Argief vir die ‘Toerisme / Tourism’ Kategorie
Thursday, April 15th, 2010
Deur Liesel le Roux
DIE 16de Absa KKNK is skaars verby of die KKNK-kantoor is klaar besig om ‘n volgende Oudtshoorn-fees, dié keer die Klein Karoo Klassique (KKK), te beplan.
Die KKK, ‘n fees van klassieke musiek, kos, wyn en kuns wat die eerste keer in 2009 aangebied is, vind vanjaar van 29 September tot 3 Oktober binne die lenteskoolvakansie plaas en val ook van vanjaar af onder die KKNK se beheer. (more…)
In Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, April 15th, 2010
By Chante Daries
THIS year the Absa KKNK again catered for more than just the average person.
The festival this year also catered for the future of the South African arts and culture scene with the Klap! initiative.
This initiative targets teenagers. It is a joint initiative of the Absa KKNK and the Western Cape Department of Education. (more…)
In Skolenuus, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Tuesday, April 6th, 2010
Deur Liesel le Roux
DIE toneelgogga het hom in die 1999 tydens die KKNK gebyt en van dié infeksie wil hy nooit ontslae wees nie, se die akteur Riaan Visman, boorling van Oudtshoorn wat by die fees te sien is in die toneelproduksie Kap Án.
Visman is saam met Abduragmaan Adams en Leopoldt Senekal deur die Stigting vir Bemagting deur Afrikaans (SBA) versoek om ‘n Afrikaanse toneelproduksie saam te stel. Die resultaat is Kap Án, ‘n stuk wat deur die digter Antjie Krog bestempel word as ‘n “stuk regte rou lewe” en ‘n puik produksie. (more…)
In Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Tuesday, April 6th, 2010
By Chanté Daries
Johan Marais sits on the couch twiddling his fingers and tapping his feet – in typical actor fashion – to an inherent rhythm. The actor with the shaggy strawberry blond hair looks slightly bemused as he answers the onslaught of questions, never ceasing to flash a smile when needed.
Johan was born and bred in Oudtshoorn and started his acting career in the Oudtshoorn High School drama group under the guidance of Mr Peet Kruger. Johan says, “Mr Kruger created the foundation for my career and he taught me the basics.” (more…)
In Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Tuesday, April 6th, 2010
Deur Liesel le Roux
‘N PROJEK waarvan die oogmerk was om kuns na die strate van Oudtshoorn te bring, het geboemerang toe die kunswerke die eerste aand van die fees al verwoes is.
Die kunswerke in die vorm van vier reuse-sokkerballe met tekeninge en skilderstukke binne-in aangebring, is Woensdagaand stewig aan die teer vasgeheg. (more…)
In Nuus, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Wednesday, March 31st, 2010
 'n Bengaalse tiertjie van die Cango Wildlife Ranch, Anandi, en sy hanteerder, mnr JP Kameel, het die swemmers en toeskouers by die afgelope naweek se nasionale Vlak 1 Streekkampioenskap in die NA Smit Swembad op Oudtshoorn vermaak. Anandi is na sy vertoning met 'n bottel melk beloon. Foto: Garnett Wicomb
In Foto's, Nuus, Sport, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Wednesday, March 31st, 2010
Deur Liesel le Roux
Kaartjies het die afgelope week steeds flink verkoop vir Pieter Fourie se klugtige huldeblyk aan ‘n dorpie en die mense uit sy kinderdae, Die Proponentjie.
Die vertonings op Saterdag en Sondag was meer as ‘n week gelede reeds uitverkoop, terwyl kaartjies vir Donderdag (09:00) en Vrydag (20:00) reeds min raak.
Oor die goeie kaartjieverkope was die regisseur van die stuk, Paul Eilers, vandeesweek opgewonde. (more…)
In Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Wednesday, March 31st, 2010
Deur Liesel le Roux
‘N MUSIEKAANBOD soos min teen ‘n weggeeprys. Dit was die afgelope week die reaksie van verskeie persone toe die Absa KKNK die musiekprogram bekend gestel het wat tydens die fees op ses buiteverhoë beskikbaar is.
Toegang tot al ses die verhoë asook die kuns- en vlooimark kos slegs tussen R20 en R40 per dag. Feesgangers kan die dagkaartjie na al die vertonings, bekend as ‘n dagpas, by die hekke van die Rivierbuurt koop asook by Computicket (op Oudtshoorn geleë binne Checkers en by die CP Nel Museum). Die dagpas bied ook toegang tot die Kuns- en Vlooimark en speelparke. (more…)
In Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Wednesday, March 31st, 2010
Deur Liesel le Roux
IN temperature wat gereeld diep in die veertigs gaan draai het, het ‘n groep inwoners van die Klein Karoo sedert begin Februarie getrou geoefen aan een van die spesiaalste produksies wat by vanjaar se Absa KKNK op die planke gaan wees.
Klein Karoo Klanke, wat Sondag om 12:00 op die ATKV Kontreiverhoog te sien sal wees, stel ‘n kultuurskat van liedjies, sêgoed, staaltjies, verhale, idiome, danse en speletjies uit die Klein Karoo die eerste keer aan ‘n wyer publiek bekend. Die sangers en akteurs kom almal uit die Klein Karoo – van Klaarstroom, Calizdorp, De Rust, De Hoop, Schoemanshoek, Ladismith, Van Wyksdorp, Oudtshoorn, Vlakteplaas. (more…)
In Nuus, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Wednesday, March 31st, 2010
Evette Weyers se kunstenaarsmissie is om soos ‘n ligte briesie deur mense se verbeelding te waai en kreatiewe herinneringe op te roep. Sy wil dit tuisbring dat almal kunstenaars is en verborge potensiaal in almal opgesluit is.
Dit is vanjaar die vyfde agtereenvolgende jaar dat dié bekende beeldhouer tydens die KKNK by Bottega Kunsgalery in Baron van Reedestraat uitstal. Sy gebruik twee temas vir vanjaar se uitstalling: Ysberge en subteks en Pronk met ‘n ander se vere. Weyers gebruik visuele beelde van ysberge bo en onder die water as vertrekpunt om dit te ontgin wat onder die oppervlak lê in tekste (teater, boeke en gedigte). Wat dit wat bo die oppervlak is, voed, fassineer haar. (more…)
In Nuus, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, March 25th, 2010
Met die 16de Absa KKNK op Oudtshoorn op hande, is daar baie opgewondenheid asook baie vrae op mense se lippe oor die nuwe feesdistrik en ander verwante sake. Die feeskantoor antwoord die week die algemeenste vrae van inwoners oor vanjaar se kunstefees.
Hoekom is die datums vir vanjaar se fees anders?
(more…)
In Nuus, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, March 25th, 2010
VERSKEIE vertonings by vanjaar se Absa KKNK is reeds uitverkoop, terwyl kaartjies vir veral toneelproduksies besonder flink verkoop.
Volgens mnr Kobus Burger, programbestuurder van die Absa KKNK, is die topverkopers die toneelproduksies Bloemers & roemers, Dowwe Dolla 007: geskud, nie gepluk nie…, Vaselinetjie, Die proponetjie, God van chaos, Met die Holm gebore, Oupa en ouma sit op die stoep en raak romanties asook Die naaimasjien. (more…)
In Nuus, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, March 18th, 2010
HEELPARTY plaaslike besighede en inwoners het gehoor gegee aan die versoek van die Oudtshoorn Musiekvereniging om bydraes vir ‘n eie vleuelklavier waarop kunstenaars tydens optredes op die dorp kan speel.
Enigiemand kan ‘n noot op die vleuelklavier vir R1 000 “koop”, sê die voorsitter van die vereniging, mnr Nic Barrow.
Klaviere moet telkens vir optredes gehuur en na die onderskeie venues vervoer word. (more…)
In Nuus, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, March 18th, 2010
THE day hikes, overnight hiking trails and 4X4 route in the Swartberg Nature Reserve are currently closed for maintenance and upgrades.
According to Ms Erika Swanepoel, Tourism manager of CapeNature, the trails and route will be closed until further notice.
“CapeNature recommends that you visit Gamkaberg Nature Reserve only 35 km from Oudtshoorn during the period that the Swartberg trails are closed.”
For more information send an e-mail to www.capenature.co.za or make a booking for the Gamkaberg Nature Reserve at the central reservation office on 086 122 7362.

In Nuus, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, March 11th, 2010
Calitzdorp se eerste Hanepootfees word die Paasnaweek (1 tot 3 April) gehou.
Dit word aangebied deur die Calitzdorp Young Stars Krieketklub en die Vrolike Vinkies Kleuterskool in samewerking met die Gamka-Oos Primêre Skool.
Sportklubs, organisasies en alle ander belangstellendes word genooi om spanne in te skryf vir sewesrugby, Pro20-krieket, netbal, landloop (7 km en 3,6 km), fietsry (10 km) en domino’s.
Navrae moet voor 25 Maart gerig word aan mnry Abraham Ludick by tel044 213 3948 of by e-pos a.ludick@webmail.co.za.
In Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 25th, 2010
KAARTJIES vir Nataniël se Die een konsert by vanjaar se Absa KKNK is uitverkoop. En so ook drie van die vyf vertonings van Die naaimasjien met Sandra Prinsloo.
Kaartjies vir Die naaimasjien het ook by verlede jaar se KKNK uitverkoop. (more…)
In Nuus, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 18th, 2010
Deur Garnett Wicomb
Oudtshoorn het gefaal met die 2010 Sokkerwêreldbekertoernooi, het mnr Wessie van der Westhuizen, OD-raadslid (OD), Dinsdag tydens ‘n vergadering van die burgemeesterskomitee gesê.
“Oudtshoorn het gefaal om een van die sokkerspanne te kry om hul basis hier te vestig. Ek dink ons kon beter gedoen het. Ons het ons kanse verspeel en gaan niks baat by die toernooi nie. Dis ikabod en verby.” (more…)
In Nuus, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 11th, 2010
GROOI opwinding heers vir vanjaar se Absa KKNK wat verlede Woensdag in Kaapstad bekend gestel is. Die fees vind van 1 tot 8 April op Oudtshoorn plaas en spog met ‘n nuwe feesterrein en ‘n opwindende program!
Mnr Happy Ntshingila, Absa se uitvoerende direkteur: groep bemarking en kommunikasie, het die KKNK die week as een van die belangrikste toerismegebeurtenisse in Suid-Afrika en een van die grootste werkskeppers vir die mense van die Klein Karoo bestempel, met ‘n totale ekonomiese impak van oor die R90 miljoen! (more…)
In Nuus, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
Thursday, February 11th, 2010
VRESE dat die Absa KKNK vir die man op straat te duur kan word, is die week die nek ingeslaan toe die pryse van ‘n uiters bekostigbare “dagpas” deur die uitvoerende hoof van die fees, mnr Brett Pyper bekend gemaak is.
Dié dagpas, wat vir tusen R20 en R40 per dag te koop sal wees, sal besoekers aan vanjaar se Absa KKNK toegang bied tot ses buiteverhoë, die kuns- en vlooimark en talle ander feesaktiwiteite. Kinders onder 12 wat deur ‘n volwassene vergesel word, word gratis toegelaat. (more…)
In Nuus, Toerisme / Tourism gepos | Kommentaar (0) »
|
|