Argief vir die ‘Nuus’ Kategorie
Thursday, April 26th, 2012
Deur Liesel le Roux
GESPREKKE wat drie burgerlike organisasies van Oudtshoorn asook die Oudtshoorn Besigheidskamer Saterdag met twee provinsiale ministers gevoer het, was volgens terugvoer van al die betrokkenes positief.
Die burgerlike organisasies was die Oudtshoorn Burgerlike Beweging (OBB), die Oudtshoorn Belastingbetalersvereniging (OBV) en AfriForum se Oudtshoorntak. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (1) »
Thursday, April 26th, 2012
DAAR is nog plek beskikbaar vir inwoners wat op Saterdag, 5 Mei, aan die Oudtshoorn Wijnhuis en Die Hoorn se potjiekoskompetisie wil deelneem.
Verskeie geesdriftige inwoners het reeds ingeskryf vir die kompetisie waarin verskeie lekker pryse te wen gaan wees. Van die deelnemers is gesoute potjiekosmakers, terwyl ander sê hulle gaan net deelneem omdat dit na ’n lekker en gesellige kuierdag klink. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, April 26th, 2012
DIE vyf mans van Oudtshoorn wat aangehou word vir die moord op die 44-jarige mnr Boesak Ewert, het verlede week weer vlugtig in die Oudtshoorn landdroshof verskyn.
Mnre George Rossouw (39), Jacobus Ruiters (36), Rubin Daniels (46), Zayne Coerecius (29) en Trever Booysen (47) is in hegtenis geneem nadat Ewert die aand van 6 September 2011, in die rug geskiet is. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, April 26th, 2012
DIE lyk van me Cynthia Swartbooi (31) is Maandagoggend (23 April) op die plaas Waterval in Matjiesrivieromgewing gevind.
Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van Oudtshoorn Polisie, het mnre Hendrik Festus en Jakob Swartbooi die Polisie geskakel nadat hulle op die lyk in die veld afgekom het. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, April 26th, 2012
BOPLAAS FAMILIE WINGERDE op Calitzdorp het uitstekend gevaar by vanjaar se SA Top 100 Wyne-kompetisie met twee van die kelder se porte wat hiervoor gekies is.
Dit is die Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2009 en die Boplaas Cape Tawny Reserve 1997 Port wat albei al verskeie ander toekennings ontvang het. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, April 26th, 2012
Deur Liesel le Roux
WETGEWING wat reklameborde langs hoofroetes verbied, behoort vanaf September vanjaar geldig te wees.
So skryf die Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke, mnr Robin Carlisle, verlede week in ’n brief aan ’n sakeman van Oudtshoorn, mnr Nic Barrow. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, April 26th, 2012
AMPTENARE van die Eden Distriksmunisipaliteit met raadselfone kon Woensdagmiddag weer hul selfone gebruik nadat dié distriksmunisipaliteit se selfoondiens op die vooraand van die langnaweek tydelik opgeskort is.
Volgens mnr Godfrey Louw, munisipale bestuurder van Eden, het ’n verandering van selfoonverskaffer veroorsaak dat die nuwe verskaffer, Vodacom, die maand nie betyds betaal is nie.
Vodacom vereis betaling op 15 April, terwyl Eden al hul krediteure maandeliks op die 25ste betaal. Vandeesmaand se rekening van Vodacom was die eerste wat betaal moes word sedert hulle na ’n tenderproses as die nuwe selfoondiensverskaffer van Eden aangestel is. MTN was voorheen die diensverskaffer.
“Die betrokke rekening ter sprake word vandag, 25 April 2012, betaal en sal in die toekoms betyds op aanvraag betaal word,” het Louw Woensdag op navraag gesê.
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Friday, April 20th, 2012
 Me Pauline Jackson, hoof van Lategansvlei Primêre Skool, saam met (van links) mnre Koos Alberts, Dario Urbunski, Klaus Neugebauer en Riaan Venter.
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Friday, April 20th, 2012
Deur Liezl van Niekerk
Lategansvlei Primêr in die Oudtshoorn-distrik het vandeesweek sonpanele asook ’n nuwe sokkerveld gekry danksy ’n groep Duitsers wat die skool ’n tyd gelede besoek het.
Me Paulina Jackson, hoof van Lategansvlei Primêr, het dit as ’n geskiedkundige dag by die skool beskryf.
“Dit is vir ons ’n groot gebeurtenis. Dit is wonderlik dat mense wat nie eens hier bly nie soveel belangstelling toon en help om van ons skool ’n beter skool te maak. Ons kinders se opvoeding is vir ons belangrik,” het Jackson gesê.
Die sonkragenergieprojek het drie jaar gelede begin. Mnr Dario Urbunski het ’n plaas met ’n gastehuis wat gereeld deur Duitsers besoek word. Hy het die gaste na die skooltjie geneem en mnr Klaus Neugebauer, ook een van Urbunski se gaste, het besluit om die sonpanele by die skool op te rig. Neugebauer het met die Karina Witt-organisasie in Duitsland vir die befondsing van die projek gereël.
Omnisolar het die sonkragpanele geïnstalleer. Mnr Riaan Venter van Omnisolar sê die sonpanele wat gebruik is, het lang leeftyd. “Met Oudshoorn se son sal hierdie panele gemiddeld 30 kW sonkrag per dag lewer,” het hy gesê.
Jackson sê dat hulle beoog om ouers en kinders op te lei om te help met die instandhouding van die sonkragpanele. “So help ons met werkskepping en kweek ons nuwe belangstellings by die kinders,” sê Jackson.
Elke kind by die skool het Duitse voogouers. Die ouers help om die kinders se skoolfonds en klere en ander benodigehede te betaal.
In Nuus gepos | Kommentaar (1) »
Thursday, April 19th, 2012
VERFILMING van die Afrikaanse film Klein Karoo, wat hoofsaaklik by die Swartberge net buite Oudtshoorn geskiet word, het dié week afgeskop.
Klein Karoo is ‘n romantiese komedie met van die bekendste name in die Suid-Afrikaanse TV- en filmbedryf voor die kameras.
Die film handel oor ‘n jong hoërskoolonderwyseres met ‘n liefde vir die kinders van Kalfieskraal, ‘n skooltjie in die Kangovallei buite Oudtshoorn. Alhoewel die die storie fiktief is, wys dit die realiteit van die lewensomstandighede van kinders in die vallei. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (1) »
Thursday, April 19th, 2012
Deur Garnett Wicomb
WAKKER personeellede van ‘n klerewinkel in Hoogstraat het Maandag gesorg dat ‘n vrou, vermoedelik lid van ‘n sindikaat wat klerasie by winkels steel, vasgetrek word.
Volgens me Loret Ryneveld, bestuurder van Choice Clothing, het hulle onraad vermoed en drie vroue wat in die winkel rondgestaan het, dopgehou. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, April 19th, 2012
Deur Liesel le Roux
DIE burgerregteorganisasie AfriForum oorweeg dit om ‘n klag van nalatigheid en swak bestuur by die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) in te dien oor die probleem met onaangename reuke wat al jare lank op Oudtshoorn sloer.
AfriForum het verlede week ‘n brief aan die munisipale bestuurder van die Groter Oudtshoorn, mnr Thandekile Mnyimba, gerig waarin hulle die munisipaliteit versoek om aandag te skenk aan die ondraaglike reuke op die dorp. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (2) »
Thursday, April 19th, 2012
Wynand du Toit, restaurantbestuurder en wynkelner van Su Casa Restaurant by Surval buite Oudtshoorn, het met sy wynkennis ander wynkelners van die Suid-Kaap gewys waar Dawid die wortels begrawe het.
Hy het ‘n wynkompetisie van die Chaîne des Rôtisseurs se Suid-Kaap/-Tuinroetestreek, gewen. Die standaarde van die kompetisie is baie hoog en wynkelners vanoor die hele streek kon inskryf. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, April 19th, 2012
Deur Liezl van Niekerk
DRIE jaar gelede het Erika Fortuin (53), beter bekend as Sissy, haar eerste CD gemaak. Nou is sy op pad Engeland toe om haar sangtalent ook daar te gaan deel.
Fortuin, gebore en grootgeword op Oudtshoorn, se lewe het verander toe sy dr Barry McGurk drie jaar gelede ontmoet het. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (3) »
Thursday, April 19th, 2012
DIE kampioenpotjiekosmakers van die Klein Karoo kry op Saterdag, 5 Mei, die kans om nie net hul slag te wys nie, maar ook ‘n lekker prys te wen in die Oudtshoorn Wijnhuis en Die Hoorn se potjiekoskompetisie.
Die kompetisie vind die Saterdag vanaf 14:00 by die Oudtshoorn Wijnhuis in Van der Rietstraat, Oudtshoorn, plaas.
Die kompetisie sal stiptelik om 14:00 begin met beoordeling van die rou produkte. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, April 19th, 2012
Deur Garnett Wicomb
DIE Oudtshoorn polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat ‘n ambulans Maandagaand ‘n man op die Calitzdorp-pad doodgery het.
Volgens kapt Louis Visser, polisiewoordvoerder, het die oorledene, mnr Apools Kiewiets, op die toneel gesterf. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, April 19th, 2012
INWONERS wat hul dramatalent wil laat slyp by Dreams2Reality se slypskool op Oudtshoorn sal dit vanaf Mei vanjaar kan doen. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, April 19th, 2012
GROOT feestelikheid en twee familiereünies is die komende langnaweek op die spyskaart vir Calitzdorp om die NG Kerkgebou daar se 100ste verjaarsdag te vier.
En dit lyk of dit net so ‘n besige naweek gaan wees as die een 100 jaar gelede toe die kerkgebou in gebruik geneem is. Volgens Malan Roux se boek Piet Strydom – Die wêreld en nalatenskap van ‘n Calitzdorpse bouer wat pas verskyn het, het mense uit Oudtshoorn, Ladismith, Riversdal en Laingsburg die geleentheid 100 jaar gelede bygewoon en “wy hebben nimmer tevoren de Gamka Stad zoo bedrywig gezien!” (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, April 19th, 2012
Deur Garnett Wicomb
KABELDIEFSTAL is besig om ‘n baie groot probleem te word, sê kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie.
“Die groot kopseer is dat kabels moeilik identifiseerbaar is wanneer die omhulsel verwyder word. Al word die kabels gevind, word daar selde iemand aangekla of skuldig bevind aangesien die eienaars nie die kabels kan uitken nie.” (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, April 19th, 2012
Deur Garnett Wicomb
MAATSKAPLIKE toelaes is besig om Suid-Afrika dood te wurg. Die staat se skuldvlakke styg met rasse skrede.
So het mnr Johan Jubelius van die Bo-Kamanassie Landbouvereniging onlangs in ‘n voorlegging tydens ‘n streekkongres van Agri Wes-Kaap by die Oudtshoorn Proefplaas gesê.
Volgens Jubelius ontvang net minder as 15 miljoen van Suid-Afrika se bevolking van 50 miljoen tans maatskaplike toelaes. (more…)
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
|
|