info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089
Facebook Besoek ons op facebook

Argief vir die ‘Foto’s’ Kategorie

Thursday, May 23rd, 2013
Vir die wat nog nie weet nie: soos Vaalwater in Limpopo ’n skaapkopgilde het, het Oudtshoorn ’n viskopgilde wat ’n paar keer ’n jaar byeenkom en dan viskoppe, meestal kabeljou, eet wanneer hulle dit in die hande kan kry. Vandeesmaand het (van links) Stoffel Prinsloo, Anthony Still, Johan Smit, Hans Babst, Leon Strydom en Kobus Spies, wat die viskoppe in die oond bak, saam geëet. Met ’n glasie wyn was dit duidelik dat die viskopeters hulle gate uit geniet het!

Friday, May 17th, 2013
’n Reuse-hyskraan is verlede week gehuur om die staalstrukture waaraan die dak van die nuwe pawiljoen by die Bridgton Sportgronde vasgemaak word, in plek te kry. Die strukture weeg ’n tamaai 2 ton elk.

Die Eurythmic School of Dancing spog met hul vele oorwinnings by die SWD-danskompetisie te Oudsthoorn. Hulle het eerste-, tweede, derde- en vierdeplekke behaal. Hulle koördineerder, me Katy Britz sê hul oorwinning is grootlik te danke aan die afgelope Absa KKNK wat dit moontlik gemaak het om professionele opleiding deur mnr Melvin Letsape te ontvang. Hierdie is die kinders wat deelgeneem het.

Anver Venter (regs) wat as Union Stars se Sportman van die Jaar aangewys is vir die 375 lopies wat hy die seisoen behaal het en die 19 paaltjies wat hy laat kantel het. Mnr Simon Swigelaar, lewenslange ere-president van SWD Krieket, het sy trofee aan hom oorhandig. Anver het ook die trofee ontvang van die B-span se Kolwer van die Jaar.

Die fietsrywenners in Saterdag se Redstone Bergfiets en Veldloopbyeenkoms  was Yolanda Myburgh (vroue, 46 km), Frans Grotepass (mans, 46 km, Wynand Mulder (mans, 60 km) en Yolande de Villiers (vroue, 60 km). Etienne Plaatjies en Elizma Theron was die mans- en vrouewenner van die 28 km-veldwedloos. Plaatjies het ’n nuwe rekord opgestel. Op die foto kom twee van die 60 km-ryers by die eindpunt aan. Die Redstone-byeenkoms, wat vanjaar die sewende keer plaasgevind, is met die steun van Dryland Event Management aangebied.

Thursday, May 9th, 2013
MNR EN MEJ GIM GLANSAAND. Langenhoven Gimnasium se Mnr en Mej Gim 2013 is Saterdagaand tydens ’n glansgeleentheid aangewys waar die gaskunstenaar die sanger David Fourie was! Hier van links voor is Franja Genis (eerste prinses en Mej Fotogenies), Elandi Erasmus (Mej Gim), Rico Bence (Mnr Gim) en Guidor du Preez (eerste prins en Mnr Fotogenies). Agter van links staan Mart-Marie Truter (Mej Persoonlikheid), Ezetjé Greeff (tweede prinses), Jonty van Rooyen (tweede prins), Charl Kemp (Mnr Persoonlikheid) en Jakkie Botes (Mnr Debutant).

Thursday, May 2nd, 2013
MNR EN MEJ STRUISIE AANGEWYS. Die Hoërskool Oudtshoorn se Mnr en Mej Struisie is verlede Woensdag (24 April) tydens ’n glansaand by die skool gehou, aangewys. Hulle is Jason Carlisle en Mia le Roux (voor). Mia is ook aangewys as Mej Fotogenies. Die ander wenners was agter van links Mihan Fourie (Mnr Persoonlikheid), Jayden Onkers (tweede prins), Hentie Victor (eerste prins), Emma-Leigh Beets (eerste prinses), Tracy Wagenaar (tweede prinses en Mej Persoonlikheid) en Sebastian Herselman (Mnr Fotogenies).

FOURIES KUIER SAAM. ’n Groot en vrolike reünie van die familie van mnr Gert Fourie het einde Maart op De Hoop buite Oudtshoorn plaasgevind. Mnr Fourie is een van 12 kinders, waarvan 10 nog leef. Nege van die broers en susters met hul kinders en kleinkinders het van Vredenburg, Kaapstad, Worcester, Mosselbaai en Oudtshoorn vir die reünie opgedaag, en 50 familielede het in ’n stadium saamgekuier. Die hoogtepunt was ’n rit per bus vanaf De Hoop tot by Warmbad waar die jonger familielede kon sien waar oupa- en oumagrootjie geboer het. Nog ’n hoogtepunt was die saamdans tot middernag met ’n boereorkes bestaande uit drie van die broers en twee kleinkinders!

Thursday, April 25th, 2013
Vier se reis na gister Dié vier vriendinne wat in 1955 saam matriek geskryf het by die Hoër Meisieskool op Oudtshoorn, het verlede week vir die eerste keer weer saam gekuier. Die skool was destyds in Baron van Reedestraat geleë. Drie van hulle het na jare weer na Oudtshoorn teruggekeer en woon nou hier. Die vierde, wat nou in Pretoria woonagtig is, het vir hulle kom kuier. Voor van links sit mes Deborah Kruger (neé Schoeman) en Dorothy Bekker (neé Nel). Bekker bly tans in Pretoria. Agter van links staan mes Anita Grobler (neé Engelbrecht) en Maria Viljoen (neé Swart).

Vier se reis na gister
Dié vier vriendinne wat in 1955 saam matriek geskryf het by die Hoër Meisieskool op Oudtshoorn, het verlede week vir die eerste keer weer saam gekuier. Die skool was destyds in Baron van Reedestraat geleë. Drie van hulle het na jare weer na Oudtshoorn teruggekeer en woon nou hier. Die vierde, wat nou in Pretoria woonagtig is, het vir hulle kom kuier. Voor van links sit mes Deborah Kruger (neé Schoeman) en Dorothy Bekker (neé Nel). Bekker bly tans in Pretoria. Agter van links staan mes Anita Grobler (neé Engelbrecht) en Maria Viljoen (neé Swart).

Friday, April 19th, 2013
Die finaliste vir vanjaar se Mnr en Mej Struisie wat volgende Woensdag, 24 April, by die Hoërskool Oudtshoorn aangewys word, is sittende van links Chané van der Merwe, Carina Burger, Janetje Jordaan, Delia Ungerer, Jade Coetzee, Tracy Wagenaar en Emma-Leigh Beets. Staande middel van links is Mia le Roux, Jason Carlisle, Dylan van der Mescht, Anika Uys, Juane Calitz, Hentie Victor en Jenny Nortjé. Agter van links is Austin Damons, Jayden Onkers, Sebastian Herselman, Hannes van Schalkwyk, Mihan Fourie en JN de Wet. Die glansaand met die tema Klein Karoo word ook bygewoon deur die akteurs Tim Theron en Anél Alexander wat as van die beoordelaars gaan optree, terwyl die sanger en aktrise Steffie le Roux uit Potchefstroom Oudtshoorn toe reis om by die aand te kom optree. Die seremoniemeesters is Robert Plotz en Hanlie Coetzee, albei oud-Struisies. Kaartjies (R100) sluit ’n ete en modeparade deur die finaliste in. Dit is by die skool en Die Hoorn beskikbaar. Foto: Rudy van Heerden Fotografie

Die finaliste vir vanjaar se Mnr en Mej Struisie wat volgende Woensdag, 24 April, by die Hoërskool Oudtshoorn aangewys word, is sittende van links Chané van der Merwe, Carina Burger, Janetje Jordaan, Delia Ungerer, Jade Coetzee, Tracy Wagenaar en Emma-Leigh Beets.
Staande middel van links is Mia le Roux, Jason Carlisle, Dylan van der Mescht, Anika Uys, Juane Calitz, Hentie Victor en Jenny Nortjé. Agter van links is Austin Damons, Jayden Onkers, Sebastian Herselman, Hannes van Schalkwyk, Mihan Fourie en JN de Wet.
Die glansaand met die tema Klein Karoo word ook bygewoon deur die akteurs Tim Theron en Anél Alexander wat as van die beoordelaars gaan optree, terwyl die sanger en aktrise Steffie le Roux uit Potchefstroom Oudtshoorn toe reis om by die aand te kom optree. Die seremoniemeesters is Robert Plotz en Hanlie Coetzee, albei oud-Struisies.
Kaartjies (R100) sluit ’n ete en modeparade deur die finaliste in. Dit is by die skool en Die Hoorn beskikbaar.
Foto: Rudy van Heerden Fotografie

Friday, April 19th, 2013
Langenhoven Gimnasium se jaarlikse Mnr en Mej Gim-glansaand vind op 4 Mei plaas met David Fourie as gaskunstenaar. Die finaliste is voor van links Mart-Mari Truter, Janke van Rensburg, Marliné Stover, Jolize du Plessis, Stephanie Swanepoel en Ezetje Greeff. Middel van links is Timothy Sabad, Quinn-Lee Lourens, Mari du Plessis, Malandi Serfontein, Charl Marais, Corné Bence, JD Harris en me Verité-Ann du Toit. Agter van links staan Jakkie Botes, Dylan van Zyl, Gerrit van Wyk, Jonty van Rooyen, Guidor du Preez, Rico Bence en Anthon Steenkamp. Afwesig: Elandi Erasmus, Michelle Pienaar, Zanri Moolman en Franja Genis. Kaartjies is by die skool beskikbaar teen R60.

Die tydtoets vir die veteraanmans 30-34, wat deel vorm van die SA Veteraanfietsrykampioenskap wat vandeesweek op en om Oudtshoorn plaasvind, het Woensdagoggend in die ingang van die Kangogrotte begin.

Laetitia Lourens, ’n leerder van Langenhoven Gimnasium, wat vir die derde jaar in ’n ry SA kleure in tennis verwerf het. Sy is ook deel van die SWD-seniorspan. Laetitia gaan gedurende Junie/Julie in Skotland deelneem.

Thursday, April 11th, 2013
Die bande tussen die KKNK en Nederland is verlede week verder versterk met die besoek van die Nederlandse ambassadeur in Suid-Afrika, mnr Andre Haspels, en een van Nederland se voorste platejoggies, DJ Isis, aan die fees. Hier in Baron van Reedestraat by ’n “parkie” waar feesgangers kon ontspan, is van links mnre Koos van Arkel van Oudtshoorn se tweelingdorp in Nederland, Alphen aan den Rjn, Brett Pyper (uitvoerende hoof van die KKNK), Haspels en DJ Isis. Die parkie, kompleet met fiets-stoele, is volgens ’n Nederlandse model deur ’n plaaslike kunstenaar, Madeleine Miles, ontwerp.

Die bekende kunstenaars Jannie du Toit (regs) en Lochner de Kock (middel) het Saterdag by die laaste vertoning van Die Courdon Broers se kossêrt waarin hulle daagliks by die KKNK te sien was, ’n donasie van R1 800 aan Huis Triomf op Oudtshoorn oorhandig. By hulle is mnr Alie Killian, tesourier van Huis Triomf. Die geld is ingesamel met ’n gereg wat Lochner elke dag voorberei het en wat dan aan die gehoor opgeveil is.

Die bekende kunstenaars Jannie du Toit (regs) en Lochner de Kock (middel) het Saterdag by die laaste vertoning van Die Courdon Broers se kossêrt waarin hulle daagliks by die KKNK te sien was, ’n donasie van R1 800 aan Huis Triomf op Oudtshoorn oorhandig.
By hulle is mnr Alie Killian, tesourier van Huis Triomf. Die geld is ingesamel met ’n gereg wat Lochner elke dag voorberei het en wat dan aan die gehoor opgeveil is.

Thursday, April 11th, 2013
Die swemmers van die Freda Barnard skool wat die naweek as deel van die Fish Eagles Aquatics-span deelgeneem het aan die SA Vlak 1 Streekswemkampioenskap wat op Oudtshoorn plaasgevind het, is van links (medaljes in hakies) Melani van Biljon (goud en brons), Meggan Barnard (goud en 2 brons), Carla van Zyl (brons), Helené Botma en Selma du Preez. Regs is Amré McCallum (5 goud, 2 silwer en 1 brons). Altesame 300 swemmers van SWD, OP, Grens en WP het aan die kampioenskap deelgeneem.

Die swemmers van die Freda Barnard Swemskool wat deelgeneem het aan die SA Vlak 2 Streekswemkampioenskap van 20 tot 23 Maart in Kaapstad is voor van links Dylan Barnard (2 brons), Hainto Vermeulen, Anlize Vermeulen (brons), Janetjie Jordaan (goud en silwer) en Thalia Bothma (goud en brons), en agter Adriaan Coetzee (brons).

Wednesday, March 20th, 2013
’n Man en ’n vrou van Mitchells Plain in Kaapstad is Sondag slegs lig beseer toe die bestuurder klaarblyklik beheer verloor en die motor waarmee hulle gery het teen ’n skuinste langs die Matjiesrivierpad afgerol het. Die motor het op sy dak beland en die Oudtshoorn Nooddienste is deur ’n verbygaande motorryer ontbied om te help om die man en vrou uit die voertuig te kry. Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die ongeluk omstreeks 14:10 plaasgevind en was geen ander voertuie betrokke nie.

Thursday, March 14th, 2013
ABSA KKNK

Mnr Danie Maart, koördineerder: borge van die Absa KKNK , het verlede Vrydag-oggend die eerste hoekpen vir die markiestente vir die 19de Absa KKNK op Oudtshoorn ingekap. Vanjaar se Absa KKNK begin op 29 Maart en duur tot 6 April. Die tente word opgerig op die terrein van die Absa Kunsmark, net langs die Oudtshoorn Rolbalklub in St Johnastraat. By Maart staan van links mnre Rudi du Toit, logistieke bestuurder, Nico Uys, sekuriteitstoesighouer, William de Bruyn, koördineerder VOS, en Isaac Pillay, koördineerder: venues en terreine.

Besoekers uit die Oekraïene

Thursday, February 28th, 2013
Besoekers uit die Oekraïene ’n Afvaardiging uit die Oekraïene het Ladismith, Vanwyksdorp, Calitzdorp en Oudtshoorn die week as deel van ’n studiebesoek aan die Eden Distrik aangedoen. Hulle besoek ook nog onder meer George en Wildernis. Hier Dinsdagaand by ’n onthaal by Buffelsdrift was van links mnr Oleksandr Korinnyi (burgemeester van Novoukzainka), me Maria Vynnytska wat as tolk opgetree het, en mnre Gordon April (burgemeester van die Groter Oudtshoorn) en Pavlo Kozyrev (burgemeester van Ukrainka).

’n Afvaardiging uit die Oekraïene het Ladismith, Vanwyksdorp, Calitzdorp en Oudtshoorn die week as deel van ’n studiebesoek aan die Eden Distrik aangedoen. Hulle besoek ook nog onder meer George en Wildernis. Hier Dinsdagaand by ’n onthaal by Buffelsdrift was van links mnr Oleksandr Korinnyi (burgemeester van Novoukzainka), me Maria Vynnytska wat as tolk opgetree het, en mnre Gordon April (burgemeester van die Groter Oudtshoorn) en Pavlo Kozyrev (burgemeester van Ukrainka).

Copyright ©   ::  DIE HOORN  •  Site by:  WebWorX