info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089

Argief vir die ‘Foto’s’ Kategorie


Thursday, February 9th, 2012

Die nuwe bestuur van die Klein Karoo Voetslaanklub is agter van links Danie Steyl (voorsitter), Wessel Steyl (tesourier), en Frikkie Lotz (onder-voorsitter). Voor van links sit Anneke Botes (bykomende lid), Cara Maree (sekretaresse) en Nanie Janse van Rensburg (bykomende lid).

Thursday, February 2nd, 2012
ANC se 100 jaar-vieringe

Die adjunk-president van Suid-Afrika, mnr Kgalema Motlanthe, het Oudtshoorn Saterdag besoek vir die Wes-Kaapse been van die ANC se 100 jaar-vieringe. Hier is Motlanthe op die Bridgton Sportgronde waar die verrigtinge plaasgevind het. Links van hom is Oudtshoorn se uitvoerende burgemeester, mnr Gordon April.

Thursday, February 2nd, 2012
Kar teen lamppaal

Oeps! Dié Huyandai Tuscan, wat Saterdag op Oudtshoorn was vir die provinsiale 100 jaarvieringe van die ANC, het kort ná 16:00 van die parkeerterrein van die nuwe Pearl of Oudtshoorn op die sypaadjie beland. Volgens sers Gretchen Michaels van die Oudtshoorn Polisie het die bestuurder gesê hy het beheer oor die voertuig verloor toe hy dit wou parkeer. Niemand is beseer nie en die Polisie ondersoek volgens Michaels geen klag nie.

Thursday, February 2nd, 2012
The opening of 'The Pearl of Oudtshoorn.'

Die adjunk-minister van toerisme, me Tokozile Xasa, het Saterdagaand die opening van die Pearl of Oudtshoorn, nuwe hotel op die dorp, waargeneem. Die Pearl-hotelgroep het dié hotel op 1 Desember oorgeneem nadat die African Sky Hotel op die dorp sy deure einde November gesluit het. Hier by Xasa staan die uitvoerende burgemeester van Oudtshoorn, mnr Gordon April.

Thursday, January 19th, 2012
Dr. Adam Barnard

40 jaar lank geneesheer! Dr. Adam BarnardDr Adam Barnard van Oudtshoorn het op 8 Desember 'n belangrike mylpaal bereik. Hy was op dié dag 40 jaar lank mediese dokter. Barnard, hier in sy spreekkamer, het aan die Universiteit van Stellenbosch gegradueer en op 8 Desember 1961 by die Ernest Openheimer Hospitaal in Welkom begin werk. Daarvandaan is hy na Marydale naby Prieska en in 1964 het hy op Oudtshoorn begin werk. Barnard en sy vrou, Freda, is net die dag nadat hy as dokter begin werk het, getroud en het dus op 9 Desember hul 40ste troudag gevier!

Thursday, January 19th, 2012
Van Reede hoofleiers

Die hoofleiers van die Laerskool Van Reede is voor van links Gabby Brits (hoofmeisie) en Jean Jonker (hoofseun). Agter staan Dylan Rensburg (onderhoofseun) en Cameron Human (onderhoofmeisie).

Thursday, January 19th, 2012
Wesbank hoofleiers

Die hoofleiers van die Laerskool Wesbank vir 2012 is voor van links Amanda Duvenage (onderhoofmeisie) en Niël Els (onderhoofseun). Agter staan Seppie Uys (hoofseun)en San-Mari Mulder (hoofmeisie).

Thursday, January 19th, 2012
Swemmers verower medaljes

eertien swemmers van die Freda Barnard Swemskool op Oudtshoorn het einde verlede jaar by die SWD swemkampioenskap op George medaljes gewen. Hulle is voor van links Alexander van Biljon (100 m vryslag - brons en 200m vryslag - silwer); Melanie van Biljon (50 m borsslag - goud, 100 m borsslag - silwer en 50 m vryslag - brons); Hainto Vermeulen (50 m rugslag - brons, 50 m borsslag - brons en 50 m vryslag - silwer); Maria Esterer (rugslag - silwer, borsslag - silwer en vryslag - silwer), Anlize Vermeulen (50m borsslag - silwer), Antoinette Meiring (1500m vryslag - goud, 400m individuele wisselslag - goud en 200m vlinderslag - goud); Amré McCallum (50 m rugslag - silwer en 100m rugslag - brons) en Thalia Bothma (50 m rugslag - silwer, 100 m rugslag - silwer, 200 m individuele wisselslag - goud en 50 m vryslag - silwer). Agter is Janiel du Toit (50 m vryslag - brons), Dylan Barnard (50 m borsslag - brons, 100m vryslag - silwer), Wilko du Preez (800 m vryslag - goud, 400 m IM - goud, 50 m borsslag - brons en 100m borsslag - brons), Janetjie Jordaan (100 m vryslag - goud en 50 m vryslag - goud), Marli Schmitt (50 m vlinderslag - silwer en 50 m vryslag - brons) en Kayla Botha (50 m borsslag - silwer).

Thursday, January 19th, 2012
Nuwe bestuur vir SWD Fietsry

Die nuwe bestuur van SWD Fietsry vir 2012 is agter van links: Essie Esterhuizen (SWD Rekreasie), Attie Fortuin (ontwikkeling), Declan Aries (ontwikkeling en transformasie), Lee Aries (skole verteenwoordiger), Heinrich Greyfenberg (tesourier). Voor sit Karin Bence (sekretaris), Louis Visser (MTB voorsitter), Corne Bence (president), Connie Botha (padvoorsitter) en Stefanie van der Merwe (vroueverteenwoordiger). Afwesig: Wendy Cole (para en baan).

Thursday, January 12th, 2012
Katy Britz

Me Katy Britz van Oudtshoorn was een van 34 sportlegendes in die Wes-Kaap wat op 15 Desember verlede jaar by 'n spesiale geleentheid by Kirstenbosch deur die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport in samewerking met die transformasiekomitee van die Wes-Kaap vereer is. Hier ontvang sy haar spesiale pet van dr Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van sport. Britz is vereer vir haar bydrae tot danssport in die SWD. Legendes in die sportsoorte rugby, netbal, pluimbal, seiljag, danssport en kanovaart is verlede jaar vereer.

Wednesday, December 14th, 2011

Die jaarlikse aankoms van Sinterklaas op Dinsdag, 6 Desember, by die St Luigi Scrosoppi Sorgsentrum in Wolfweg in Bridgton, het weer vanjaar groot aftrek gekry en meer as 'n duisend kinderharte is verbly. Sinterklaas, vergesel van sy getroue helper, Swarte Piet, het vanjaar heel stylvol in 'n pragtige koets aangekom. Dié jaarlikse aankoms van Sinterklaas op sy feesdag, 6 Desember, het al 'n instelling by die St Luigi Scrosoppi Sorgsentrum geword. Die sentrum bied 'n veilige speel- en leerplek vir die kinders van Bridgton. Die sentrum maak staat op donasies om voort te gaan om dié diens aan kinders en jongmense te bied. Een van die opwindende fondsinsamelingsprojekte wat vir 2012 beoog word, is 'n opelug Weense Valentynsbal in Februarie in die sentrum se amfiteater.

Wednesday, December 14th, 2011

Me Sanah Bosch, wat op 5 September 1908 gebore is en nou 103 jaar oud is, was een van die uitsonderlike gaste by die Oudtshoorn Rotariërs se onthaal vir senior burgers Saterdag­oggend in die skoolsaal van die Laerskool Oudtshoorn-Noord. By haar is Mikyla Berry (6) van Oudtshoorn wat aan die gaste baie plesier verskaf het met haar dansvertoning.

Wednesday, December 14th, 2011

'n Vragmotor het verlede Vrydag omstreeks 03:00 in Meiringspoort van die pad geloop nadat die bestuurder klaarblyklik aan die slaap geraak en beheer oor die voertuig verloor het. Hy was alleen in die voertuig en het geen beserings opgedoen nie. Volgens die Oudtshoorn Polisie word geen saak ondersoek nie.

Wednesday, December 14th, 2011

Dié skuur met bale het verlede Donderdagaand wes van die pad na die Kango Grotte uitgebrand. Volgens die Polisie is sowat R700 000 se skade aangerig en word 'n klag van brandstigting ondersoek. Omstanders op die toneel het gesê die bale was mnr Piet Botha Schoeman s'n.

Nuwe krieketkantore in gebruik geneem

Wednesday, December 14th, 2011

Die nuwe hoofkantoor van die SWD Krieket op die Rec (Oudtshoorn Sportgronde) is Vrydagaand amptelik in gebruik geneem tydens 'n spesiale onthaal. Die oprigting van die kantore is moontlik gemaak danksy befondsing deur die Nasionale Loterye. Die onthaalsaal in die kantore is vernoem na mnr Simon Swigelaar (naaslinks), lewenslange ere-president van die SWD Krieketraad, ter verering van sy jarelange bydrae tot krieket asook kriekethervorming, nie net in die SWD nie, maar ook op nasionale vlak. By hom is (van links) mnr Albertus Kennedy, hoof- uitvoerende beampte van SWD Krieket, mev Daphne Swigelaar, mnr Rudi Claassen, president van SWD Krieket, en mnr Jurie Harmse, raadslid van Oudtshoorn. Die nuwe kantore, wat verlede maand voltooi is, is simbool van groei, voortuitgang en sukses in SWD Krieket en die resultaat van jarelange harde werk en toewyding. Die bestaande kompleks sluit onthaal- en konferensiegeriewe, kantore vir al die personeel en 'n presidentslosie is. Daar word beplan om in die nuwe jaar kleedkamers wat aan internasionale standaarde voldoen, aan te bou.

Thursday, December 1st, 2011

Die Oudtshoorn Besigheidskamer het sy sakeleier en sakepersoonlikheid van die kwartaal verlede Donderdagaand tydens 'n netwerkaand van die kamer by Café Soleil aangewys. Van links is mnr Johan Brooks wat as Die Hoorn se Sakepersoonlikheid van die kwartaal aangewys is, mnr Pieter van Rensburg, prinsipaal van Chas Everitt Oudtshoorn, borg van die aand, me Donalida Beets, dogter van mnr André van Greunen wat as Die Burger se Sakeleier van die kwartaal aangewys is, mnr Francois Ferreira, bekende sjef van die Suid-Kaap wat as gasspreker opgetree het, en mnr Jacobus Maloney, voorsitter van die besigheidskamer.

Thursday, November 24th, 2011

Dié klein kameelperdbulletjie voor is op 11/11/11 naby Calitzdorp op die wildplaas Besemkop van mnr Skillie Pretorius gebore! Nog ’n kameelperdjie is die vorige dag op die plaas gebore. ’n Uitsonderlike eiendomsontwikkeling, waar kopers eiendom op die wildplaas van 5000 ha kan bekom en toegang tot die wild het, vorm deel van dié uitsonderlike ontwikkeling.

Thursday, November 24th, 2011

Die bestuur van die Oudtshoorn Besigheidskamer het Dinsdagaand ’n afvaardiging van Alpen aan den Rijn, Oudtshoorn se tweelingstad in Nederland, by Kleinplaas onthaal. Onder die gaste by die onthaal was van links mnr Hans van Arkel, ’n amptenaar van Alphen se munisipaliteit, me Heleen Schrier, ook ’n Alphen-amptenaar, mnr Jacobus Maloney, voorsitter van die Oudtshoorn Besigheidskamer, me Hanny en mnr Koos van Arkel, Alphen-raadslid, en me Hélène Oppatja, ’n lid van die burgemeesterskomitee van Alphen se stadsraad.

Thursday, November 24th, 2011

Willicia Reed, ’n graad 10-leerder van Bridgton Senior Sekondêr, vertrek eersdaags na die COP 176, beraad oor aardverwarming. Dit vind vanaf 1 Desember tot 5 Desember in Durban plaas. Willicia is gekies as een van 14 leerders uit die Wes-Kaap om dié beraad by te woon. Sy sal ’n Powerpoint-aanbieding doen oor die invloed van aardverwarming op Oudtshoorn en die omgewing. Strategieë om aardverwarming teen te werk sal deel uitmaak van die aanbieding. Van links staan me Charmaine Stalmeester, mnr Gordon April (burgemeester van die Groter Oudtshoorn ) en Willicia.

Thursday, November 24th, 2011

EINA! ’n Leerlingbestuurder was Dinsdagaand omstreeks 18:29 met ’n vragmotor in ’n botsing betrokke toe hy klaarblyklik vanuit Jan van Riebeeckweg in Pleinstraat ingedraai en vermoedelik beheer oor die voertuig verloor het. Die vragmotor het ’n VW Polo getref en in ’n tuin ingestamp. Volgens sers Gretchen Michaels van die Oudtshoorn Polisie is niemand in die voorval beseer nie. Die Polisie ondersoek geen saak nie.
Foto: Japie Rheeder

Copyright ©   ::  DIE HOORN  •  Site by:  WebWorX