Deur Hannes Conradie
Die verhouding het sy oorsprong gehad by die ouer broer, Johnson Kommando. Hy het by my huis bouwerkies gedoen en ek het verlief geraak op die man se integriteit en goedige geaardheid. Dit was moeilik om sy ouderdom te bepaal want hy het self nie geweet nie, maar die verlies aan tande was ‘n indikasie van iets in die 70′s. Hy had net een tand oor.
Aangesien ons ‘n groot tuin gehad het in Middelburg, het ek hom gevra of hy nie voltyds by my wil werk as tuinier nie. “Nee,” sê hy, “ek is ‘n bouer, maar ek sal my jonger broertjie vir seur stuur.” (more…)



