info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089

Argief vir die ‘Redakteursbrief’ Kategorie


REDAKTEURSBRIEF

Thursday, May 17th, 2012

Vinnige optrede nodig
DIE HOORN het die week baie terugvoer van lesers ontvang oor die vliegskool op Oudtshoorn. Dit blyk ook uit briewe en sms’e wat die week verskyn en kommentaar op ons webblad (www.diehoorn.co.za). Interessant genoeg het die oorgrote meerderheid lesers hul ten gunste van die behoud van die vliegskool uitgespreek. (more…)

Redakteursbrief
Bou saam aan ekonomie

Thursday, May 10th, 2012

VOLGENS statistiek van die Departement van Waterwese en die konsultasiemaatskappy Global Insights wat aan die Oudtshoorn Munisipaliteit verskaf is, is die inwonerstal van die Groter Oudtshoorn 114582. Van dié getal mense is 55718 manlik en 58564 vroulik. Die totale aantal bruinmense is 85789, witmense 17549 en swartmense 11126.

In 2001 was die inwonerstal 99064 waarvan 74856 bruin, 16642 wit en 7472 swart was. Oor die afgelope 11 jaar het die inwonerstal dus met sowat 15000 toegeneem.

Hoe sorg ’n ekonomie soos dié van die Groter Oudtshoorn vir 114582 mense? Beslis slegs deur een wat gekenmerk word deur nuwe inisiatiewe, werkskepping en sterk aanmoediging en steun van die munisipaliteit. (more…)

Redakteursbrief
Staan saam teen jaery!

Thursday, April 26th, 2012

’n Foto van die motorwrak, ná ’n jaagtog Donderdagmiddag in Colridge View, Oudtshoorn skeefgeloop het, het die afgelope week heelwat reaksie op Die Hoorn se Facebook-bladsy uitgelok.

Laat daar geen twyfel wees nie: ’n Gejaag binne ’n stad of dorp is onwettig, onverantwoordelik en onverskoonbaar. Mense wat jaag binne dorpsgrense stel ander – onskuldige voetgangers en ander motorryers – se lewens in gevaar. Dit is nie pret nie en hou boonop snags mense wakker wat na die lawaai van dié wetsoortreders moet luister. (more…)

REDAKTEURSBRIEF
‘Wingerd wat verbruin’

Thursday, April 19th, 2012

DIT is daardie tyd van die jaar – die son is net skielik soggens later op en smiddae vroeër onder, en die koue byt klaar vroegoggend en saans aan jou gesig en hande.

Met die herfs wat een van die mooiste en aangenaamste seisoene in die Klein Karoo is, hoop inwoners altyd dat die winter nie te vroeg gaan begin nie en dié tussenseisoen so lank as moontlik sal duur. (more…)

REDAKTEURSBRIEF
Komplimente en klagtes

Thursday, April 12th, 2012

Deur Liesel le Roux

KOMPLIMENTE en klagtes.

Dit is maar altyd die storie op Oudtshoorn in die weke na die jaarlikse Absa KKNK.

Vanjaar is geen uitsondering nie.

Daar is baie komplimente van feesgangers wat lekker gewoon en gekuier het by die fees, lekker geëet het, en beïndruk is met inwoners se gasvryheid. (more…)

REDAKTEURSBRIEF
Sensitiewe onderwerp

Wednesday, April 4th, 2012

Deur Schalk le Roux

Die onderwerp van homoseksualiteit is ‘n baie sensitiewe onderwerp. Die Hoorn wil nie kommentaar lewer oor die beoogde pienk fees op Oudtshoorn nie, maar voel tog die veroordelende uitsprake teen homoseksualiteit in ‘n brief van ‘n pastoor en dominees in verlede week se uitgawe van Die Hoorn verdien reaksie.

Daar bestaan vandag nog in ons samelewing baie vooroordele en onverdraagsaamheid teenoor homoseksuele mense en die uitsprake in die brief kan bydra tot verdere onverdraagsaamheid en vooroordele teen hulle. (more…)

Redakteursbrief
Briewe, berigte, emosies

Thursday, March 22nd, 2012

DIE jarelange redakteur van ‘n groot Wes-Kaapse gemeenskapskoerant het op ‘n dag vertel van ‘n man wat die traliehek by die ingang van die betrokke koerant probeer afbreek het – uit woede oor ‘n berig wat in daardie week se koerant verskyn het.

Dit is ‘n meer ekstreme voorbeeld van die emosies wat soms deur ‘n koerantberig of brief ontketen word. (more…)

Besiges en boeresports

Thursday, February 23rd, 2012

Deur Liesel le Roux

DIE volgende bekende woorde word aan die befaamde Hollywood-aktrise Lucille Ball toegeskryf: “If you want something done, ask a busy person to do it. The more things you do, the more you can do.”

En hoe waar is dié woorde nie. (more…)

Wees versigtig vir stories

Thursday, February 16th, 2012

TWEE rolspelers in ‘n storie wat al jare op Oudtshoorn as die waarheid oorvertel word, het albei vandeesweek teenoor Die Hoorn aangedui dat die storie nie waar is nie.

Mnr Daniël Oosthuizen het aan Die Hoorn bevestig dat die storie dat hy en sy tweelingbroer mnr Hennie Jacobs, ‘n prokureur van die dorp, “gevang” en toegesluit het, nie waar is nie en bloot ‘n wolhaarstorie is. (more…)

Redakteursbrief – Nou teen die afdraand…

Thursday, December 8th, 2011

Deur Liesel le Roux

DIE jaar loop nou vinnig afdraand. Nog net meer as drie kort weke, dan is 2011 iets van die verlede…

Hierdie uitgawe van Die Hoorn is die tweede laaste uitgawe vanjaar. 2011 se laaste uitgawe van Die Hoorn sal reeds volgende Woensdag (14 Desember) op straat wees.

Die Hoorn verskyn daarna weer op Donderdag 12 Januarie 2012. (more…)

Daar ís groot kommer – Redakteursbrief

Thursday, December 1st, 2011

Deur Liesel le Roux

DAAR is die afgelope week baie (en op uiteenlopende forums) gepraat en geskryf oor die wyse waarop Oudtshoorn regeer word asook oor die manier waarop inwoners wat bekommerd is oor die dorp, dit verwoord.

Eerstens: Die Oudtshoorn Burgerlike Beweging (OBB) en die burgemeester en munisipale bestuurder het vergader oor die memorandum wat twee weke gelede tydens ‘n optog op die dorp aan die burgemeester oorhandig is. Die weg is daar gebaan vir gesprekvoering oor kwessies wat pla. (more…)

Redakteursbrief – Hier is ware opvoeders

Thursday, November 24th, 2011

Deur Liesel le Roux

PRINCIPIA KOLLEGE sluit vandeesweek sy deure finaal op Oudtshoorn wanneer die skool se laaste matrieks hul laaste vak Vrydag skryf.

Die skool se graad 8- tot graad 11-klasse het reeds einde Junie as gevolg van finansiële druk gesluit, maar die matriekonderwysers het eenparig besluit om teen ’n minimale salaris voort te gaan om die matrieks tot die einde van hul skoolloopbaan te onderrig. So het hulle gehelp dat dié leerders se laaste skooljaar nie ernstig ontwrig word nie. (more…)

Redakteursbrief

Thursday, November 17th, 2011

Deur Liesel le Roux

Versoening ’n 1ste stap

Dit was nogal aangrypend om Dinsdagmiddag die lang kronkelende  ry inwoners te sien wat van die De Jager Stadion aanstap na die inwoners wat van Bridgton se kant af reeds voor die munisipale gebou gewag het. Net so aangrypend was die spontane gejuig wat opgeklink het toe die stappers by die reeds wagtendes aangesluit het.
(more…)

Redakteursbrief – Ter wille van versoening

Thursday, November 3rd, 2011

Deur Liesel le Roux

Duisende inwoners van die Groter Oudtshoorn wat in twee optogte uit verskillende rigtings voor die Oudtshoorn munisipale gebou as deel van ’n versoeningsgebaar by mekaar aansluit, kan Dinsdag 15 November ’n historiese dag op Oudtshoorn maak. (more…)

Redakteursbrief – Agting vir dié mense

Thursday, October 27th, 2011

DAAR kan geen twyfel meer wees dat Oudtshoorn se munisipale raad nie die mas kan of wil opkom nie, inteendeel, dat die dorp ernstig wanbestuur word tot nadeel van al sy inwoners.

Aantygings van onder meer korrupsie, oneerlikheid, selfverryking, nepotisme en verkwisting is aan die orde van die dag. Die Hoorn wil hom nie oor die meriete van al die aantygings uitlaat nie, maar wantroue in en verset teen ons dorp se bestuur is wydverspreid en neem na wat ons verneem onder die breë gemeenskap toe. (more…)

Laat ons kommunikeer

Thursday, October 20th, 2011

Deur Liesel le Roux

Daar is baie mense wie se eerste reaksie oor die voorval by die Hoërskool Oudtshoorn die afgelope week was om te veroordeel.

Dit is jammer en dit is verkeerd. (more…)

Laaste skof breek aan

Thursday, October 13th, 2011

Deur Liesel le Roux

Wanneer die laaste skoolkwartaal van die jaar afskop, soos Maandag die geval was, kan ‘n mens maar weet: Die jaar lê amper op sy rug!

En nou sug ons almal weer (soos elke jaar) oor hoe die tyd verbyvlieg.

Van die hoërskole – Langenhoven Gimnasium en die Hoërskool Oudtshoorn – se prysuitdelings is reeds vanaand. (more…)

Tyd is hier om te doen

Thursday, October 6th, 2011

Deur Schalk le Roux

WAT Oudtshoorn nou nodig het, is ware leierskap wat versoening op die dorp en die belange van die totale gemeenskap, ongeag ras of kleur, as hoogste prioriteit stel – leierskap wat gegrond is op respek en integriteit.

Daar kan geruime tyd al geen twyfel meer bestaan nie dat die situasie in die munisipale raad en gevolglik ook by die munisipaliteit, om die minste te sê, onverkwiklik en ondraaglik is, en in ‘n groot mate veroorsaak word deur wantroue en eiebelang.

In hierdie stadium moet die prioriteit van so ‘n leierskap nie wees om die sondaars wat vir die huidige situasie verantwoordelik is te soek nie, maar te fokus op versoening en stabiliteit. (Dit is in elk geval enigeen wat enige bewyse het van ‘n misdaad soos korrupsie se burgerlike en wetlike plig om ‘n klag daaroor by die betrokke wetstoepassingsowerhede in te dien.) (more…)

Nee vir sulke woorde!

Thursday, September 29th, 2011

DIE beweerde opmerking van die ANC-raadslid mnr Jurie Harmse verlede Woensdag in ‘n gang in die munisipale gebou op Oudtshoorn, kan met niks anders as diepe teleurstelling deur inwoners van ons dorp begroet word nie.

Dit wil voorkom of Harmse regtig ‘n wag voor sy mond nodig het.

Die beweerde opmerking pas nie by ‘n raadslid nie. (more…)

Die dag van die digters

Thursday, September 22nd, 2011

Verlede Donderdag (15 September) druk ek my kamera se knoppie vir twee van ons land se bekroonde digters – die een ‘n veteraan en een van Afrikaans se heel grootstes, die ander ‘n jong opkomende Engelse digteres wat almal aan die praat het.

Nie net kiek ek hulle op dieselfde dag nie, maar is hulle albei die week op Oudtshoorn as gevolg van hul bande met twee van ons dorp se vroulike dokters.

Ek verwys na TT Cloete – dubbele Hertzogpryswenner, veelbekroonde en deurwinterde digter en akademikus wat Oudtshoorn ‘n week lank as ‘n vriend van dr Helmi Pretorius en haar gesin besoek het. En ek verwys na Isobel Dixon, suster van dr Janet Dixon, wie se splinternuwe digbundel, The Tempest Prognosticator, die aand by die kunsgalery ArtKaroo op die dorp bekend gestel is.

My afspraak met Cloete die middag by Arbeidsgenot was om verskeie redes vir my ‘n besonderse ervaring. Ek het hom dekades gelede leer ken toe ek ‘n student was in Afrikaans-Nederlands en in Algemene Taal- en Literatuurwetenskap aan die Universiteit van Potchefstroom. En soos alle studente in sy klas het ek aan dié man met die vlymskerp intellek se lippe gehang. Hy het inderdaad my denke vlerke gegee. Maar ek het hom ook as mens bewonder – onder meer om sy nederigheid en die respek waarmee hy almal behandel het.

Ek het egter ook besef dat die foto’s van Cloete by Arbeidsgenot werklik van historiese waarde is – seker die grootste lewende digter in Afrikaans by die huis van ons groot volksdigter.

Cloete, wat as tiener polio gehad het, beweeg baie moeilik, maar het desnieteenstaande met die grootste geduld op verskeie plekke buite die huis en in die tuin vir die kamera geposeer.

En tussendeur was dit of die jare nie vir hom verbygegaan het nie – ten spyte van sy gebroke liggaam was sy geesdrif vir die lewe steeds daar en sy lewenslus inspirerend vir almal om hom – of hy nou gesels het oor die Klein Karoo se blommekleed of die argeologiese geskiedenis van dié deel van die land.

Weet verseker, die kamera se knoppie vir vandeesweek se een voorbladfoto is met baie liefde en respek en eerbied gedruk.

God die digter
daar is meer poësie in die sneeuvlokkie
as in die letterkunde en baie meer poësie
in die miskruier in die toktokkie
in die meteorologie en entomologie
in die moremis en in die bergpiek
die horison wat in die hemel wegraak
in die rooswolk is daar baie meer liriek
die aarde is deur ‘n digter gemaak

(TT Cloete – 1989)

Copyright ©   ::  DIE HOORN  •  Site by:  WebWorX