info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089

Argief vir die ‘KKNK’ Kategorie


Absa KKNK spog met surplus

Thursday, December 8th, 2011

Deur Garnett Wicomb

TEN spyte van ‘n afname in getalle omdat die fees nie Paasnaweeek en ‘n aantal universiteitsvakansies ingesluit het nie, spog die 2011 Absa KKNK tog met ‘n surplus van net meer as ‘n miljoen rand.

“Dat ons hierdie prestasie kon vermag, getuig van die gehalte en omvang van ons programaanbod, die voortgesette ondersteuning van ons gehore en vennote asook die vernuf en vermoë van ons bestuurspan wat die fees jaar na jaar op voortreflike wyse bestuur.”

So lui die verslag van die direksievoorsitter, prof Laetitia van Dyk, wat verlede Vrydag tydens die algemene jaarvergadering op Oudtshoorn voorgehou is. (more…)

KKNK en Diggers snoer kragte saam

Thursday, November 24th, 2011

DIE Absa KKNK Op Toer, een van die Absa KKNK se jaarlikse uitreikprogramme, is op 10 November by die Schoemanshoek NG Kerk buite Oudtshorn bekendgestel.

Vanjaar se Absa KKNK Op Toer fokus op die gevare van drankmisbruik in veral arm, landelike gemeenskappe.

Om dié boodskap tuis te bring gaan die Kambro Diggers-toneelgeselskap vir die volgende drie maande die toneelstuk Klaas se Plaas op plase in die Klein Karoo opvoer. (more…)

Nuut by die KKNK

Thursday, November 10th, 2011

Brenden Ruiter, ‘n boorling van Namakwaland, het hom op 1 November 2011 as Bemarking- en Kommunikasiebestuurder by die Bestuurspan van die Absa KKNK aangesluit.

Ruiter het sy joernalistieke loopbaan as student­joernalis by Die Burger in Kaapstad begin, waarna hy wye draaie in die joernalistiek gemaak het. Hy het onder meer by die Media24-publikasies die TygerBurger, Die Burger Oos-Kaap, Sondag en die tydskrif Kuier gewerk. (more…)

KKNK kry nuwe leier

Thursday, May 26th, 2011

Prof Laetitia van Dyk is op 12 Mei eenparig tot voorsitter van die Absa KKNK se raad van direkteure verkies en het daarmee die eerste vrou geword om dié posisie te beklee. Van Dyk is tans hoof van die Sentrum vir Leierskapstudies by die Bestuurskool van die Universiteit Stellenbosch (US) en sal vanaf 1 Junie die voorsitter van die Departement van Ondernemingsbestuur aan dieselfde universiteit wees.

Van Dyk, wat sedert 24 November 2006 op die direksie van die Absa KKNK dien, sê sy sien baie uit na haar nuwe rol by die fees. (more…)

Lot wen die meeste Kannas

Thursday, May 19th, 2011

DIE buitelugproduksie Lot het Sondag by die Kanna-toekenningsfunksie in Kaapstad drie gesogte Kannas ontvang.

Die Kanna-toekennings bekroon jaarliks die beste produksies by die Absa KKNK.

Lot het weggeloop met die Kanna vir die beste aanbieding, ‘n Kanna vir Nicola Hanekom as beste regisseur en ‘n Kanna vir Hanekom as beste vroulike kunstenaar. Sy het laasgenoemde Kanna gekry vir die teks en regie van Lot asook haar spel in die toneelproduksie WEES. (more…)

Kramer se Karoo

Thursday, April 14th, 2011
David Kramer

Een van die hoogtepunte by vanjaar se Absa KKNK was die optrede van die immergroen David Kramer en sy orkes in die Jamstreet Amfiteater met die Swartberge op die agtergrond. Rieldansers van Fraserburg en die lepelgly­kitaarspeler Hannes Coetzee het verdere kleur aan die lekker konsert verleen. Foto: Garnett Wicomb

KKNK is steeds suksesvol

Thursday, April 14th, 2011

Deur Liesel le Roux

MINDER voete, maar goeie kaartjieverkope. Minder partytjie, maar meer van die kunste, en dit boonop van ‘n uitsonderlike hoë standaard. Dit in ‘n neutedop blyk die Absa KKNK 2011 op te som.

Terwyl vanjaar se 17de Absa KKNK stiller was as vorige jare, lyk kaartjieverkope goed en is terugvoer oor die fees ongelooflik positief, sê die uitvoerende hoof van die fees, mnr Brett Pyper. (more…)

Thursday, April 14th, 2011
Ben Schoeman onthaal

Die sakeman en voorsitter van die Oudtshoorn Musiekvereniging, Nic Barrow, en Ferda Barrow was die gasheer en gasvrou by 'n onthaal by die Queen's Hotel ná afloop van 'n uitvoering deur die bekroonde pianis Ben Schoeman by die Absa KKNK. Schoeman is vir sy optrede by vanjaar se fees benoem vir die kanna vir beste manlike kunstenaar. Hier voor van links is Myra Burger en Eileen en Ronnie Samaai (lid van die Absa KKNK-kunste­kabinet en Kanna-paneel), in die middel van links Nancy Theodore, Ben Schoeman en Ferda Barrow, en agter van links Schalk Burger (ondervoorsitter van die Absa KKNK-direksie) en Nic Barrow.

Stalletjiehouers terug in 2012

Thursday, April 14th, 2011

Deur Carina Fourie

DIE 17de Absa KKNK het wel minder voete gehad, maar stalletjie­houers het oor die algemeen aangedui dat hulle volgende jaar terugkom.

Mnr Chris van der Merwe van die voorbladfoto-stalletjie van Photo Workshop by die Queen’s Mall sê ‘n mens kan nie vanjaar se fees met ander jare vergelyk nie as gevolg van die feit dat die fees nie oor die Paasnaweek geval het nie. (more…)

7de Laan-koors tref feesdorp!

Tuesday, April 5th, 2011
Hendrik Cronje (Lukas) en Melanie du Bois (Felicity)

Oudtshoorn het gister aan 'n ernstige graad van 7de Laan-koors gely met verskeie van dié gewilde sepie se karakters wat die aand in die Absa Wynsaal in 'n liefdadigheidsfees opgetree het. Hier is twee van die 7de Laan-sterre, Hendrik Cronje (Lukas) en Melanie du Bois (Felicity), gisteraand kort voor die begin van die vertoning, 7de Laan skud vere in die Absa Wynsaal. Tydens hierdie liefdadigheidsfees het van die sterre hul klere en kostuums wat hulle nie meer gebruik nie, opgeveil. Die fondse wat ingesamel is, gaan aan die ACVV op Oudtshoorn geskenk word.

SMOKIE ROCK OP DIE PLAAS!

Tuesday, April 5th, 2011
Smokie

Een van die grootste konserte by vanjaar se Absa KKNK was die optrede van die rockgroep Smokie in die Jamstreet Amfiteater buite Oudtshoorn. 'n Skare van sowat 3 000 feesgangers het Sondagaand die konsert onder die sterre van die Klein Karoo bygewoon.
Foto: Schalk le Roux

Duisende by Afskop en Smokie Klopdisselboom!

Tuesday, April 5th, 2011

Deur Liesel le Roux

TERUGVOER van feesgangers oor vanjaar se 17de Absa KKNK is oor die algemeen baie positief, het mnr Brett Pyper, uitvoerende hoof van die fees, gister gesê.

“Reëlings verloop tot dusver glad en alles gaan ook voorspoedig in die Rivierbuurt.”

Pyper het gesê die feesbestuur is aangenaam verras met kaartjieverkope tot dusver. (more…)

Tuesday, April 5th, 2011
Close-Act

Close-Act se White Wings het Sondag en Maandag feesgangers na hul asems laat snak tydens hul optrede in vanjaar se Absa KKNK Feesparade.

Feesparade bekoor

Tuesday, April 5th, 2011

HONDERDE Oudtshoorniete en feesgangers het Sondagmiddag in Baron van Reedestraat opgedaag vir vanjaar se Absa KKNK Feesparade.

En hulle was nie teleurgesteld nie. Kleurvolle klopse, verskeie orkeste, reuse-poppe, ‘n draak of twee en die wonderlike White Wings van Close-Act as die hoogtepunt het feesgangers by tye spontaan laat hande klap en die kameras onophoudelik laat kliek. (more…)

Misdaad skaars by dié KKNK

Tuesday, April 5th, 2011

Baie min misdaadvoorvalle wat verband hou met die Absa KKNK is tot Maandag by die polisie aangemeld, sê kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie.

“Die polisie is baie tevrede met die verloop van die fees tot dusver,” het Visser gister gesê.

Volgens hom is ‘n paar voorvalle aangemeld van mense wat sterk onder die invloed van drank was en ook drank in die openbaar gebruik het. (more…)

Dansers gly in die strate van feesdorp!

Tuesday, April 5th, 2011
gly

Dansers van die tienerkabaret gly het die week oral aandag getrek waar hulle saam met plaaslike kinders in die strate van Oudtshoorn gedans het. Dansers van gly het kort voor die Absa KKNK een van die danse aan die plaaslike kinders geleer. Hier is van die gly-dansers Sondagoggend in aksie voor die Queen's Hotel in Baron van Reedestraat. Dié opwindende en energieke produksie word op 6 April om 16:00, 7 April om 20:00, 8 April om 09:30 en 9 April om 15:00 in die Absa Burgersentrum aangebied. Kaartjies is te koop by Computicket. Nege talentvolle hoërskoolleerders van Oudtshoorn, De Rust, Calitzdorp en George tree as dansers in die produksie op, terwyl die choreografie gedoen word deur Michaela Wilson, 'n graad 12-leerder van Principia Kollege op Oudtshoorn.

Pendeldiens onontbeerlik

Tuesday, April 5th, 2011

Deur Garnett Wicomb

Die Absa KKNK se pendeldiens het vir baie feesgangers onontbeerlik geword.

So sê mnr Cecil Wesso, koördineerder van die diens.

Die sowat 20 gemerkte bussies word deur al Oudtshoorn se taxiverenigings onder die wakende oog van die Absa KKNK bedryf en vervoer feesgangers op bepaalde roetes tussen verblyfplekke, venues en die feeskern. (more…)

Hiphop ‘spookityt’ by fees

Tuesday, April 5th, 2011

Deur Carina Fourie

VANDEESWEEK is hip-hop koning op Oudtshoorn met die tweede skof van dié groot Afrikaanse hiphop-kompetisie wat Vrydag en Saterdag tydens die Absa KKNK plaasvind.

Die eerste skof van die kompetisie het tydens die Suidoosterfees plaasgevind met Mc Cole wat met die kroon weggestap het. (more…)

Produksies oraloor

Thursday, March 31st, 2011
"Lot"

Die Klein Karoo is vanjaar die verhoog én dekor van vele produksies wat by die Absa KKNK in die buitelug aangebied word. Een van dié produksies is Lot, wat in die veld naby die Tamatiestoor in St Saviourstraat opgevoer word. Bo is die akteurs Jacques Theron en Tinarie van Wyk Loots in tonele uit die produksie. Lot is 'n opvolg op die stuk Betésda wat tydens verlede jaar se fees by die NA Swembad aangebied is en die Kanna-toekenning vir die beste stuk by die fees ontvang het. Die skrywer en regisseur van Lot, Nicola Hanekom, is verlede jaar ook as beste regisseur vir Betésda bekroon. Lot word saans van 2 tot 9 April opgevoer. Foto: Schalk le Roux

Feesparade vanjaar ‘n skouspel

Thursday, March 31st, 2011

‘n Feesparade met kleurvolle kostuums, kunstenaars en ‘n karnaval-atmosfeer beloof om vanjaar een van die hoogtepunte van die Absa KKNK te wees. ‘n Groot trekpleister is die betrokkenheid van een van die wêreld se voorste beoefenaars van straatkuns, Close-Act se White Wings, wat toeskouers na hulle asems gaan laat snak!

Die Feesparade vind twee keer plaas – op Sondag (3 April) vanaf 17:00 tot 18:00 in Baron van Reedestraat met die beginpunt by Vredestraat en op Maandag (4 April ) vanaf 10:00 tot 11:00 met die beginpunt by die Bongolethu Polisiekantoor en die eindpunt die Bridgton Sportgronde. (more…)

Copyright ©   ::  DIE HOORN  •  Site by:  WebWorX