LLOYD BOSMAN, wat 10 Desember verlede jaar die myl-item by die Oudtshoorn Vakansiebyeenkoms asook die Oudtshoorn Straatmyl die volgende oggend gewen het, was ook eerste oor die wenstreep by Saterdag se Kango Marathon.
Bosman, ’n lid van die Nedbank SWD- Atletiek-klub, het die marathon in ’n tyd van 2 uur 22:55 minute afgelê.
Volgens ao2 Richard Hughes, hooforganiseerder, was die marathon ’n groot sukses met ’n rekordgetal van 1438 langasems wat deelgeneem het. Die wedloop het by die Kango Grotte begin en by die Infanterieskool se sportgronde op Oudtshoorn geëindig.
Kathleen Shuttleworth (VOB) was die eerste vrou oor die wenstreep in ’n tyd van 3:03:07. Sy was algeheel 31ste.
Etienne Plaatjies het die halfmarathon in ’n vinnige tyd van 1:04:26 gewen.
Die Oudtshoorniete wat goed in die marathon gevaar het, is Jassem Jafta in 3:26:57, Willie Freeks (3:33:42), en Jason Jafta (3:36:13). Al drie is van die RWFL SWD-Atletiekklub. Ruweida du Preez (RWFL SWD) was Oudtshoorn se voorste vroue-atleet in die marathon met ’n tyd van 3:52:44.
• Die Oudtshoorn Atletiekklub se atlete wat die wedlope voltooi het, is (marathon) Bernhard Beutel (3:42:33), Alvaro de Nobrega (3:44:-28), Isabella van der Berg (4:14:29), Herman Myburgh (4:15:39), David McKinnon (4:16:32), Philne Saayman (4:17:04), Glen Carlisle (4:30:26), Liesl Jonker (4:-34:20), Hein Jonker (4:50:42), Dowlene Ungerer (4:50:43) en Maurice Wicomb (5:07:02); (halfmarathon) Anita Beutel (1:35:01), Lorette Jordaan (1:49:32), Jaco Jordaan (1:49:33), Basjan van der Spuy (1:49:33), Johan Duvenage (1:51:18), Charl du Pisani (1:52:36), J Jonker (1:55:29), Miekie vd Merwe (1:57:08), Hestia Burger (2:02:27), J Jordaan (2:12:39), Gail Buhr-mann (2:13:33), Louis Lategan (2:13:56), Tanja Lategan (2:14:11) en L Janse van Rensburg (2:24:42).
• Die RWFL SWD-atlete (benewens die wat reeds vermeld is), is (marathon) Michelle du Preez (4:30:19), Cornelia Burger (4:30:32), Graham Jonkers (4:35:33), Hildagonda Brewer (5:00:37), Bentley Sederstroom (4:28:03) en Joseph Stoffels (4:44:16): en (halfmarathon) Gerswill Jacobs (1:08:05), Gerald Meniel (1:14:05), Christo Niemand (1:35:55), M Pretorius (1:54:31), CJ Pretorius (1:55:59), Marita Bester (2:01:32), D Nortier (2:04:02), LM du Buisson (2:01:21) en William Swart (2:10:32).








