info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089
Facebook Besoek ons op facebook

Trotse skool

DIE Hoërskool Môrester het op 2 Januarie by die premierswoning Tuynhuis ’n sertifikaat ontvang ter erkenning van die groei in die slaagsyfer van leerders tussen 2010 tot 2012.

Mnr Jacobus Francis

Mnr Jacobus Francis (middel voor) hoof van die Hoërskool Môrester, met die sertifkaat wat sy skool ontvang het vir die uitstekende groei in die persentasie van die skool se leerders wat in 2011 die matriekeindeksamen geslaag het. Francis het die personeel van die skool (saam met hom op die foto) erkenning gegee vir die puik werk wat hulle doen.

Volgens mnr Jacobus Francis, skoolhoof, was die Hoërskool Môrester se slaagsyfer vir 2011 86,6% teenoor 89% in 2012. Van die 163 leerders wat verlede jaar matriekeindeksamen geskryf het, het 145 geslaag.

Francis sê hy is baie trots op die skool se 2012-matrikulante asook op sy personeel. Hy het die beter uitslae toegeskryf aan groter ouerbetrokkenheid. “Ons het verlede jaar vyf ouerbyeenkomste by die skool gehad. As die ouers meer betrokke is, presteer hul kinders beter,” het hy gesê. “Dit was vir my ’n groot eer om die sertifikaat namens hulle almal te ontvang.”

2 Responses to “Trotse skool”

  1. Great stuff Môrester!!! I love you! Well done. Keep it up. You did it for us and you are still doing it. Very proud of you. Matric 1990.

  2. As old Moritaan, I am so proud of Môrester. You did it for us and you are still doing it. Keep up the good work. Glad that you are being recognised and rewarded for job well done. Luv u 2 much. (Matric 1990.)

Copyright ©   ::  DIE HOORN  •  Site by:  WebWorX