Argief vir die ‘Nuus’ Kategorie
Thursday, February 2nd, 2012
Deur Garnett Wicomb
TWEE tienermeisies van onderskeidelik 15 en 18, wat met ‘n tas vol dagga betrap is, is Vrydagaand op De Rust deur die Polisie in hegtenis geneem. Volgens kapt Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het lede van die polisie se blitspatrollie en die uniformtak van De Rust ‘n passasiersbus in Schoemanstraat deurgesoek. Die bus was op pad na George toe dit voorgekeer is. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 2nd, 2012
Deur Schalk le Roux
DIE Oudtshoorn Burgerlike Beweging (OBB) is uniek omdat dit werklik die beweging se erns is om soveel moontlik inwoners van die Groter Oudtshoorn, ongeag ras of kleur, te betrek om sy oogmerke van versoening, geregtigheid en stabiliteit te bereik.
Só sê mnr Pietie Mooney, woordvoerder vir die OBB. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 2nd, 2012
Deur Garnett Wicomb
“DIE ANC gaan nie oorleef as hy die uitdagings wat gemeenskappe in die gesig staar, ignoreer nie. Ons kan nie op die verlede roem nie en die regering doen te min om armoede te verlig.”
So het adj-pres Kgalema Motlanthe Saterdagmiddag op die Bridgton Sportgronde aan die honderde ondersteuners van die ANC gesê wat van regoor die Wes-Kaap gekom het om die ANC se 100 jaar-vieringe by te woon. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (1) »
Thursday, February 2nd, 2012
Deur Garnett Wicomb
MNR Danie van Wyk (58), boorling van Oudtshoorn, is die nuwe uitvoerende hoof van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA).
Hy volg mnr Christo van der Rheede op wat aangestel is as nuwe hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI). (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 2nd, 2012
Deur Carina Fourie
OP ‘n Donderdagoggend op die plein langs die NG Moederkerk in Kerkstraat sit ‘n paar groepe mense in afwagting naby ‘n groot skeepshouer wat einde November daarheen gebring is. Donderdae is die organisasie My Father’s Home se sopkombuisdag.
Swaarkry is duidelik op die mense se gesigte te sien. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 2nd, 2012
Deur Carina Fourie
KANSA se Relay for Life (RFL) 2012 is weer amper hier!
Saterdagaand gaan die De Jager Sportstadion op Oudtshoorn wemel van energieke jong- en ouer mense wat hierdie wonderlike saak ondersteun. Paul Amas, ‘n bekende in musiekkringe en inwoner van Oudtshoorn, gaan vanjaar as seremoniemeester by RFL optree. Hy is baie opgewonde oor dié vooruitsig. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 2nd, 2012
EENHONDERD EN DERTIG inskrywings is ontvang vir die Swartberg Tienertoneelkompetisie waarvan die wenner tydens vanjaar se Absa KKNK aangewys gaan word.
Die kompetisie het Dinsdag gesluit en die kinders wat ingeskryf het, sal almal volgende week die geleentheid kry om ‘n oudisie te doen. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 2nd, 2012
Deur Carina Fourie
AS ‘n jong opkomende kunstenaar besluit om onbepaald op Oudtshoorn te kom woon is daar beslis iets aan die broei.
Lia Smit, wenner van die Huisgenoot/Tempo se liedjieskryfkompetisie, het onlangs besluit om Oudtshoorn haar tuiste te maak. Sy en mnr Sebastian Burger van die Surval Boutique Olive Estate gaan voortaan die beskermhere van die Handevatfonds, ‘n nie-winsgewende liefdadigheidsorganisasie, wees. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 2nd, 2012
DE KRANS WYNE in Calitzdorp is pas aangewys as die amptelike wynverskaffer by vanjaar se Absa KKNK. De Krans se wyne sal eksklusief beskikbaar wees by al die feeskroeë, onder meer by die Huisgenoot Dagverhoog, die Top 40-verhoog, die Huisgenoot Aandverhoog en in Club Al Capone.
Volgens die wynmaker-broers Boets en Stroebel Nel is hulle baie opgewonde daaroor dat ‘n wynkelder uit die Klein Karoo vanjaar die skinkregte verkry het. Hulle is vol vertroue dat besoekers aan die fees vanjaar De Krans se reeks wyne sal geniet en so opnuut die goeie gehalte van die Klein Karoo se wyne sal ervaar. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 2nd, 2012
DIE polisie op Oudtshoorn ondersoek ‘n klag van huisbraak nadat daar by die koöperasie se saadafdeling ingebreek en sewe skootrekenaars, twee Sony- en vyf Lenovo-rekenaars, gesteel is.
Die inbraak het volgens kapt Louis Visser, polisiewoordvoeder, vermoedelik oor die naweek plaasgevind nadat by ‘n stoor ingebreek en toegang tot die kantore verkry is. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 2nd, 2012
DIE gedrag van ‘n groep besoekers wat die naweek die provinsiale 100 jaar-vieringe van die ANC op Oudtshoorn bygewoon het, het groot ontsteltenis by die personeel van ‘n vooraanstaande gastehuis op die dorp veroorsaak.
Die groep besoekers wat Vrydagaand ‘n aantal kamers by Hlangana Lodge in Baron van Reedestraat gehuur het, het die gastehuis en tuin volgens die bestuurder, mnr Bert Verlinde, in chaos agtergelaat. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 2nd, 2012
THE first 29 Chinese students, sponsored by Beijing Capital Airlines, are already busy with their private pilot’s licenses in Oudtshoorn. This is a necessary step before beginning the commercial pilot’s license stages of their 14-month course.
The students are trained at the AVIC-International Flight Training Academy (AIFA) that operates from the Oudtshoorn Airport. The flight academy has been formed to meet the needs of the growing Chinese airline industry. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 2nd, 2012
Deur Carina Fourie
Die Hoorn het vandeesweek klagtes van inwoners ontvang dat twee bestuurskole op die dorp deesdae oop persele of stukke grond in woonbuurte gebruik waarvandaan hulle die bestuurskole bedryf.
Volgens ‘n inwoner wat naby ‘n parkie in Buitekantstraat in Wesbank woon, het hulle Maandag-oggend, 23 Januarie, op pad werk toe gesien dat mense hul kampstoele en tafeltjies in die parkie opslaan, terwyl die voertuie van die twee skole waarmee die leerlingbestuurders lesse ontvang, later opgedaag het. Volgens die inwoner is daar geen ablusiegeriewe in of naby die parkie nie, maar het persone wat vir lesse opgedaag het, hulle sommer in die oopte verlig. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 2nd, 2012
Two senior managers were welcomed at the Oudtshoorn Municipality by the executive mayor, Mr Gordon April, yesterday (1 Feb). They are Mr Deon Lott, the new chief financial officer, and Ms Zukiswa Ntile, the director for technical services. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 2nd, 2012
Deur Garnett Wicomb
HY gaan voorlopig aan met sy herwinningsbesigheid, maar indien die versekering nie uitbetaal nie, sal hy moet toemaak, het mnr Nic van Beeck, eienaar van Retain, Recycle, Re-use CC, vandeesweek gesê.
Die herwinningsaanleg in Oostelike Weg, Oudtshoorn, is op Woensdag, 18 Januarie, in ‘n verwoestende brand tot ‘n groot mate in puin gelê. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Monday, January 30th, 2012
Oudtshoorniete word versoek om asb dringend alle lugreëlaars en waar moontlik ook ander implemente wat elektrisiteit gebruik af te skakel. Met die aanskakeling van die dorp se krag gisteraand (Sondag) – nadat Eskom die hele dag aan die kraglyne gewerk het – het ‘n ontploffing in die kragnetwerk plaasgevind wat die hele dorp se kragverbruik tans bedreig. Die dorp moet ten minste 35% van sy kragverbruik vir die res van die dag spaar sodat dringende herstelwerk gedoen kan word. Indien dit nie gebeur nie, kan die dorp dae lank met ‘n ernstige kragprobleem sit. Versprei asb die boodskap!
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, January 26th, 2012
Deur Liesel le Roux
OUDTSHOORN se uitvoerende burgemeester, mnr Gordon April, is die afgelope week uit verskeie oorde fel gekritiseer. Die plaaslike DA het onder meer ook sy bedanking geëis.
Die Oudtshoorn Burgerlike Beweging (OBB) het dié week April se versuim om te reageer op ’n memorandum wat aan hom oorhandig is na ’n optog in November verlede jaar bestempel “as ’n minagting van die beweging se gematigde en ordelike pogings om versoening, geregtigheid en stabiliteit in die Groter Oudtshoorn te bewerkstellig”. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, January 26th, 2012
Deur Liesel le Roux
’N NUWE tradisie is Sondagaand op Oudtshoorn begin toe die Chinese Nuwejaar ook hier gevier is – kompleet met Chinese lanterns, Chinese kos en ander versierings.
Vieringe om die Jaar van die Draak ook hier te verwelkom is deur die Aviv International Flight Training Academy (Aifa) op Oudtshoorn aangebied vir die groep Chinese leerlingloodse wat hul opleiding op Oudtshoorn ontvang. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, January 26th, 2012
Die 20 finaliste wat deurdring na die eerste ronde van die Swartberg Tienertoneelkompetisie, sal die geleentheid kry om tydens die Absa KKNK ’n dramawerksessie by te woon wat deur twee van 7de Laan se bekendste akteurs aangebied gaan word. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, January 26th, 2012
DAAR is nog net ’n week oor voor vanjaar se Relay for Life (RFL), ’n jaarlikse instelling op Oudtshoorn en ’n belangrike datum in baie mense se dagboek. Vanjaar se RFL waarmee weer eens vir Kansa geld ingesamel gaan word, vind vanaf Saterdag 4 Februarie tot Sondag 5 Februarie by die De Jager Sportstadion op die dorp plaas. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
|
|