LESERS kan nou met hul selfone help dat die Absa KKNK vanjaar se fiësta-toekenning as gewildste kunstefees wen.
Stem so vir die Absa KKNK : SMS die kode A 2 na die nommer 33690.
Die KKNK kompeteer vanjaar vir dié toekenning met Innibos, die Renosterhoringfees en die Vryfees. Verlede jaar het Innibos met die fiësta weggeloop.
Lesers het tot volgende Donderdag (14 Maart) tyd om vir die KKNK te stem.
‘n SMS kos R1,50 en slegs 30 SMS’e per unieke selfoonnommer word toegelaat.







