Rekordgetal voltooi Kango » 44-6
Inwoners trek saam vir herdenkingsdiens
Honderde inwoners van Oudtshoorn het verlede Donderdag die herdenkingsdiens vir die rymkletser Chalto Arries (23), beter bekend as Young C, in die saal van Bridgton Senior Sekondêr bygewoon. Hy het op 16 Februarie in ’n motorongeluk by die Kango Bergoord gesterf. Kunstenaars het by die geleentheid deur musiek, poësie en stories hulde aan Arries gebring. “Die sitplek tussen ons is leeg, en dit hoort nie so nie,” het die sanger Paul Amas (tweede van regs) oor sy vriend gesê. Regs van hom is Arries se rymkletsmaat van die groep DigtelikeVry8, Danny B. Links is Percy de Villiers en Rubber Johnny. Arries se kunstenaarsvriende het hom as stil en stemmig beskryf. Hulle sê sy plek was op die verhoog. Danny B het ook gesê hy weet nie waar hy ’n plaasvervanger vir Chalto gaan kry nie. Die groep het elkeen van Chalto se gunsteling-liedjies gesing en aan hom opgedra.



