Argief vir die ‘Kultuur’ Kategorie
Thursday, October 28th, 2010
DIE laaste konsert van 2010 wat die Oudtshoorn Musiekvereniging aanbied, gaan die kroon span op ‘n baie suksesvolle jaar, sê mnr Nic Barrow, voorsitter van die musiekvereniging.
“Kenners bestempel die kunstenaars Jerome Pernoo en and Jerome Ducros wat hier kom optree, as van die beste wat Oudtshoorn nog gesien het.”
Barrow sê konsertgangers kan hulle gereed maak vir ‘n uitsonderlike musiekervaring en boonop ‘n lekker kuieraand aangsien ‘n heerlike kaas-en-wynonthaal na die vertoning plaasvind.
Jerome Pernoo (tjello) and Jerome Ducros (klavier), albei briljante Franse musici, het al saam op van die wêreld se grootste konsert verhoë opgetree.
Hulle gaan werke van Beethoven, Piazzolla en Brahms speel, en tree op Woensdag 17 November om 19:00 in Die Neelsie in Jan van Riebeeckweg op. (more…)
In Kultuur, Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, October 21st, 2010
HOPE atmosfeer – én die volmaan in die Klein Karoo – wag op die gehoor wat Saterdagaand die vertoning van een van Afrikaans se grootste vroue-kunstenaars, die formidabele Amanda Strydom, in die Jamstreet Amfiteater net buite Oudtshoorn gaan bywoon.
Dié atmosfeervolle opelug-amfiteater met ‘n uitsig op die Swartberge en ‘n volstruiskamp langsaan is sedert die opening verlede jaar daarvan bekend vir optredes deur kunstenaars van hoogstaande gehalte. (more…)
In Kultuur gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, September 30th, 2010
 Top-klassieke musici vanoor die wêreld het die week op Oudtshoorn aangekom vir die tweede Klein Karoo Klassique wat tot Sondag op die dorp plaasvind. Hier tydens 'n oefening Dinsdag in die pragtige Katolieke Kerk in Baron van Reedestraat waar van die konserte plaasvind, is van links die violis Frank Stadler, tjellis Peter Martens, altviolis David Snaith, violis Searmi Park, altviolis Gareth Lubbe en die pianis Luis Magalhães. Stadler is van Oostenryk, Park van die VSA en Lubbe van Duitsland. Foto: Schalk le Roux
In Foto's, Kultuur gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, September 30th, 2010
BYKANS al die Oudtshoorniet Kobus Spies se skilderye is Dinsdag tydens die openingsaand van sy uitstalling vir vanjaar se Klein Karoo Klassique uitverkoop. Die uitstalling genaamd Klein Karoo op doek, volg op sy suksesvolle debuutuitstalling tydens verlede jaar se Klein Karoo Klassique wat heeltemal uitverkoop is. (more…)
In Kultuur, Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, September 30th, 2010
Deur Liesel le Roux
DAAR is op Erfenisdag baie lenteson in en om Jay en Francois Gerber se huis in Hoogstraat – buite op die blomme in die tuin, die vetplante en groente wat geil in die agterplaas staan; binne in Jay se lewensvreugde en lag, en in Francois se beskeie glimlag.
Dié kunstenaars-egpaar, wat verlede jaar getroud is, stal dié Klein Karoo Klassique die eerste keer saam uit. (more…)
In Kultuur gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, September 30th, 2010
DIE bekende en veelsydige kunstenaar Thijs Nel bring ‘n besonderse aanbod na vanjaar se Klein Karoo Klassique. Twee boeke van Nel word Saterdagoggend by Turnberry Lodge bekend gestel, terwyl hy, Fiona Rowett en Elsabé Pretorius ook saamspan om ‘n interessante uitstalling van skilderye, keramiek, tuinbeeldhouwerke en plantpotte vir die duur van die fees te bied.
Die twee boeke, keurig uitgegee en albei nog warm van die drukpers, is ‘n Annerster Soort, ‘n bundel ontroerende kortverhale, en Oor Skeppingsdrif oftewel Kreatiwiteit, Nel se credo oor die skeppingsproses waarvan slegs ‘n beperkte oplaag gedruk is. (more…)
In Kultuur gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, September 30th, 2010
 Riandi du Preez (14), one of the finalists for this year's Miss Teen Langeberg Mall, in a paper mache chair created by artist Hannalie Taute. The chair was created for the Klein Karoo Klassique exhibition at ArtKaroo Gallery called the chair as art. Fourteen other artists also created chairs for the exhibition which open daily from 09:00 till late. Riandi is a learner at Oudtshoorn High School and will take part in the finals of the competition on Saturday 9 October.
In Foto's, Kultuur gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, September 30th, 2010
‘n Besondere altviool maak sy buiging die eerste keer by Klein Karoo Klassique.
Dié altviool, wat gemaak is deur Brian Lisus van Kaapstad – een van Suid-Afrika se voorste vioolmakers – is opgedra aan Nobelpryswenner FW de Klerk en staan bekend as die FW de Klerk Nobel Vredesprys 1993 Rekonsiliasie-altviool. (more…)
In Kultuur, Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, September 23rd, 2010
MET slegs een week oor voor die afskop van die tweede Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn sal diegene wat nog nie kaartjies gekoop het nie, vinnig moet spring om kaartjies vir dié fees in die hande te kry.
Met ‘n aantal top nasionale en internasionale klassieke musici wat binnekort Oudtshoorn gaan inval, is daar groot opgewondenheid oor die fees. ‘n Hele paar konserte is byna uitverkoop en kaartjies vir musiekuitvoerings trek reeds by 80% van 2009 se totale verkope. (more…)
In Kultuur gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, September 2nd, 2010
Deur Liesel le Roux
KAARTJIES vir vanjaar se tweede Klein Karoo Klassique verkoop reeds fluks met die twee optredes van die Kaapse Filharmoniese Orkes as van die voorste verkopers.
Die Kaapse Filharmoniese Orkes tree op Saterdag 2 Oktober in die Burgersentrum op en weer op Sondag 3 Oktober in die Rooms-Katolieke Kerk in Baron van Reedestraat saam met die St George’s Singers van Kaapstad en die Klein Karoo Feeskoor wat spesiaal vir die fees saamgestel is. (more…)
In Kultuur gepos | Kommentaar (1) »
Thursday, September 2nd, 2010
CHRIS CHAMELEON, Amanda Strydom en Sterling EQ!
Dit is die drie topmusiekproduksies wat in die volgende ses maande by Jamstreet enkele kilometer buite Oudtshoorn op die Rooiheuwelpad aangebied word. (more…)
In Kultuur gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, August 26th, 2010
 GOUE SEUNS! Tien seuns van Huis Triomf op Oudtshoorn het verlede week skitterend presteer toe hulle in die afdeling vir kleingroepvoordrag by die George Eisteddford 'n goue toekenning gekry het. Hulle het die gedig Die Slamaaierwinkel deur C Louis Leipoldt voorgedra. Karos en Kambro, 'n instelling wat die kreatiewe ontwikkeling van die jeug steun, het die groep vir die Eisteddford ingeskryf met me Elsabé Dempsey wat die groep afgerig het. William Phillipus en Frans Lucas het die kitaarmusiek en byklanke behartig.
In Foto's, Kultuur gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, June 24th, 2010
 By die optrede van die Chinese pianis Chun Wang (20) verlede Dinsdagaand in Die Neelsie op Oudtshoorn was van links mes Esther Wilck, Hazel Jonker, Nancy Theodore, Brenda van der Walt en mnre John Theodore en Brett Pyper. Chun Wang se uitvoering was die eerste op ’n eie klavier wat die Oudtshoorn Musiekvereniging met die hulp van bydraes van lede in samewerking met die Absa KKNK aangekoop het.
In Kultuur, Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, November 19th, 2009
 Die briljante Suid-Afrikaanse pianis Ben Schoeman (26) het oud en jonk Donderdagaand meegevoer met sy optrede in die NG Kerk Park op Oudtshoorn. Hier is Schoeman, wat tans ’n konserttoer deur Suid-Afrika onderneem, ná afloop van die konsert by kinders wat dit bygewoon het. Schoeman, wat sy doktorsgraad in musiek aan die Guildhall School of Music and Drama in Londen doen, was die eerste Suid-Afrikaner wat die Unisa Internasionale Klavierkompetisie gewen het. Sy optrede was die laaste konsert van die Oudtshoorn Musiekvereniging vir 2009. Daar was sowat 300 mense.
In Kultuur, Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, August 20th, 2009
 Die briljante soliste Given Nkosi (tenoor) en Pretty Yende (sopraan) Saterdagaand in die Oudtshoorn Burgersentrum saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes. Die dirigent was Theodore Kuchar.
In Foto's, Kultuur gepos | Kommentaar (0) »
Sunday, June 21st, 2009
 LEKKER IN DIE KLEIN KAROO! Die bekende sanger Lukas Maree die afgelope week by van die Buffelsdrift Game Lodge net buite Oudtshoorn se vriendelike olifante. Lukas het Woensdagaand voor ’n volgepakte saal in Buffelsdrift opgetree. Hy het ook ’n aantal liedjies saam met sy dogter Monica gesing. Stef Kruger, sanger en liedjieskrywer van Oudtshoorn, het in die voorprogram opgetree en hy en Oudtshoorniet Poem Mooney het die gehoor ook vergas op toonsettings en ’n voorlesing uit Mooney se nuwe digbundel. Onder die baie bekendes in die gehoor was ook die sanger Jakkie Louw.
Tags: Buffelsdrift, Lukas Maree In Foto's, Kultuur gepos | Kommentaar (0) »
|
|