HOËRSKOOL LEERDERS word genooi na die oudisies vir #checkityt@route62, een van die produksies wat vanjaar tydens die Absa KKNK by Johnny Biskit’s opgevoer gaan word.
Volgens die regisseur, Pedro Kruger, kwalifiseer leer-ders van alle dorpe op die R62 vir oudisies. Kruger is volgende Woensdag (6 Maart) op Oudts-hoorn vir ’n oudisie. Dit begin om 18:00 by die Hoërskool Oudtshoorn.”
Kruger soek buitengewoon talentvolle leerders ( Engels of Afrikaans) wat kan sing, dans, voordra, rap, instrumente kan bespeel, in orkeste speel. Leerders op die kortlys sal die langnaweek voor die fees ’n boot camp bywoon wat deur Pedro en ander professionele kunstenaars bedryf sal word. Van die leerders sal die geleentheid kry om tydens die fees in #checkityt@Route 62 op te tree.
Berokkenheid hou geen koste in vir die leerders nie. Die boot camp asook feesonkoste sal gedek word.







