Argief vir die ‘Sport’ Kategorie
Thursday, February 2nd, 2012
Deur Garnett Wicomb
GROOT pryse is weer op te raap in die jaarlikse prettrap en pretstap van die Laerskool Wesbank wat vanjaar op Saterdag, 11 Februarie, vir die dertiende keer aangebied word.
‘n Rekordgetal fietryers en stappers word weer verwag. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 2nd, 2012
Deur Garnett Wicomb
DIE kanse vir die SWD- krieketspan om sy eerste trofee van Krieket SA te wen het die afgelope naweek ‘n kwaai knou gekry toe die span sy eerste nederlaag in die drie-daagse kompetisie op die lyf geloop het.
Noordelikes het SWD met 10 paaltjies gewen. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, January 26th, 2012
Deur Garnett Wicomb
MEER as 400 tweekampatlete van agt provinsies word volgende naweek (4 en 5 Februarie) op Oudtshoorn verwag vir die 22ste Groter Oudtshoorn Highgate Tweekamp- en Biathlobyeenkomste.
Die tweekamp vind die Saterdag (4 Februarie) by die De Jager Sportkompleks en die NA Smit-swembad plaas en die Biathlo die Sondag vanaf 07:30 by die NA Smit-swembad. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, January 19th, 2012
Deur Garnett Wicomb
MATTHYS BEUKES van Oudtshoorn het Saterdag die sesde Attakwas Bergfietsren van die Chandelier-wildplaas buite Oudtshoorn tot by Pine Creek op Groot Brakrivier gewen. Hy het die afstand van 121 km in 5uur 9 min 10 sek afgelê.
Charles Koen (5:13:19) was tweede en Phillip Buys (5:17:1) derde. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, January 19th, 2012
 eertien swemmers van die Freda Barnard Swemskool op Oudtshoorn het einde verlede jaar by die SWD swemkampioenskap op George medaljes gewen. Hulle is voor van links Alexander van Biljon (100 m vryslag - brons en 200m vryslag - silwer); Melanie van Biljon (50 m borsslag - goud, 100 m borsslag - silwer en 50 m vryslag - brons); Hainto Vermeulen (50 m rugslag - brons, 50 m borsslag - brons en 50 m vryslag - silwer); Maria Esterer (rugslag - silwer, borsslag - silwer en vryslag - silwer), Anlize Vermeulen (50m borsslag - silwer), Antoinette Meiring (1500m vryslag - goud, 400m individuele wisselslag - goud en 200m vlinderslag - goud); Amré McCallum (50 m rugslag - silwer en 100m rugslag - brons) en Thalia Bothma (50 m rugslag - silwer, 100 m rugslag - silwer, 200 m individuele wisselslag - goud en 50 m vryslag - silwer). Agter is Janiel du Toit (50 m vryslag - brons), Dylan Barnard (50 m borsslag - brons, 100m vryslag - silwer), Wilko du Preez (800 m vryslag - goud, 400 m IM - goud, 50 m borsslag - brons en 100m borsslag - brons), Janetjie Jordaan (100 m vryslag - goud en 50 m vryslag - goud), Marli Schmitt (50 m vlinderslag - silwer en 50 m vryslag - brons) en Kayla Botha (50 m borsslag - silwer).
In Foto's, Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, January 19th, 2012
 Die nuwe bestuur van SWD Fietsry vir 2012 is agter van links: Essie Esterhuizen (SWD Rekreasie), Attie Fortuin (ontwikkeling), Declan Aries (ontwikkeling en transformasie), Lee Aries (skole verteenwoordiger), Heinrich Greyfenberg (tesourier). Voor sit Karin Bence (sekretaris), Louis Visser (MTB voorsitter), Corne Bence (president), Connie Botha (padvoorsitter) en Stefanie van der Merwe (vroueverteenwoordiger). Afwesig: Wendy Cole (para en baan).
In Foto's, Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, January 12th, 2012
VAN Suid-Afrika se top tweekampatlete het ingeskryf vir die Groter Oudtshoorn Highgate Tweekamp- en Biathlobyeenkoms wat vanjaar op Saterdag en Sondag, 4 en 5 Februarie, die 22ste keer op Oudtshoorn plaasvind.
Mnr Dave van der Walt, organiseerder van die byeenkoms wat vanjaar deur die SWD in samewerking met Boland aangebied word, sê dit is een van die hoogtepunte op die dorp se sportkalender. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, January 12th, 2012
Deur Garnett Wicomb
Die sesde Attakwas bergfietsren vind Saterdag tussen Oudtshoorn en Groot Brakrivier plaas met Oudtshoorn se Matthys Beukes wat as een van die gunstelinge wegspring.
Ander groot name is Erik Kleynhans en Matthias Stirnemann van Switserland. Onder die vroue is daar Ariane Kleynhans, 2011 se vroue-wenner, Hanle Booyens en Yolande de Villiers van Oudtshoorn.
Volgens mnr Carel Heroldt van Dryland Event Management is reeds 680 inskrywings ontvang vir die bergfietsren oor 121 km en 170 vir die korter ren oor 52 km wat verlede jaar die eerste keer gehou is. Albei roetes is dieselfde as verlede jaar.
Die uitmergelende 121 km-ren begin Saterdag-oggend om 06:30 by Chandelier Wildplaas, lei oor die Outeniquaberge en eindig by Pine Creek Vakansie-oord by Klein-Brak-rivier. Die 52 km-ren begin en eindig by Pine Creek.
Die eerste 10 mans en 10 vroue wat die 121 km voltooi kry elkeen goud en die ryers wat dit in 6:30:00 voltooi almal silwer-medaljes. Volgens Herholdt is die Attakwas ‘n gesamentlike poging van Dryland en die Oudtshoorn Vryburgers ten bate van die gemeenskap van Oudtshoorn. Vir navrae kan Herholdt by 082 379 1177 gekontak word. Die webadres is www.dryland.co.za.

In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, January 12th, 2012
Deur Garnett Wicomb
SES spelers van die Groter Oudtshoorn is ingesluit in die opkomende SWD Krieketspan wat die naweek in Port Elizabeth saam met die Oostelike Provinsie en Grens aan ‘n driehoekige byeenkoms deelneem.
Hulle is Erinn Ewerts, Merlin Masimela, Rhupino Plaatjies en Justin Jordaan van Union Stars, Glenton Stuurman van Harlequins Magte en Dumisa Nqgabuza van die Bongolethu Krieketklub. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, January 12th, 2012
Deur Garnett Wicomb
DIE SWD krieketspan is weer bo-aan die punteleer in Krieket SA se provinsiale driedaagse kompetisie ná ‘n oorwinning met vyf paaltjies oor die Boland die afgelope naweek op die Rec op Oudtshoorn.
Die SWD het nou vyf van sy ses wedstryde in die kompetisie gewen. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Wednesday, December 14th, 2011
 Die nuwe hoofkantoor van die SWD Krieket op die Rec (Oudtshoorn Sportgronde) is Vrydagaand amptelik in gebruik geneem tydens 'n spesiale onthaal. Die oprigting van die kantore is moontlik gemaak danksy befondsing deur die Nasionale Loterye. Die onthaalsaal in die kantore is vernoem na mnr Simon Swigelaar (naaslinks), lewenslange ere-president van die SWD Krieketraad, ter verering van sy jarelange bydrae tot krieket asook kriekethervorming, nie net in die SWD nie, maar ook op nasionale vlak. By hom is (van links) mnr Albertus Kennedy, hoof- uitvoerende beampte van SWD Krieket, mev Daphne Swigelaar, mnr Rudi Claassen, president van SWD Krieket, en mnr Jurie Harmse, raadslid van Oudtshoorn. Die nuwe kantore, wat verlede maand voltooi is, is simbool van groei, voortuitgang en sukses in SWD Krieket en die resultaat van jarelange harde werk en toewyding. Die bestaande kompleks sluit onthaal- en konferensiegeriewe, kantore vir al die personeel en 'n presidentslosie is. Daar word beplan om in die nuwe jaar kleedkamers wat aan internasionale standaarde voldoen, aan te bou.
In Foto's, Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, December 8th, 2011
Deur Garnett Wicomb
DIE bergfietsryer, Matthys Beukes, en die karateka, Lo-Anne Oosthuizen, is Vrydagaand in die banketsaal van die Oudtshoorn burgersentrum as die Groter Oudtshoorn se Sportman en Sportvrou van die Jaar vir 2011 aangewys.
Beukes is vereer vir sy 71ste plek by die Cross Country Fiets-rywêreldkampioenskap en eerste plekke by die Wine2Whales- en Cape Pioneer Trek-bergfietsren. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, December 1st, 2011
Deur Garnett Wicomb
Die Oudtshoorn Pluimbalklub en die Klein Karoo Skool se Beroepsgerigte kampus het ‘n baie suksesvolle pluimbalseisoen agter die rug en is Saterdagaand tydens die jaarlikse prysuitdeling van die Suid-Kaap Pluimbalvereniging op Mosselbaai vir hul prestasies beloon. Die tweede span van die Klein Karoo Skool, onder leiding van Hannes Botha, het die seisoen onoorwonne afgesluit en daarmee die 2de liga-wennerstrofee ingepalm. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, November 24th, 2011
Deur Garnett Wicomb
DIE Harlequins Magte-krieketklub van Oudtshoorn het Saterdag sy derde oorwinning in die Premierliga van die SWD Krieketraad behaal toe hy Mosselbaai in ’n spannende wedstryd op die Weermagveld met 11 lopies geklop het. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, November 24th, 2011
DRIE krieketspelers van Oudtshoorn, Otniel Baartman van BSS, Keagan Fortuin van die Hoërskool Oudtshoorn en Marcello Piedt wat op George skoolgaan, is ingesluit in die SWD o.19-krieketspan wat die Boland van môre tot Sondag in Krieket SA se provinsiale o.19 Uitdaag-reeks op die Rec die stryd aansê. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, November 24th, 2011
 Die nuutverkose bestuur van Oudtshoorn Rugbyklub is agter van links Christo Barnard (wedstrydsekretaris), Kieth Meyer (afrigter), Gerhard Kriel (mediaskakeling), Marius Botha (klubkaptein), Danie Kok (ondervoorsitter), Pieter Meyer (tesourier), Heinrich Schnautz (voorsitter) en Brian Minnie (president). Voor van links is mnre Charlie Swanepoel, Issie Barron en Jan Lotz wat erelede van die klub is.
In Foto's, Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, November 17th, 2011
Deur Garnett Wicomb
TALLE Oudtshoorniete het Vrydagaand op George tydens die SWD Sportraad se jaarlikse sporttoekenningsfunksie toekennings vir hul prestasies die afgelope jaar ontvang.
Die president van die SWD Krieketraad, Rudi Claassen, is aangewys as Administrateur van die Jaar terwyl die krieketraad ook die toekenning as beste sportfederasie losgeslaan het. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, November 17th, 2011
Deur Garnett Wicomb
OUDTSHOORN se twee voorste bergfietryers, Matthys Beukes en Yolande de Villiers, was in twee van die wenspanne van die Contego Wines2Whales (W2W) bergfietsbyeenkoms wat die afgelope naweek in die Boland plaasgevind het.
Die byeenkoms is Sondag weens reën kortgeknip. Beukes, van die MTBDestination.com-span, en sy spanmaat, Dominic Calitz, wat in daardie stadium voorgeloop het, is toe as die manswenners aangewys met ‘n tyd van 5 uur 59 min en 32 sekondes oor ‘n afstand van 135 km. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, November 17th, 2011
MNR John Abrahams is Donderdagaand by die algemene jaarvergadering van die Groter Oudtshoorn Sportraad onbestrede tot voorsitter herkies. Me Felicity Prins is die nuwe vise-voorsitter in die plek van mnr Reggie Dyssel wat ná jare se diens hom nie weer verkiesbaar gestel het nie. Me Edith Josephs is die sportkode koördineerder en mnr R da Silva die skoleverteenwoordiger. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, November 10th, 2011
DIE eerste Drylands Traverse wat verlede week, van 3 tot 6 November, op roetes langs en op die Swartberge deur Drylands Event Management aangebied is, was so suksesvol dat dit beslis weer volgende jaar aangebied gaan word. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
|
|