info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089
Facebook Besoek ons op facebook

Groot krieket op die Rec

Die SWD-krieketspan pak van Donderdag af die span van Noordelikes op die Rec op Oudtshoorn in Krieket Suid-Afrika se Driedaagse Kompetisie.

Die SWD sal wil vergoed vir sy teleurstellende vertoning die afgelope naweek toe hy met 9 paaltjies teen Oostelikes in Benoni vasgeval het.

Die Suid-Kapenaars moet hul laaste vier wedstryde almal wen om ’n aanspraak op die driedaagse kroon te behou. Die keurders het Justin Jordaan en Reece Williams ingesluit in die span vir die driedaagsewedstryd.

• In die Twintig20-kompetisie was die Suid-Kapenaars egter met drie paaltjies baas teen Oostelikes.

Krieketliefhebbers kan dus met groot verwagting uitsien na die T20- wedstryd wat Sondag gespeel word.

Spel begin om 11:00 en toegang is gratis.

Mnr Albertus Kennedy, hoofbestuurder van die SWD-Krieketraad, nooi alle krieketliefhebbers van Oudtshoorn en buurdorpe om gerus die naweek, veral Sondag, se krieket as toeskouers by te woon en die SWD-span te kom ondersteun.

“Behalwe vir die hoë gehalte krieket waarna gekyk kan word, heers daar ’n lekker atmosfeer. Toeskouers is welkom om ’n piek-niekmandjie saam te bring en onder die hoë bome te kuier,” het hy gesê.

Comments are closed.

Copyright ©   ::  DIE HOORN  •  Site by:  WebWorX