Argief vir die ‘Toerisme / Tourism’ Kategorie
Thursday, February 2nd, 2012
 Die adjunk-minister van toerisme, me Tokozile Xasa, het Saterdagaand die opening van die Pearl of Oudtshoorn, nuwe hotel op die dorp, waargeneem. Die Pearl-hotelgroep het dié hotel op 1 Desember oorgeneem nadat die African Sky Hotel op die dorp sy deure einde November gesluit het. Hier by Xasa staan die uitvoerende burgemeester van Oudtshoorn, mnr Gordon April.
In Foto's, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, January 12th, 2012
Deur Garnett Wicomb
ALHOEWEL baie minder buitelandse besoekers die Kango Grotte die afgelope vakansie besoek het, het die getal binnelandse besoekers skerp gestyg in vergelyking met die vorige jaar.
Volgens mnr Hein Gerstner, bestuurder van die Grotte, was dit ‘n interessante seisoen. “Daar was veral ‘n toename in swart gesinne wat die Grotte besoek het en dit maak my opgewonde,” het hy gister gesê. (more…)
In Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, September 29th, 2011
THE day hikes, overnight hiking trail and 4X4 route in the Swartberg Nature Reserve are open again after a period of maintenance and upgrading.
The Swartberg Nature Reserve lies in the Oudtshoorn district between the Great and the Klein Karoo in an area inhabited by the San for many centuries. (more…)
In Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, September 8th, 2011
 Die nuwe komitee vir die Groter Oudtshoorn Toerisme (GOT) is verlede week tydens die GOT se Algemene Jaarvergadering verkies. Die nuwe lede is voor van links mnr Bert Verlinde, me Marita Serfontein (bestuurder), mnre Lluwellyn Coetzee (waarnemende munisipale bestuurder), Demorian Apollis en me Hazel Jonker. Agter van links is mnre Niel Els, Jacques Conradie, Jack Viljoen, me Candice White, mnre Franzu Badenhorst, Jan Bester, Pieter Schoeman, Pieter van Eck en Pierre Nel.
In Foto's, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, August 18th, 2011
Deur Liesel le Roux
 Uitbundige De Rusters hoor verlede Woensdagaand dat hul dorp Suid-Afrika se Dorp van die Jaar is. Inwoners het in die kerksaal op die dorp vergader om hul harde werk én samewerking van die afgelope weke te vier - of hul dorp die wendorp sou word of nie, en Kwêla saam op 'n groot skerm dopgehou. Saterdag word De Rust se prestasie met 'n groot makietie op die dorp gevier, en almal is welkom. Foto: Leon Nell
OP De Rust is daar die afgelope week nog strykdeur fees gevier nadat dié skilderagtige dorpie verlede Woensdagaand as Rapport en Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys is.
Gelukwense vir die dorp het ook van oral ingestroom en ‘n groot toestroming van mense word die naweek op De Rust verwag. (more…)
In Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, July 28th, 2011
Deur Carina Fourie
LESERS van Die Hoorn kan Sondag begin stem vir De Rust, die skilderagtige dorpie aan die voet van die Swartberge, wat die Wes-Kaapse finalis is in Rapport en Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie. Die algehele wenner word op 10 Augustus om 19:30 op Kwêla bekend gemaak. (more…)
In Nuus, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (1) »
Thursday, July 28th, 2011
TWO male and two female cheetah cubs were born at the breeding centre of the Cango Wildlife Ranch in Oudtshoorn on 15 July. The parents are Fern and Bongo.
The two females were named Minnie and Mia and the two males Murdoch and Mickey. (more…)
In Nuus, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, July 7th, 2011
‘N OPLEIDINGSPROJEK vir kelners op Calitzdorp het pas baie suksesvol afgeskop.
Die kursus het sy oorsprong by me Briëtte Barry, gastehuiseienaar en stigtersvoorsitter van Calitzdorp Toerisme (CT), wat die organisasie se bestuurskomitee genader het. (more…)
In Nuus, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 3rd, 2011
Deur Liesel le Roux
OOR ‘n week sak Harley-ryers van dwarsoor Suid-Afrika en selfs die buiteland op Oudtshoorn toe wanneer die Harley Owners Group (HOG) van Kaapstad die derde agtereenvolgende jaar hul saamtrek op Oudtshoorn hou.
Dit is die vyfde keer dat dié HOG Rally langs Roete 62 gehou word, sê mnr Bruce du Toit van die Kaapstad HOG. Die eerste twee saamtrekke in 2007 en 2008 is op Montagu gehou voordat aanvanklik net vir twee jaar na Oudtshoorn geskuif is. Toe die ryers egter verlede jaar moes besluit waarheen hulle vanjaar sou skuif, het hulle volgens Du Toit oorweldigend gevra om terug te kom Oudtshoorn toe. (more…)
In Nuus, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, September 23rd, 2010
Deur Liesel le Roux
DIE Groter Oudtshoorn Toerisme (GOT) sal ‘n alternatiewe R100 000 tot R150 000 moet bekom om weer ‘n bemarker te kan aanstel en fondse vir die bemarking van die gebied beskikbaar te hê.
Toerisme hoop die besigheidsektor van die Groter Oudtshoorn sal betrokke raak by dié inisiatief en op daardie manier ook hul dorp steun, sê die voorsitter van die GOT-komitee, mnr Pieter van Eck. (more…)
In Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, September 2nd, 2010
DIE komitee van die Groter Oudtshoorn Toerisme (GOT) gaan eers dié maand ‘n gedetailleerde evaluering van die organisasie en sy bemarkingsbehoeftes doen voordat die pos van bemarker geadverteer word, sê die voorsitter van die GOT, mnr Pieter van Eck. (more…)
In Nuus, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, July 22nd, 2010
The Cango Caves experienced a visitor increase of 46% during the winter holidays in comparison with numbers in June and July 2009. This exceeded all expectations, says Mr Steve Mouton, head guide at the Cango Caves.
According to Mouton South African visitors made up the majority of visitors with an increase of 71% compared to last year. The number of foreign visitors increased with 3%. The majority were touring football supporters from England, Argentina and Japan as well as from countries as Korea and Uruguay. (more…)
In Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, June 3rd, 2010
SIX HUNDRED learners from Môrester High School in Oudtshoorn can be seen daily on TV in the new MTN Ayoba commercial. The commercial is being aired on TV as part of the FIFA World Cup.
In the commercial learners from several schools in different parts of the country show their support for the World Cup, with the learners from Môrester enthusiastically blowing vuvuzelas in the quadrangle of their school. (more…)
In Nuus, Sport, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, May 27th, 2010
Versier jou ryding vir die Fifa-wêreldbeker en staan ‘n kans om R1 000 te wen!
Dit is die uitdaging wat ‘n inwoner van Oudtshoorn dié week aan die ander inwoners van die dorp rig. (more…)
In Nuus, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, May 27th, 2010
‘N OUDLEERDER van Principia Kollege op Oudtshoorn is een van ‘n handvol mode-ontwerpers wat genooi is om tydens die Fifa-wêreldbeker aan twee reuse modevertonings in Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum (KIKS) deel te neem. Ruald Rheeder, wat grootgeword het op Oudtshoorn en in 2003 aan Principia gematrikuleer het, ontwerp mansklere onder die handelsnaam Scorpio. (more…)
In Nuus, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, May 20th, 2010
Beplanning vir vanjaar se Klein Karoo Klassique vorder goed, sê die uitvoerende hoof van die Absa KKNK, mnr Brett Pyper. Die Klein Karoo Klassique wat van 29 September tot 3 Oktober op Oudtshoorn aangebied word, is van vanjaar af ‘n projek van die Absa KKNK. Die fees van klassieke musiek, kuns, en streekskos en -wyn is verlede jaar die eerste keer baie suksesvol op die dorp aangebied. (more…)
In Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, May 20th, 2010
AGT onvergeetlike dae vanaf 2 tot 9 April, met twee naweke ingesluit, propvol uitnemende musiek, teater, vermaak, kos, kuns, kuier, kultuur en nog vele meer, lê voor in 2011. Dit is slegs ‘n paar redes vir Absa KKNK-geesdriftiges om hul vere solank reg te skud vir die 17de jaarlikse Absa Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn. (more…)
In Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (3) »
Thursday, May 20th, 2010
Deur Garnett Wicomb
“OUDTSHOORN het nou wel nie een van die Fifa-wêreldbekerspanne gekry nie, maar inwoners kan hulle klaarmaak vir ‘n groot sportfees van 9 tot 20 Junie. Die wêreld is sokkermal, maar Oudtshoorn is sportmal!”
So het die burgemeester van die Groter Oudtshoorn, me Diane de Jager, Maandagaand by die Buffelsdrift Wildreservaat met die bekendstelling van die Oudtshoorn 2010 Sportfees gesê. (more…)
In Sport, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, April 29th, 2010
Deur Schalk le Roux
DIE SA Polisie in die Suid-Kaap en selfs op Oudtshoorn is, soos in die res van die land, slaggereed vir enige gebeurlikheid tydens die Fifa Sokkerwêreldbeker wat oor ses weke begin.
Tydens ‘n spesiale inligtingsessie in die vorm van ‘n sake-ontbyt Maandagoggend vir onder andere sakelui het lt-genl Mzwandile Petros, Polisiekommissaris vir die Wes-Kaap, lig gewerp op die voorsorg wat die Polisie in die Suid-Kaap tref om onder meer spelers, hul ondersteuningspanne en sokkertoeriste se veiligheid te verseker en om misdaad rondom die toernooi te bekamp. (more…)
In Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, April 15th, 2010
Deur Liesel le Roux
DIE kaartjieverkope by die pas afgelope Absa KKNK het alle verwagtinge van die feesbestuur oortref, sê die hoof-uitvoerendebeampte van die fees, mnr Brett Pyper.
Dié verkope van 169 446 kaartjies oor die agt dae vir produksies in teaters en toegang na die nuwe Rivierbuurt toon ‘n aansienlike styging van die 116 759 kaartjies wat in 2009 verkoop is. (more…)
In Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
|
|