Die SWD-Baanfietsryspan wat verlede naweek aan die Wes-Kaap Baankampioenskap by die Belville Velodrome deelgeneem het by hul spanbestuurders Jade Gerber (links) en Corné Botha (regs).
VIER jong Oudtshoorniete het die naweek (22 tot 23 Februarie) geskitter by die Wes-Kaap Baankampioenskap wat by die Belville Velodrome gehou is.

Die SWD-Baanfietsryspan wat verlede naweek aan die Wes-Kaap Baankampioenskap by die Belville Velodrome deelgeneem het by hul spanbestuurders Jade Gerber (links) en Corné Botha (regs).
Hulle het elkeen verskeie medaljes tydens die strawwe kompetisie ingepalm. Hulle is Jessica Gerber (meisies o.16) van Langenhoven Gimnasium wat drie goue en twee silwer medaljes gewen het, Shanique Loggenberg (meisies o.16) van Bridgton Senior Sekondêr wat een goue en vier silwer medaljes gewen het, Louis Visser (seuns o.16) van Langenhoven Gimnasium wat een silwer en een brons medalje gewen het, en Kerighan Aries (seuns o.12) van die Laerskool Van Reede wat twee goue medaljes gewen het.
Die fietsryers moes op ’n baan van olimpiese standaard deelneem, wat vir hulle ’n groot uitdaging was omdat daar nie ’n fietsrybaan in die Groter Oudtshoorn-distrik is vir hulle om op te oefen nie.