Argief vir die ‘Sport’ Kategorie
Thursday, April 12th, 2012
Deur Garnett Wicomb
GESKIEDENIS word op Saterdag 21 April 2012 op Dysselsdorp gemaak wanneer die eerste provinsiale rugbywedstryd daar gespeel sal word.
Volgens Andries Jacobs, voorsitter van Rangers Dysselsdorp Rugbyklub, sal die SWD- Arende die Westelike Provinsie mekaar in ‘n Vodacom bekerwedstryd op die Dysselsdorp Sportgronde die stryd aansê. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, April 12th, 2012
Deur Garnett Wicomb
DIE drome van die SWD- krieketspan om vir die eerste keer ‘n trofee in Krieket Suid-Afrika se provinsiale uitdaagreeks te wen is die afgelope naweek deur reën gefnuik.
Die span se laaste driedaagsewedstryd teen die Vrystaat in Bloemfontein het onbeslis geëindig nadat min spel oor die drie dae moontlik was. Die SWD het derde op die punteleer geëindig ná Griekwaland-Wes en Gauteng. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Wednesday, April 4th, 2012
Deur Garnett Wicomb
TWEE spelers het verlede week arende by die Oudtshoorn Gholfklub aangeteken.
Anton Theunissen het verlede Woensdag ‘n arend op die 14de putjie behaal, terwyl Hendrik Lochner dieselfde Saterdag op die 1ste putjie gedoen het. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Wednesday, April 4th, 2012
Deur Garnett Wicomb
‘N DRIEKUNS deur die losvoorspeler, Algernon Waarts, het die Bridgton Rugbyklub Saterdag gehelp om sy posisie bo-aan die punteleer van die SWD- Rugbyvoetbalunie te verstewig, toe hy Uniondale United op die Bridgton Sportgronde met 27-9 geklop het.
Die rustydtelling was 13-6. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, March 29th, 2012
Deur Garnett Wicomb
‘N JONG boer van die Karoo is die sterkste man in die Suidelike Halfrond.
Die 26-jarige Frankie Scheün van die plaas Aardoorns naby Rietbron het in Melbourne, Australië die Southern Hemisphere Strongest Man-titel voor die neuse van tien ander deelnemers weggeraap. Die kompetisie het die naweek van 17 en 18 Maart plaasgevind. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, March 29th, 2012
Deur Garnett Wicomb
DIE Absa Curriebekertrofee en die Springbok gelukbringer, Bokkie, sal ook by vanjaar se Absa KKNK te siene wees.
“Ons hoop om hiermee meer gees na die feesaktiwiteite te bring,” sê Absa se borgebestuurder, mnr Steward Masela. (more…)
In KKNK, Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, March 29th, 2012
Deur Garnett Wicomb
DIE SWD-krieketraad het nog ‘n welkome finansiële hupstoot van die Nasionale Loteryraad ontvang.
Volgens mnr Albertus Kennedy, hoofuitvoerende beampte van die SWD Krieketraad (SWDKR), het die raad die keer R1,433 miljoen as deel van die loteryraad se 2011/12 toekennings ontvang. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, March 29th, 2012
DIE perderuiter Fanus Cilliers het die naweek sy afdeling in ‘n uithourit oor 80 km by Albertinia met sy Arabierperd Paka in ‘n tyd van 4 uur 37 min gewen. Sy gemiddelde snelheid was 17,3 km/h.
Paka het ook die veeartsprys as bes voorbereide perd ontvang op moeilik rybare terrein van dik en swaar sand. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, March 22nd, 2012
Deur Garnett Wicomb
DIE Union Stars Krieketklub van Oudtshoorn het die Premierligabeker van die SWD- krieketraad Saterdag vir die derde jaar agtereenvolgens gewen toe hy Sussex van Mosselbaai in die eindstryd op die Rec maklik met 6 paaltjies geklop het.
Die wedstryd het weens ‘n nat buite-veld later begin en is tot 43 boulbeurte per span ingekort. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, March 22nd, 2012
Deur Garnett Wicomb
DIE eerste krieketspan van Langenhoven Gimnasium is die nuwe o.19A superligakampioen van die SWD.
Die span van Gimmies het die verdedigende kampioen, die Hoër Landbouskool Oakdale, verlede Woensdag op Riversdal in die eindstryd met 12 lopies geklop. (more…)
In Skolenuus, Sport gepos | Kommentaar (0) »
Friday, March 16th, 2012
SKENKINGS van R10 000 elk is onlangs aan al die skole oorhandig wat verlede jaar as gasheer opgetree het vir fietsryers wat aan die Cape Pioneer Trek in die Suid-Kaap deelgeneem het. Dié wedren begin en eindig jaarliks op Oudtshoorn en word ook deur ‘n plaaslike firma, Dryland Event Management, aangebied.
Dié donasies was moontlik nadat die wenners van verlede jaar se resies, die bekende Kevin Evans en sy fietsrymaat David George, besluit het om hul wennerstruie te laat opveil. Die Nedlife Group het daarna die bedrag wat ingesamel is, verdubbel. (more…)
In Skolenuus, Sport gepos | Kommentaar (0) »
Friday, March 16th, 2012
Deur Garnett Wicomb
KONSTRUKSIEWERK vir ‘n onderdakpawiljoen en ander noodsaaklike geriewe op die Bridgton Sportgronde het vandeesweek ‘n aanvang geneem ná die oorhandiging van die terrein verlede Donderdag aan die joint venturekontrakteurs Blignault en Philmano.
“Vandag is ‘n groot dag,” het mnr Gordon April, uitvoerende burgemeester van Oudtshoorn, gesê.
“Hierdie is een van die projekte van die Oudtshoorn munisipaliteit in sy doelwit om die dorp die sportmekka van die Suid-Kaap te maak. Hier gebeur dinge in Oudtshoorn en die mense wat dit nie sien nie moet wakker skrik,” het April gesê. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Friday, March 16th, 2012
Deur Garnett Wicomb
DIE Bridgton Rugbyklub het Saterdag sy puik vertonings van die seisoen voortgesit toe hy sy derde sege in drie wedstryde behaal het deur vir Groot Brakrivier op eie werf in ‘n harde wedstryd in die Premierliga van die SWD Rugby Voetbalunie met 24-15 geklop het.
Bridgton was rustyd met 15-3 voor en het met vier drieë ‘n bonuspunt gekry vir die boonste plek op die punteleer. Martin le Roux, Bridgton se afrigter, sê Warren Malgas, oud-Arende skrumskakel, het ‘n groot verskil gemaak. Malgas was Saterdag weer die groot generaal in die agterlyn en het Groot Brak heeltyd aan die raai gehou. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, March 8th, 2012
Deur Garnett Wicomb
DIE jaarlikse SA Interdistrikte Rolbalkampioenskapstoernooi vir mans vind volgende week, van Maandag 12 tot Vrydag 16 Maart 2012 op Oudtshoorn plaas. Die toernooi vir vroue vind op George plaas.
Volgens die voorsitter van die Oudtshoorn Rolbalklub, Gertjie Bekker, sal 40 spanne, altesaam 160 rolbalspelers, van regoor die land mekaar die stryd aansê en word rolbal uit die boonste rakke verwag.
Twintig bonde met twee spanne elk sal aan die toernooi deelneem. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, March 8th, 2012
 Die span van Swartberg Motors, Salie Oosthuizen, Arnold de Jager, Coenie van Zyl en WM Badenhorst, het die span van Suid-Kaap Finansiële Dienste in die eindstryd van die besigheidsliga by die Oudts-hoorn Rolbalklub met 28-6 geklop.
In Foto's, Sport gepos | Kommentaar (0) »
Friday, March 2nd, 2012
DIE 35ste Kango marathon en -halfmarathon wat Saterdag in ideale weersomstandighede plaasgevind het, het ‘n rekordgetal atlete gelok.
Volgens Ao2 Richard Hughes, wedlooporganiseerder, het altesame 1 438 atlete aan die twee wedlope deelgeneem. Hiervan het meer as 900 aan die vol marathon deelgeneem. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Friday, March 2nd, 2012
DIE SWD is weer die voorloper op die punteleer in die driedaagse kompetisie van Krieket Suid-Afrika nadat hy Griekwaland-Wes verlede week op die Rec binne twee dae met 10 paaltjies geklop het.
Gurshwin Rabie, wat altesame 11 paaltjies vir 108 lopies geneem het, was die SWD se groot uitblinker met 6/60 in die besoekers se eerste kolfbeurt en 5/48 in die tweede. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 23rd, 2012
Deur Garnett Wicomb
DIE organiseerders van die 35ste Kango Marathon wat Saterdag plaasvind verwag ‘n rekordaantal atlete.
“Ons het al altesame 1 078 vooraf-inskrywings ontvang wat byna verlede jaar se totale aantal deelnemers van 1110 oorskry,” sê die wedlooporganiseerder, Ao2 Richard Hughes. (more…)
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 23rd, 2012
 Die wenners van die Oudtshoorn Rolbalklub se mansdriespeltoernooi is van links Eaton Gerber (skipper), Slimsoon Potgieter (tweede), Avril (Muis) Hayward (lei). Hulle het Sondag in die finaal teen die span van Johan Robberts (skipper), Danie Bosman (tweede) en André Retief (lei) met 22-4 geseëvier.
In Foto's, Sport gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 23rd, 2012
Deur Garnett Wicomb
DIE ligaspan van die Oudtshoorn Gholfklub het Saterdag met ‘n puik vertoning die gedugte span van Fancourt in sy eerste wedstryd van die seisoen in die ligakompetisie van die Suid-Kaap Gholfunie met 9-3 kafgedraf. Oudtshoorn het ná die beurtspelle reeds met 3-1 voorgeloop. Francois Verwey en Riaan Nortje, Clement Rex en Colin Swigelaar, en Howard Ellis en Phil Mooney het hul wedstryde gewen.
Hierna het Rex, Nortje, Verwey, Swigelaar, Bennie van Zyl en die kaptein, Japie Rheeder, ook in die enkelspelle koning gekraai.
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
|
|