info@hoorn.co.za
044 272 5605
SMS: 073 217 7089

Argief vir die ‘Skolenuus’ Kategorie


Thursday, July 14th, 2011

Two drummie teams from Oudtshoorn, the team from Van Reede Primary and Oudtshoorn High School, excelled at the National Championships in Durban the past week. The Van Reede Drummies brought back the trophy for the second place overall in the premier league - a first ever for Oudtshoorn! The team, with Linda Marques as trainer, participated in the non prop, flag and small drill finals, after being first in all their semi-finals.

Thursday, July 14th, 2011

The drummie team of Oudtshoorn High School, trained by Mr Johnny Bischoff, was in excellent form at the National Championships the past week in Durban. The team participated against top teams from all over South Africa and came second in the flag and small drill divisions in the premier league and third in the non-prop division. The team of Bridgton Senior Secondary also qualified for the National Championships and was also in action in Durban.

Leerders skryf vir Mandela-dag

Thursday, July 14th, 2011

Deur Carina Fourie

DIE Oudtshoorn-gebied se SAPD Vrouenetwerk het skole van die omgewing vanjaar betrek by die viering van Mandela-dag se 67 minute van aksie op 18 Julie deur hulle te vra om ‘n kort opstel van 67 woorde te skryf. .

Hulle kon ‘n fiktiewe onderhoud met Mandela voer of skryf oor die onderwerpe Hoe kan ek my gemeenskap ophef of My misdaadvoorkomings­wenke. (more…)

Thursday, May 26th, 2011
Mnr en mej Gim

Tydens ’n glansgeleentheid by Langenhoven Gimnasium op Woensdag 18 Mei is Mnr en Mej Gim 2011 aangewys. Voor sit Janneke Tomlinson (Mej Gim) en Thys Germishuys (Mnr Gim). Agter van links staan Jeanne Tomlinson (Mej Persoonlikheid), Rozelle Otto (2de prinses), Janneke Marais (1ste prinses), Marinel Wentzel (Mej Fotogenies), Gerhard Loots (Mnr Debutant), Willem Freysen (1ste prins), André Huyser (2de prins) en Grey Stopforth (Mnr Persoonlikheid).

Struisies wen aanskoulike stryd

Thursday, May 19th, 2011

Deur Carina Fourie

IN ‘n drieëfees en een van die aanskoulikste rugbywedstryde in ‘n lang tyd tussen dié twee skole het die Struisies se eerste span die Gimmies Saterdagmiddag met 39-22 geklop.

Die wedstryd is op die Hoërskool Oudtshoorn se tuisveld gespeel. (more…)

Gimmies teen Struisies

Thursday, May 12th, 2011

Wanneer Struisies en Gimmies mekaar Saterdag op Hoërskool Oudtshoorn se sportterrein die stryd aansê, sal daar groot geesdrif heers en menige toeskouer vasgenael langs die veld of paweljoen hou.

Dié twee skole het mos nie verniet ‘n jare lange geskiedenis van mededinging nie. Carina Fourie het met die kapteine van die eerste rugby-, netbal- en hokkiespanne gaan gesels om uit te vind hoe hulle oor Saterdag se wedstryde voel. (more…)

Thursday, May 5th, 2011

Tydens 'n glansgeleentheid by die Hoërskool Oudtshoorn op Woensdag 20 April is Mnr en Mej Struisie 2011 aangewys. Van links staan Jaco van Greunen (2de prins), Gerdus Lategan (1ste prins), Christiaan Viviers (Mnr Struisie), Marushcka Freeks (Mej Struisie), Katlyn Botha (1ste prinses) en Juan-Maré Hanekom (2de prinses).
Foto: SC Pienaar

Art to Grab the Heart

Tuesday, April 5th, 2011

IT is that time of the year where the hype of the kunstefees pervades. In the small farming community of Kruisrivier another type of arty hype is in the air.

Despite the absence of art classes at Kruisrivier Primary School, young artists are being given the opportunity to transcend this hardship and explore their talents every Thursday. (more…)

Groen vlag vir Ladismith Hoër

Thursday, March 24th, 2011

“Samewerking en toewyding vergemaklik enige taak wat die skool aanpak. Ek is trots op my personeel en die leerders wat nou reeds vyf jaar hard werk om ons skool dié omgewingskool in die Suid-Kaap te maak.”

Aan die woord is mnr Fanus Walters, skoolhoof van die Hoërskool Ladismith, wat onlangs ‘n internasionale groen vlag verwerf het vir vyf jaar se ononderbroke kwaliteitleer en -bestuur in die eko-skoleprogram. Die Hoërskool Ladismith is een van minder as 10 skole in die Suid-Kaap wat hierdie eer ontvang het. (more…)

Jonelle SWD’s own Protea Drummie!

Thursday, March 24th, 2011

By Carina Fourie

A DRUMMIE from Oudtshoorn in the South African team! That is something not to look upon lightly.

Jonelle Philander, a Grade 8 learner from Principia College, has been a drummie since Grade 2 at Oudtshoorn Junior Primary School. At the end of her Grade 7 year in Van Reede Primary she was selected for the South African drummie team. (more…)

Thursday, March 3rd, 2011

Jake White (naasregs), oud-Springbokafrigter wat verlede Donderdagaand tydens 'n manne-aand by die Hoërskool Oudtshoorn met rugbyliefhebbers gesels het oor onder meer sy ondervinding van en menings oor die vorige en die huidige Springbokspan. Saam met hom is van links mnr Steve Immelman van Die Burger wat die hoofborg van die aand was, Percy Williams, groot uitblinker van die Struisies se eerste rugbyspan, mnr Bernie Deacon, afrigter van die eerste span, en mnr Johan Claassen, skoolhoof.

Volmoed kry brons sertifikaat

Thursday, February 17th, 2011

Volmoed Primêr het verlede week die trotse ontvangers geword van ‘n brons sertifikaat van die eko-skoleprogram, nadat hulle aan al die kriteria van hierdie internasionale program voldoen het. Die skool het aan die begin van 2010 by dié program geregistreer.

‘n Opgewonde mnr Stephen Malan, skoolhoof van Volmoed Primêr, sê deelname aan die eko-skoleprojek vra toegewyde spanwerk. “Al ons personeellede is betrokke by die aanspreek van omgewingskwessies in ons gebied. Ons het begin deur die sewe stappe te volg wat in die eko-skoleprogram uiteengesit word. Dit sluit in die vestiging van ‘n eko-komitee, en die ontwikkeling en aanvaarding van ‘n eko-kode. ” (more…)

Thursday, February 10th, 2011

Michelle de Villiers wat so pas haar SA Fietsrykleure ontvang het. Sy is 'n leerder van Langenhoven Gimnasium.

Struisies verloor eindstryd

Thursday, February 3rd, 2011

DIE eerste krieketspan van die Hoërskool Oudtshoorn het Maandag in die eindstryd van 2011 se Standard Bank Pro20-skolereeks in die SWD teen die span van die Hoërskool Outeniqua op George vasgeval.

Die Struisies het eerste gekolf en danksy ‘n puik beurt deur Jaco van Greunen (52; 41 balle; 1×6, 2×4) 115/4 op die telbord geplaas. (more…)

Thursday, January 27th, 2011
Hoofleiers

Laerskool Van Reede se vier hoofleiers vir 2011 is van links Caleb January (onderhoofseun), Amré McCullum (hoofseun), Megan Jonker (hoofmeisie) en Gabby Zwarts (onderhoofmeisie).

Thursday, January 27th, 2011

Die Laerskool Oudtshoorn-Noord se leerderraad vir 2010 is voor van links Samantha Volschenk (onderhoofmeisie), Marle van der Berg (hoofmeisie), Louis Visser (hoofseun) en Jacques Pierre Viviers (onderhoofseun). Agter van links is Katja Berry, Marissa Swanepoel, Lize Potgieter, Nicole Hill, Frederik Johannes Rademeyer en Anwar Josh Stalmeester.

Super-Pieter skitter

Thursday, January 13th, 2011

Deur Liesel le Roux

OUDTSHOORN se naam is gister hoog gehou toe die 18-jarige Pieter Klue van Langenhoven Gimnasium as die derde beste matrikulant van 2010 in die Wes-Kaap aangewys is. Hy is ook die provinsie se toppresteerder in fisiese wetenskap, waarvoor hy 100% behaal het, asook in rekeningkunde. Hy het dié prestasie om ook in wiskunde die toppresteerder te wees met slegs een punt gemis.

Dié prestasies van Pieter is gister deur die Wes-Kaapse minister van onderwys, mnr Donald Grant, as “werklik merkwaardig” bestempel. Hy is die enigste leerder wat in twee vakke die toppresteerder is. Die name van die Wes-Kaap se toptwintig-presteerders is gister by die premierswoning by Leeuwenhof in Kaapstad bekend gemaak.

Pieter deel die derde plek met Helene-Marié Muller van die Hoërskool Punt in Mosselbaai. Pieter het ‘n gemiddelde persentasie van 97,43% en nege vakonderskeidings behaal. Behalwe vir fisiese wetenskap, wiskunde en rekeningkunde, het hy onderskeidings behaal in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, wiskunde, lewensoriëntering, rekenaartoepassingstegnologie, addisionele wiskunde en wiskunde vraestel 3. (more…)

Derde in Wes-Kaap met 9 onderskeidings

Thursday, January 13th, 2011

Deur Carina Fourie

ONDANKS die hitte het hy hoendervleis op sy arms gekry toe sy skoolhoof sy matriekresultate uitgelees het, sê Langenhoven Gimnasium, Oudtshoorn en die Klein Karoo se toppresteerder, Pieter Klue (18).

“Ek het dit glad nie verwag nie,” vertel Pieter wat verlede jaar onderhoofseun van sy skool was, redakteur van die skoolkoerant en CSV-voorsitter. Benewens akademiese presteerder is hy ook digter in eie reg met ‘n digbundel, Papierblom, wat verlede jaar verskyn het. (more…)

Thursday, January 13th, 2011

Van die toppresteerders van Langenhoven Gimnasium pas nadat hulle hul uitslae verlede Donderdag ontvang het. Links agter is die skoolhoof, mnr Chris Swanepoel.

Sy wil ‘n verskil in ander se lewens maak

Thursday, January 13th, 2011

Deur Carina Fourie

MET sewe onderskeidings is Esmaré Theron Principia Kollege, onafhanklike hoërskool op Oudtshoorn, se toppresteerder vir 2010. Esmaré was verlede jaar Principia Kollege se Dux-leerder.

Esmaré, wat ‘n gemiddeld van 86 % in die eksamen van die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) behaal het, spog met onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, wiskunde, lewensoriëntering fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe en dramatiese kunste. (more…)

Copyright ©   ::  DIE HOORN  •  Site by:  WebWorX