Argief vir die ‘KKNK’ Kategorie
Thursday, March 22nd, 2012
Riaan Visman, oudinwoner van Oudtshoorn en ‘n passievolle ambassadeur vir die kunste, keer met vanjaar se Absa KKNK weer terug na sy tuisdorp. Riaan, oud-leerder van die Hoërskool Môrester, se passie vir die kunste het as jong seun juis by die kunstefees ontwikkel toe hy in 1999 as lid van die Oudtshoorn Dramaorganisasie in ‘n woordkunsprogram by die fees opgetree het.
Hy is verder aangespoor toe hy in 2000 by ‘n Absa KKNK-toneelwerkswinkel betrokke was. (more…)
In KKNK gepos | Kommentaar (0) »
Friday, March 16th, 2012
TEN spyte van moeilike ekonomiese tye is kaartjieverkope vir vanjaar se Absa KKNK hoër as verlede jaar dieselfde tyd, sê mnr Brett Pyper, uitvoerende hoof van die Absa KKNK.
Pyper was Vrydag een van die sprekers by ‘n sakeontbyt wat die burgemeester van die Groter Oudtshoorn, mnr Gordon April, in die Pearl of Oudtshoorn aangebied het. (more…)
In KKNK gepos | Kommentaar (0) »
Friday, March 16th, 2012
NIE vyf nie, maar ses jong tienerakteurs van die streek het verlede Donderdagaand gehoor dat hulle deurgedring het na die eindronde van die Swartberg Tienertoneelkompetisie wat deel uitmaak van vanjaar se Absa KKNK.
Hulle is Amelia Bosch en Francis Snyman van die Hoërskool Oudtshoorn, Wynand Ferreira van Langenhoven Gimnasium op Oudtshoorn, Marieschen October van Dysselsdorp Sekondêr, Franscha Damons van Hoërskool De Rust en Demi-Leigh Nell Peters van Hoërskool Outeniqua op George. (more…)
In KKNK gepos | Kommentaar (0) »
Friday, March 16th, 2012
DIE Absa KKNK bied vanjaar ‘n yslike pasella vir feesgangers met gratis toegang na een van die opwindendste produksies by die fees.
Dié dansproduksie getiteld Vlam beloof ‘n skouspel met visuele effekte van kerslig, vlamme, beeldhouwerke en reuse marionette. Gedramatiseerde mites en musiek maak ook deel uit van dié skouspel, terwyl 150 plaaslike laerskoolkinders daarby betrek gaan word. (more…)
In KKNK gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, March 8th, 2012
PRODUKSIES wat direk verbind word met die Absa KKNK het vanjaar by kykNET se Fiësta-toekennings uitgeblink en dié fees se status as die land se voorste platform vir uitnemende artistieke werk in Afrikaans opnuut beklemtoon.
Die fees het 36 nominasies in 16 kategorieë ontvang. Dertien uit die sestien kategorieë is gewen deur werk wat óf by die Absa KKNK 2011 gedebuteer of aangebied is, óf in 2012 as koproduksies by die komende fees te sien gaan wees. (more…)
In KKNK gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 23rd, 2012
DIE 18de Absa KKNK se?Klein Karoo Feesparade gaan vanjaar behoorlik die asems van die feesgangers wegslaan. Dis nou as ‘n mens kyk na alles wat op die spyskaart is! Asemrowende groot poppe, ‘n reuse draadkar, volstruismarionette, plaaslike musikante en orkeste … om net ‘n paar te noem.
Die lewensgroot-volstruismarionette word na Oudtshoorn gebring deur Roger Titley van Knysna, bekend vir die reuse olifante wat tydens die Fifa Wêreldbeker se openingseremonie te sien was. Hy bring 100 volstruismarionette na die Absa KKNK as deel van ‘n projek wat hy saam met plaaslike mense van Oudtshoorn aanpak. (more…)
In KKNK gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 23rd, 2012
AGTTIEN tieners van die Groter Oudtshoorn wat ná hul eerste oudisies deurgedring het na die halfeindronde van die Swartberg Tienertoneelkompetisie, het Saterdag ‘n eerste werkwinkel onder die leiding van mnr Ronnie Burton, ‘n gesoute drama-onderwyser, bygewoon.
Die wenners van dié kompetisie word tydens vanjaar se Absa KKNK aangewys en gaan selfs ‘n klein rolletjie in ‘n nuwe Afrikaanse rolprent losslaan! (more…)
In KKNK gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, December 8th, 2011
Deur Garnett Wicomb
TEN spyte van ‘n afname in getalle omdat die fees nie Paasnaweeek en ‘n aantal universiteitsvakansies ingesluit het nie, spog die 2011 Absa KKNK tog met ‘n surplus van net meer as ‘n miljoen rand.
“Dat ons hierdie prestasie kon vermag, getuig van die gehalte en omvang van ons programaanbod, die voortgesette ondersteuning van ons gehore en vennote asook die vernuf en vermoë van ons bestuurspan wat die fees jaar na jaar op voortreflike wyse bestuur.”
So lui die verslag van die direksievoorsitter, prof Laetitia van Dyk, wat verlede Vrydag tydens die algemene jaarvergadering op Oudtshoorn voorgehou is. (more…)
In KKNK gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, November 24th, 2011
DIE Absa KKNK Op Toer, een van die Absa KKNK se jaarlikse uitreikprogramme, is op 10 November by die Schoemanshoek NG Kerk buite Oudtshorn bekendgestel.
Vanjaar se Absa KKNK Op Toer fokus op die gevare van drankmisbruik in veral arm, landelike gemeenskappe.
Om dié boodskap tuis te bring gaan die Kambro Diggers-toneelgeselskap vir die volgende drie maande die toneelstuk Klaas se Plaas op plase in die Klein Karoo opvoer. (more…)
In KKNK gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, November 10th, 2011
Brenden Ruiter, ‘n boorling van Namakwaland, het hom op 1 November 2011 as Bemarking- en Kommunikasiebestuurder by die Bestuurspan van die Absa KKNK aangesluit.
Ruiter het sy joernalistieke loopbaan as studentjoernalis by Die Burger in Kaapstad begin, waarna hy wye draaie in die joernalistiek gemaak het. Hy het onder meer by die Media24-publikasies die TygerBurger, Die Burger Oos-Kaap, Sondag en die tydskrif Kuier gewerk. (more…)
In KKNK gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, May 26th, 2011
Prof Laetitia van Dyk is op 12 Mei eenparig tot voorsitter van die Absa KKNK se raad van direkteure verkies en het daarmee die eerste vrou geword om dié posisie te beklee. Van Dyk is tans hoof van die Sentrum vir Leierskapstudies by die Bestuurskool van die Universiteit Stellenbosch (US) en sal vanaf 1 Junie die voorsitter van die Departement van Ondernemingsbestuur aan dieselfde universiteit wees.
Van Dyk, wat sedert 24 November 2006 op die direksie van die Absa KKNK dien, sê sy sien baie uit na haar nuwe rol by die fees. (more…)
In KKNK, Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, May 19th, 2011
DIE buitelugproduksie Lot het Sondag by die Kanna-toekenningsfunksie in Kaapstad drie gesogte Kannas ontvang.
Die Kanna-toekennings bekroon jaarliks die beste produksies by die Absa KKNK.
Lot het weggeloop met die Kanna vir die beste aanbieding, ‘n Kanna vir Nicola Hanekom as beste regisseur en ‘n Kanna vir Hanekom as beste vroulike kunstenaar. Sy het laasgenoemde Kanna gekry vir die teks en regie van Lot asook haar spel in die toneelproduksie WEES. (more…)
In KKNK, Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, April 14th, 2011
 Een van die hoogtepunte by vanjaar se Absa KKNK was die optrede van die immergroen David Kramer en sy orkes in die Jamstreet Amfiteater met die Swartberge op die agtergrond. Rieldansers van Fraserburg en die lepelglykitaarspeler Hannes Coetzee het verdere kleur aan die lekker konsert verleen. Foto: Garnett Wicomb
In Foto's, KKNK gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, April 14th, 2011
Deur Liesel le Roux
MINDER voete, maar goeie kaartjieverkope. Minder partytjie, maar meer van die kunste, en dit boonop van ‘n uitsonderlike hoë standaard. Dit in ‘n neutedop blyk die Absa KKNK 2011 op te som.
Terwyl vanjaar se 17de Absa KKNK stiller was as vorige jare, lyk kaartjieverkope goed en is terugvoer oor die fees ongelooflik positief, sê die uitvoerende hoof van die fees, mnr Brett Pyper. (more…)
In KKNK, Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, April 14th, 2011
 Die sakeman en voorsitter van die Oudtshoorn Musiekvereniging, Nic Barrow, en Ferda Barrow was die gasheer en gasvrou by 'n onthaal by die Queen's Hotel ná afloop van 'n uitvoering deur die bekroonde pianis Ben Schoeman by die Absa KKNK. Schoeman is vir sy optrede by vanjaar se fees benoem vir die kanna vir beste manlike kunstenaar. Hier voor van links is Myra Burger en Eileen en Ronnie Samaai (lid van die Absa KKNK-kunstekabinet en Kanna-paneel), in die middel van links Nancy Theodore, Ben Schoeman en Ferda Barrow, en agter van links Schalk Burger (ondervoorsitter van die Absa KKNK-direksie) en Nic Barrow.
In Foto's, KKNK gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, April 14th, 2011
Deur Carina Fourie
DIE 17de Absa KKNK het wel minder voete gehad, maar stalletjiehouers het oor die algemeen aangedui dat hulle volgende jaar terugkom.
Mnr Chris van der Merwe van die voorbladfoto-stalletjie van Photo Workshop by die Queen’s Mall sê ‘n mens kan nie vanjaar se fees met ander jare vergelyk nie as gevolg van die feit dat die fees nie oor die Paasnaweek geval het nie. (more…)
In KKNK gepos | Kommentaar (1) »
Tuesday, April 5th, 2011
 Oudtshoorn het gister aan 'n ernstige graad van 7de Laan-koors gely met verskeie van dié gewilde sepie se karakters wat die aand in die Absa Wynsaal in 'n liefdadigheidsfees opgetree het. Hier is twee van die 7de Laan-sterre, Hendrik Cronje (Lukas) en Melanie du Bois (Felicity), gisteraand kort voor die begin van die vertoning, 7de Laan skud vere in die Absa Wynsaal. Tydens hierdie liefdadigheidsfees het van die sterre hul klere en kostuums wat hulle nie meer gebruik nie, opgeveil. Die fondse wat ingesamel is, gaan aan die ACVV op Oudtshoorn geskenk word.
In KKNK gepos | Kommentaar (0) »
Tuesday, April 5th, 2011
 Een van die grootste konserte by vanjaar se Absa KKNK was die optrede van die rockgroep Smokie in die Jamstreet Amfiteater buite Oudtshoorn. 'n Skare van sowat 3 000 feesgangers het Sondagaand die konsert onder die sterre van die Klein Karoo bygewoon. Foto: Schalk le Roux
In KKNK gepos | Kommentaar (0) »
Tuesday, April 5th, 2011
Deur Liesel le Roux
TERUGVOER van feesgangers oor vanjaar se 17de Absa KKNK is oor die algemeen baie positief, het mnr Brett Pyper, uitvoerende hoof van die fees, gister gesê.
“Reëlings verloop tot dusver glad en alles gaan ook voorspoedig in die Rivierbuurt.”
Pyper het gesê die feesbestuur is aangenaam verras met kaartjieverkope tot dusver. (more…)
In KKNK gepos | Kommentaar (0) »
Tuesday, April 5th, 2011
 Close-Act se White Wings het Sondag en Maandag feesgangers na hul asems laat snak tydens hul optrede in vanjaar se Absa KKNK Feesparade.
In Foto's, KKNK gepos | Kommentaar (0) »
|
|