Argief vir die ‘Skolenuus’ Kategorie
Thursday, January 26th, 2012
Deur Carina Fourie
DIE hoofmeisie van die Hoërskool Oudtshoorn, Anica Potgieter, het pas verneem dat sy een van 12 hoërskoolleerders vanoor die wêreld is, wat gekies is om op die Junior Adviserende Raad (JAB) van die IE?Universiteit van Spanje te dien.
Sy sal op 26 Maart na Madrid in Spanje vertrek waar sy van 27 tot 30 Maart verskeie lesings en werksessies sal bywoon. Volgens Anica sal die kollig tydens die drie dae hoofsaaklik op onderwys en die onderrig van universiteitstudente val. (more…)
In Skolenuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, January 19th, 2012
 Die hoofleiers van die Laerskool Van Reede is voor van links Gabby Brits (hoofmeisie) en Jean Jonker (hoofseun). Agter staan Dylan Rensburg (onderhoofseun) en Cameron Human (onderhoofmeisie).
In Foto's, Skolenuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, January 19th, 2012
 Die hoofleiers van die Laerskool Wesbank vir 2012 is voor van links Amanda Duvenage (onderhoofmeisie) en Niël Els (onderhoofseun). Agter staan Seppie Uys (hoofseun)en San-Mari Mulder (hoofmeisie).
In Foto's, Skolenuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, January 12th, 2012
Deur Carina Fourie, Liesel le Roux en Garnett Wicomb
SKITTERENDE uitslae, armsvol onderskeidings, ‘n toename in leerders met universiteitstoelating en ‘n baie beter slaagsyfer as die vorige jaar – dit is die rede waarom die vreugdevure die afgelope week hoog by talle skole in die Klein Karoo gebrand het.
Oudtshoorn se toppresteerders is Bernie Cronjé van Principia Kollege met ‘n fenomenale nege onderskeidings en ses ander leerders wat elk sewe onderskeidings gekry het – Melissa Sussens van Principia Kollege, Delphius Symington van Langenhoven Gimnasium en vier leerders van die Hoërskool Oudtshoorn, Lize Maree, Sandri Britz, Inge Johnson en Mariechen Coetzee. (more…)
In Skolenuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, January 12th, 2012
 Die Hoërskool Oudtshoorn se toppresteerders het gisteroggend spesiale medaljes by die skoolopening ontvang. Hulle is voor van links Inge Johnson, Mariechen Coetzee, Sandri Britz, Lize Maree, Petra Barry en Rosie de Bod. Agter staan Marelie Genis, Monet Nel, Zané Joubert, Christiaan Viviers, Maruschka Freeks en Suzanne Lategan.
In Skolenuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, January 12th, 2012
 Die toppresteerders van Langenhoven Gimnasium is van links Leigh-Ann Bawden, Bianca Marais, Annine Schultz, Anja Meyer, mnr Chris Swanepoel (skoolhoof), Lara Kleyn, Janneke Tomlinson, Christelle Shawe en Adri Botha. Agter van links staan Delphius Symington (Dux-leerder), Willem Freysen, Marnus Botha, Andreas Brooks, Jeandré van Tonder, Chanél Hayward en Jean Marais.
In Skolenuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, November 17th, 2011
DIE Hoërskool Oudtshoorn is pas aangewys as een van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) se wiskunde en wetenskapfokusskole, die enigste skool in die Oudtshoornomgewing.
Die Superintendent-Generaal van die WKOD, me Penny Vinjevold, het 48 uit die sowat 360 openbare hoërskole in die provinsie gekies as hooffokusskole vir haar wiskunde- en wetenskapstrategie vir 2012 tot 2019. (more…)
In Skolenuus gepos | Kommentaar (1) »
Thursday, November 10th, 2011
DIE Hoërskool Oudtshoorn se sewesspan het die naweek vriend en vyand verras met hul puik vertoning by die SA @lantic Seweskampioenskap vir skole wat Saterdag op Konka naby Rustenburg plaasgevind het.
Die Struisies wat die eerste keer aan die kampioenskap deelgeneem het, het as naaswenners uit die stryd getree deur in die eindstryd die knie te buig teen die verdedigende kampioen, Hoërskool Tygerberg. Hoewel die Struises kort ná half-tyd nog met 17-12 voorgeloop het, het Tygerberg die oorhand gekry en die wedstryd met 33-17 gewen. (more…)
In Foto's, Skolenuus gepos | Kommentaar (18) »
Thursday, November 10th, 2011
Deur Carina Fourie
DIE suksesvolle Marimba-orkes van Principia Kollege op Oudtshoorn, is terug! Dié orkes se voortbestaan was na die sluiting van Principia Kollege vroeër vanjaar in die weegskaal. Volgens me Chrisna du Preez, die inisieerder van die orkes en musiekonderwyser by Principia Kollege, het die lede van die orkes net eenvoudig self besluit dat die orkes moet voortgaan. (more…)
In Skolenuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, October 20th, 2011
 Die Hoërskool Oudtshoorn se nuwe hoofleiers vir 2012 by die skoolhoof, mnr Johan Claassen. Van links saam met mnr Claassen is John-Henry Schmitt (onderhoofseun), Chantélle Petersen (onderhoofmeisie), Anica Potgieter (hoofmeisie), Donrich van Schalkwyk (hoofseun), Marleán van Rooyen (voorsitter van die Matriekraad) en Paul Eilers (ondervoorsitter van die Matriekraad).
In Foto's, Skolenuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, October 20th, 2011
 Skoolleiers 2012 vir Langenhoven Gimnasium is voor: Wenzel Botha (hoofseun), Lora Huysamen (hoofmeisie). Agter: Louis Marais (onderhoofseun), Hané Fourie (onderhoofmeisie).
In Foto's, Skolenuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, September 22nd, 2011
Dysselsdorp Sekondêr het nou sy eie Mediaspan. Dit vorm deel van die iSchoolAfrica-projek wat deur die Departement van Landelike Ontwikkeling geborg word.
Die Jeugpersspanprojek van iSchoolAfrica het tydens die Fifa Wêreldbeker in 2010 afgeskop en slegs ‘n paar uitgesoekte skole in die land is daarby betrokke. (more…)
In Skolenuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, August 18th, 2011
Deur Carina Fourie
OP Saterdag 20 Augustus gaan krygers van anderkant die Outeniqua- en Langeberge, via die Robinsonpas, Oudtshoorn binneval.
En sou julle dalk wonder hoekom dan nou so, is die antwoord eintlik heel eenvoudig. Saterdag ontmoet die sportspanne van Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn hulle teenstaanders van die Hoërskool Punt in Mosselbaai vir hulle jaarlikse derby op die sportveld. Vanjaar speel hulle op Gimmies se velde in Oudtshoorn, en het die plaaslike span dus die tuisveldvoordeel. (more…)
In Skolenuus gepos | Kommentaar (1) »
Thursday, August 11th, 2011
Deur Carina Fourie
EERSKOMENDE naweek is die akademie eers vergete wanneer die jaarlikse derby tussen die Hoërskool Oudtshoorn en die Hoërskool Outeniqua op George plaasvind.
Die interskole-kragmeting tussen die Struisies van Oudtshoorn en die Kwaggas van Outeniqua beloof om weer soos vorige jare vol hoogtepunte en aanskoulike oomblikke op en van die veld te wees! (more…)
In Skolenuus, Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, July 28th, 2011
Deur Carina Fourie
TWEE plaaslike skole, die Hoërskool Oudtshoorn en Langenhoven Gimnasium, het die naweek op Oudtshoorn hul rugbystemme dik gemaak.
Die Struisies het die gedugte span van Hoërskool Punt in Mosselbaai, wat vanjaar al met die Kwaggas (die Hoërskool Outeniqua) afgereken het, in die doodsnikke van hul wipplank-wedstryd met 32-30 geklop. Punt het rustyd met 20-18 voorgeloop. (more…)
In Skolenuus, Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, July 21st, 2011
Deur Liesel le Roux
TERWYL Principia Kollege se matriekklas vandeesweek in ‘n nuwe gebou in St Johnstraat begin skoolgaan het, het hul skoolmaats hul skoolloopbane by ander skole in die Suid-Kaap voortgesit.
Die 25 matrieks en hul onderwysers sal tot na hul eindeksamen soos gewoonlik voortgaan. Die gesellig ingerigte huis waar hulle nou skoolgaan, staan reeds onder die leerders bekend as Principia House. (more…)
In Nuus, Skolenuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, July 14th, 2011
 Two drummie teams from Oudtshoorn, the team from Van Reede Primary and Oudtshoorn High School, excelled at the National Championships in Durban the past week. The Van Reede Drummies brought back the trophy for the second place overall in the premier league - a first ever for Oudtshoorn! The team, with Linda Marques as trainer, participated in the non prop, flag and small drill finals, after being first in all their semi-finals.
In Foto's, Skolenuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, July 14th, 2011
 The drummie team of Oudtshoorn High School, trained by Mr Johnny Bischoff, was in excellent form at the National Championships the past week in Durban. The team participated against top teams from all over South Africa and came second in the flag and small drill divisions in the premier league and third in the non-prop division. The team of Bridgton Senior Secondary also qualified for the National Championships and was also in action in Durban.
In Skolenuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, July 14th, 2011
Deur Carina Fourie
DIE Oudtshoorn-gebied se SAPD Vrouenetwerk het skole van die omgewing vanjaar betrek by die viering van Mandela-dag se 67 minute van aksie op 18 Julie deur hulle te vra om ‘n kort opstel van 67 woorde te skryf. .
Hulle kon ‘n fiktiewe onderhoud met Mandela voer of skryf oor die onderwerpe Hoe kan ek my gemeenskap ophef of My misdaadvoorkomingswenke. (more…)
In Skolenuus gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, May 26th, 2011
 Tydens ’n glansgeleentheid by Langenhoven Gimnasium op Woensdag 18 Mei is Mnr en Mej Gim 2011 aangewys. Voor sit Janneke Tomlinson (Mej Gim) en Thys Germishuys (Mnr Gim). Agter van links staan Jeanne Tomlinson (Mej Persoonlikheid), Rozelle Otto (2de prinses), Janneke Marais (1ste prinses), Marinel Wentzel (Mej Fotogenies), Gerhard Loots (Mnr Debutant), Willem Freysen (1ste prins), André Huyser (2de prins) en Grey Stopforth (Mnr Persoonlikheid).
In Foto's, Skolenuus gepos | Kommentaar (2) »
|
|