info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089

Argief vir die ‘Kultuur’ Kategorie


Thursday, September 22nd, 2011

The poet Isobel Dixon's third poetry collection, The Tempest Prognosticator, was launched at the Oudtshoorn art gallery ArtKaroo last Thursday, alongside the opening of an exhibition of art works by Susqya Williams and Lee Botha, which were inspired by the poems. Dixon, the sister of the owner of ArtKaroo, dr Janet Dixon, lives in the UK. Her new collection has been widely praised, both in South Africa and abroad, being described by J M Coetzee as "a virtuoso collection". Here from left are Lee Botha, Isobel Dixon, Janet Dixon and Susqya Williams. (Dixon's poetry collections are for sale at ArtKaroo.)

Poetry and Art event at ArtKaroo

Thursday, September 1st, 2011

Tempestuous it will be! A night with three women wearing their hearts on their sleeves – the well-known poet Isobel Dixon with her new collection titled The Tempest Prognosticator, and the artists Susqya Williams and Lee Botha, each with their own works of art inspired by the poetry.

Dixon, Karoo raised and currently residing in Cambridge, UK, will do a reading of her work at ArtKaroo Gallery on 15 September at 18:00 in Oudtshoorn. Her debut collection Weather Eye (Carapace, 2001) was awarded the Sanlam Prize 2000 for an unpublished manuscript and then won the Olive Schreiner Prize in 2004. A Fold in the Map was published in 2007. Dixon has been described by Clive James as being ‘born with the gift of lyricism as natural speech’. (more…)

Sprakeloos oor Klassique

Thursday, August 11th, 2011

Deur Liesel le Roux

SY het nie woorde om te beskryf hoe goed dit was om weer “tuis” op Oudtshoorn te wees nie, maar sy kan probeer met woorde soos opwindend, ongelooflik en onvergeetlik. Aan die woord is die jong sopraan Friedel Mitas (24) wat Saterdag en Sondag as solis saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes by die derde Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn opgetree het.

Filharmoniese Orkes

Die sopraan Friedel Mitas en die bariton Conroy Scott Saterdagaand saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes by die galakonsert van vanjaar se Klein Karoo Klassique. Mitas het op Oudtshoorn grootgeword.

“Die gehore was wonderlik. Hulle het my toegevou met hul liefde en warmte en dit het my deur my optredes gedra. Ek het gevoel of ek op ‘n wolk van ondersteuning en gebede sweef, wat my toegelaat het om met groot vreugde op te tree.” (more…)

Thursday, August 11th, 2011
Gugulethu Tenore

Waar anders as by Jamstreet buite Oudtshoorn kan kunstenaars teen so 'n ongelooflike agtergronddoek optree? Die baie gewilde Gugulethu Tenore sing tydens die Klein Karoo Klassique in die Jamtreet Amfi met die sneeubedekte Swartberge in die agtergrond. Die vier tenore is herhaaldelik vir 'n toegif deur die gehoor teruggeroep.
Foto: Grey Stopforth

Opgewonde oor optrede

Thursday, August 4th, 2011

Deur Liesel le Roux

SY sien uit daarna om dié naweek “terug by die huis” te kan wees, sê die sopraan Friedel Mitas (24), wat Saterdagaand saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes by die Klein Karoo Klassique se galakonsert op Oudtshoorn optree.

Sy tree ook Sondag saam met die Klein Karoo Fees­koor, die St George’s Sangers en lede van die Filharmoniese Orkes op tydens ‘n uitvoering van Mozart se Requiem. (more…)

Pianist and Repetiteur

Thursday, August 4th, 2011

By Chante Daries

FROM the subtle usage of his hands while he speaks, just like a conductor conducting an orchestra, and the rhythmic tone of his voice, it is clear that music flows through John Theodore. It is indeed not every town that can boast with such an accomplished pianist and repetiteur.

Theodore is the repetiteur of the Klein Karoo Festival Choir which will perform Mozart’s Requiem in the closing concert of the Klein Karoo Klassique on Sunday. They will perform with the Cape Philharmonic Orchestra (CPO) and the St George’s Singers of Cape Town. (more…)

Fees van biltong, brandewyn en boerewors!

Thursday, August 4th, 2011

Deur Carina Fourie

KANGO Wyne in samewerking met kos-guru Francois Ferreira bied Saterdagoggend ‘n proe-geleentheid met ‘n “houding” by Kango Wijnhuis aan.

Volgens mnr Riaan Marais, hoof- uitvoerende bestuurder van Suid-Kaap Wingerde, was Ferreira die ooglopende persoon om by die Klein Karoo Klassique te betrek. (more…)

Rare Baroque Gems!

Thursday, July 21st, 2011

THE Cape Consort is a new South African ensemble committed to innovative performances, mostly of early music within the classical genre. It is part of a wider initiative of introducing historically informed performance practice to South Africa. They will be performing three contrasting programmes during this year’s Klein Karoo Klassique from Thursday 4 to Sunday 7 August in Oudtshoorn. (more…)

Klassique-kaartjies hier

Thursday, June 30th, 2011

KAARTJIEVERKOPE vir die musiekvertonings by vanjaar se Klein Karoo Klassique open Vrydag (1 Julie) by Computicket en Shoprite/Checkers.

Vanjaar se Klein Karoo Klassique vind vanaf Donderdag 4 Augustus tot Sondag 7 Augustus plaas. (more…)

Fees van sang op pad met Klassique

Thursday, June 23rd, 2011

Deur Liesel le Roux

VANJAAR se Klein Karoo Klassique is ‘n ware fees van sang, sê die uitvoerende hoof van die Absa KKNK, mnr Brett Pyper. Dié fees van klassieke musiek, kuns, kontreikos en wyn wat vanjaar die derde keer plaasvind, vanaf Donderdag 4 tot Sondag 7 Augustus, is Dinsdagaand op Oudtshoorn bekend gestel. (more…)

Thursday, June 23rd, 2011
Nikita Pretorius

Nikita Pretorius, 'n leerder van Principia Kollege op Oudtshoorn met 'n goue stem, was een van verskeie kunstenaars wat op die mooi ou stasieperseel feesgangers by vanjaar se Absa Port- en Wynfees vermaak het.

Alle paaie lei na Portfees!

Wednesday, June 15th, 2011

ALLE paaie lei die langnaweek na Calitzdorp wanneer die Absa Calitzdorp Port- en Wynfees vanaf Donderdag 16 Junie tot Saterdag 18 Junie daar aangebied word.

Baie van vanjaar se feesbedrywighede vind vanjaar weer soos met die vorige portfees by die ou stasie­terrein plaas. Dié terrein open elke dag om 10:00. Toegang vir feesgangers is in Stasiestraat beskikbaar met motorwagte wat na motors sal omsien. (more…)

Derde Klassique op pad

Thursday, June 2nd, 2011

Topgehalte klassieke musiek gaan weer vanjaar tussen 4 Augustus en 7 Augustus tydens die derde Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn gehoor word. Vanjaar se fees sluit weer optredes in deur die Kaapse Filharmoniese Orkes en die Klein Karoo Feeskoor, asook verskeie kamermusiek­ensembles en moontlik nog ‘n verrassing of twee. Kuns, streekskos en -wyn sal ook weer vanjaar deel van die fees uitmaak.

Die volledige program sal vanaf 24 Junie beskikbaar wees by www.klassique.co.za. Vir meer inligting skakel 044 203 8600.

Wonderlike Portfees op pad

Thursday, June 2nd, 2011

Calitzdorp, wyd bekend as die porthoofstad van Suid-Afrika, bied die naweek van 16 tot 18 Junie weer die suksesvolle Calitzdorp Port- & Wynfees by die Calitzdorp Stasie aan. Die fees word ondersteun deur ‘n vol en interessante program by die onderskeie kelders en ander venues in die dorp.

Die bekende portprodusente Axe Hill, Boplaas, Calitzdorp Wynkelder, De Krans, Du’SwaRoo, Peter Bayly, TTT en Withoek span vir die eerste keer kragte saam met Absa om die Absa Calitzdorp Port- & Wynfees aan te bied. Feesgangers sal getrakteer word op ‘n wonderlike verskeidenheid porte en portkultivar-wyne. Wees op die uitkyk vir waarde-vir-geld Ruby en Tawny Porte asook die Vintage Reserve Port wat al met vele toekennings bekroon is, maar ook vir die Pink Port, Wit Port, The Chocolate Port, Tinta Chocolat, Tinta Mocha, The Original Espresso, Tinta Barocca, Touriga Nacional, ens! (more…)

Museum kry nuwe uitstalling

Thursday, May 26th, 2011

Deur Carina Fourie

‘N NUWE uitstalling vir die CP Nel Museum wat handel oor Oudtshoorn se ontwikkeling in die 20ste eeu word in die vooruitsig gestel.

Me Linda Labuschagne, Navoser: Wes-Kaapse Museumdienste, is die projekleier en baie opgewonde hieroor.

“Dis ‘n lekker uitdaging en ek het reeds soveel inligting bekom,” sê Labuschagne. (more…)

Internasionale musici by konsert

Thursday, February 17th, 2011

KLASSIEKE MUSIEKLIEFHEBBERS van Oudtshoorn en omgewing mag nie volgende Woensdag (23 Februarie) se musiekkonsert in Die Neelsie op Oudtshoorn misloop nie.

Twee vooraanstaande internasionale musici gaan by dié eerste konsert van die Oudtshoorn Musiekvereniging vir 2011 optree. (more…)

Musiekvereniging in Die Neelsie

Thursday, November 25th, 2010

Die tjellis Jerome Pernoo en die pianis Jerome Ducros verlede Woensdag in aksie by die afsluitingskonsert van die Oudtshoorn Musiekvereniging in Die Neelsie op Oudtshoorn. By Ducros sit Danie Bester wat help omblaai het.

Emile Minnie en koor gaan bekoor

Thursday, October 28th, 2010

DIE soet stemme van Laerskool Van Reede se bekroonde skoolkoor en die bekende sanger Emile Minnie gaan op Saterdag 6 November saamspan vir ‘n besonderse konsert in die skoolsaal.

Die konsert maak deel uit van Laerskool Van Reede se fondsinsameling vir 2010.

Minnie is al deur Laurika Rauch bestempel as een van Suid-Afrika se Afrikaanse topliedjieskrywers. Drie van Minnie se liedjies is vir haar nuutste album opgeneem. (more…)

Beste konsert van 2010 op pad!

Thursday, October 28th, 2010

DIE laaste konsert van 2010 wat die Oudtshoorn Musiekvereniging aanbied, gaan die kroon span op ‘n baie suksesvolle jaar, sê mnr Nic Barrow, voorsitter van die musiekvereniging.

“Kenners bestempel die kunstenaars Jerome Pernoo en and Jerome Ducros wat hier kom optree, as van die beste wat Oudtshoorn nog gesien het.”

Barrow sê konsertgangers kan hulle gereed maak vir ‘n uitsonderlike musiekervaring en boonop ‘n lekker kuieraand aangsien ‘n heerlike kaas-en-wynonthaal na die vertoning plaasvind.

Jerome Pernoo (tjello) and Jerome Ducros (klavier), albei briljante Franse musici, het al saam op van die wêreld se grootste konsert verhoë opgetree.

Hulle gaan werke van Beethoven, Piazzolla en Brahms speel, en tree op Woensdag 17 November om 19:00 in Die Neelsie in Jan van Riebeeckweg op. (more…)

• Wen kaartjies vir formidabele Amanda
Diva by volmaan

Thursday, October 21st, 2010

HOPE atmosfeer – én die volmaan in die Klein Karoo – wag op die gehoor wat Saterdagaand die vertoning van een van Afrikaans se grootste vroue-kunstenaars, die formidabele Amanda Strydom, in die Jamstreet Amfiteater net buite Oudtshoorn gaan bywoon.

Dié atmosfeervolle opelug-amfiteater met ‘n uitsig op die Swartberge en ‘n volstruiskamp langsaan is sedert die opening verlede jaar daarvan bekend vir optredes deur kunstenaars van hoogstaande gehalte. (more…)

Copyright ©   ::  DIE HOORN  •  Site by:  WebWorX