Rekordgetal voltooi Kango » 44-7
Verlede Vrydag was ’n trotse dag vir Hoërskool Oudtshoorn toe een van sy oud-leerders, Marco Theron (middel), sy eerste solovlug onderneem het. Marco wat verlede jaar gematrikuleer het, was ook Mnr Struisie in sy matriekjaar. By hom staan mnr Willie Marais (uitvoerende hoof, links) en Riaan Smit, die Struisies se hoofseun van 2011, wat reeds by Aifa as handelsvlieënier gekwalifiseer het. Riaan is tans besig met sy vlieginstrukteurskursus en sal binnekort by Aifa as vlieginstrukteur aangestel word. Marco is papnat op die foto as gevolg van ’n ou lugvaarttradisie dat wanneer ’n vlieënier op sy eerste solovlug gaan, hy na die vlug vanaf die vliegtuig gedra word tot by ’n “solo-bad” waarin hy dan gedoop word. Die vlieënier mag nie die grond raak voordat hy nie in water gedoop is nie – dit dien as goeie geluk vir die toekoms.
Foto: Anke Verster



