollege (Oudtshoorn). Hulle het nog twee kinders, die driejarige tweelingdogters, Tyler en Georgia.

’n Roudiens vir Savannah word Saterdagoggend om 11:00 in die NG Moederkerk in Hoogstraat gehou. Besigtiging is vanaf 09:00 by Oudtshoorn Begrafnisdienste.

Comments are closed.

Copyright © :: DIE HOORN • Internet marketing by FAQ