DIE HOORN

Noue ontkoming met motorfiets in Huisrivierpas Dit was genade!
Deur Liezl van Niekerk

Die AMS-ambulanshelikopter moes Dinsdag in die Huisrivierpas tussen Calitzdorp en Ladismith gaan land nadat ’n sakeman van Oudtshoorn, mnr Verdon Bence, met sy motorfiets in ’n polisiebakkie vasgery het, wat reg voor hom ingedraai het.

’n Bekende sakeman van Oudtshoorn, mnr Verdon Bence (35), het Dinsdag ’n noue ontkoming gehad toe ’n polisievoertuig op die Huisrivierpas voor hom ingedraai en hy teen die voertuig vasgery het.

Bence het weens die botsing verder as 20 meter deur die lug getrek en op die teerpad te lande gekom.

Volgens Bence, eienaar van Don’s Paving op Oudtshoorn, was hy van Oudtshoorn op pad na Kaapstad.

“Terwyl ek deur die Huisrivierpas gery het, het die polisievoertuig van voor gekom. Dit het skielik reg voor my ingedraai sonder om flikkerligte aan te sit.”

Bence sê hy het voor die botsing stadig om die draai gekom en kon nogtans nie betyds uitswaai of stilhou nie.

Volgens me Cindy Bence het die ambulanshelikopter haar man by die ongelukstoneel kom oplaai en na die George Hospitaal geneem. “Hy het geen ernstige beserings opgedoen nie en is dieselfde dag weer ontslaan. Hy het ’n paar krapmerke aan sy regteronderbeen en sy bors is vreeslik seer. Van waar die ongeluk gebeur het tot waar hy daarna gelê het, was meer as 20 meter. Dit is net danksy God se genade dat Verdon nie ernstiger beseer is nie,” het sy gesê.

Volgens Bence self is dit vir hom die ergste dat die polisiebeamptes wat die polisievoertuig bestuur het, hom nie eens gehelp het nie. “Ek het lank daar gelê totdat ’n man wat verby gery het, stilgehou en my gehelp het. Hy het vir die polisiemanne gevra of hulle blind is en nie kan sien dat ek seergekry het nie,” vertel hy.

Bence sê hy is ’n bedrewe motorfietsryer en ry al die afgelope 20 jaar motorfiets as ’n stokperdjie. “Ná die ongeluk is ek klaar met motorfietse. Ek gaan nie weer ry nie.”

Bence sê hy dink sy redding was dat hy ’n goeie valhelm, wat hom R12000 gekos het, opgehad het.

“As ek ’n behoorlike motorfietsbroek, en nie ’n denim nie, aangehad het, sou ek waarskynlik nie die skrape aan my been opgedoen het nie,” sê hy.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, was dit ’n Ford Ranger-polisievoertuig, wat van die Kaap af gery het, wat na bewering voor Bence ingedraai het. Polisiebeamptes van Pretoria was volgens hom agter die stuur.

’n Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek.

Twee bakkies op Oudtshoorn gesteel
DIE Oudtshoorn Polisie ondersoek twee klagtes van diefstal nadat twee bakkies twee dae uit mekaar op die dorp gesteel is.

’n Toyota-bakkie is die nag van 8/9 Mei in Greenstraat en ’n Isuzu-bakkie die nag van 12/13 Mei in Jan van Riebeeckweg gesteel.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, was die bakkie in Greenstraat agter ’n veiligheidshek, maar was die hek nie gesluit nie. In Jan van Riebeeckweg was die bakkie agter ’n gemotoriseerde hek geparkeer, maar die diewe het dit oopgekry.

Visser het eienaars van veral bakkies gewaarsku om seker te maak dat die alarmstelsels van hul voertuie werk en aangeskakel is as dit buite geparkeer word. “Indien moontlik moet die bakkies in motorhuise geparkeer word en moet hekke of deure met ’n slot gesluit word.”

Hy het gewaarsku dat hoewel slegs bakkies gesteel is, motors ook teikens mag word. Hy het inwoners versoek om op die uitkyk te wees vir onbekende mense wat snags in woongebiede rondbeweeg en verdag lyk.

Twee vroue op pad na bank beroof
Twee vroue is die afgelope week afsonderlik van geld beroof terwyl hulle op pad was om die geld te gaan bank.

Volgens kapt Louis Visser, polisiewoordvoerder, is die een vrou Woensdag 9 Mei in Hoogstraat van R800 beroof terwyl sy op pad was bank toe van die Wellness-gimnasium af om die geld te gaan inbetaal.

Visser sê die verdagte het die geld uit haar hand gegryp en weggehardloop. Hy is later die middag in hegtenis geneem en R600 is teruggekry.

Die verdagte het reeds in die hof verskyn en die saak is tot 11 Junie uitgestel.

Die ander voorval het Maandag 14 Mei omstreeks 13:00 in Kerkstraat plaasgevind. Volgens Visser het een van Spar se werknemers met ’n sak kontant, sowat R2 500, geloop om dit te gaan bank.

Tussen Spar en ENB het ’n man wat van ENB se kant af aangekom het, haar met vermoedelik pepersproei gespuit en toe platgeduik. Hy het die sak gegryp, in ’n wit VW Golf gespring en die motor het weggery.

Mnr Koos Piedt, ’n werker by die munisipale store in Kerkstraat, het die voorval sien gebeur en het dit by die Polisie aangemeld. Hy het ’n beskrywing van die voertuig gegee waarin die grypdief gevlug het. Visser sê die motor met drie mans daarin is later deur ’n patrollievoertuig in St Georgesstraat opgemerk. Toe die insittendes die Polisie gewaar, het hulle uitgespring en weggehardloop. Die sak met die kontant is in die voertuig gekry.

Thandixolo Joloza (23), wat deur die Polisie in hegtenis geneem is, het Dinsdag in verband met die saak in die hof verskyn. Die eienaar van die voertuig kon nog nie opgespoor word nie.

Visser sê hulle kon nie vasstel of die voertuig gesteel is nie. ’n Saak van roof word ondersoek.

Die Polisie wil die eienaars van besighede se aandag daarop vestig dat mense wat gereeld geld gaan bank waarskynlik dopgehou word.

Visser se raad is dat ’n mens nie dieselfde roetine moet volg wanneer hulle groot bedrae geld gaan bank nie en dat hulle ook nie alleen moet loop nie.

Volgens Visser wil dit voorkom of die betrokke grypdiewe geweet het wie hul teiken en wat hul bewegings gaan wees.

Hy het ook die publiek bedank vir hul samewerking.

Langer as Neelsie by Arbeidsgenot!
Deur Garnett Wicomb

HY is reeds langer tuinier by Arbeidsgenot, woning van die gevierde Afrikaanse skrywer en digter CJ Langenhoven, as wat Langenhoven in die huis gewoon het. En die kersie op die koek is dat hulle albei op 12 Augustus verjaar!

Dit is nou mnr Apools Konyn, alombekend as Poeka, van Smartie Town, wat gister presies 40 jaar gelede, op 16 Mei 1972, as tuinier by Arbeidsgenot begin werk het.

Mnr Apools “Poeka” Konyn, by die hek wat Langenhoven self gemaak het.

Deesdae is hy sommer gids ook, vertel die beskeie Poeka.

Konyn sê hy beskou sy werk as baie belangrik. “Dit is die eerste wat besoekers se oog vang wanneer hulle Arbeidsgenot besoek.” Aangesien Arbeidsgenot in die laaste jare nie oor ’n voltydse gids beskik nie, het Konyn dié takie ook sommer op sy skouers geneem. En hy hou ook die woning “blink en skoon”.

Voorts is dit sy taak om elke oggend die landsvlag te hys en voordat hy middae huis toe gaan, te stryk.

Hy dink nog nie aan aftree nie, omdat hy nog sukkel met twee identiteitsdokumente en ’n verkeerde geboortedatum wat aandui dat hy in 1961 gebore is. Hy is egter op 12 Augustus 1951 op Welgeluk gebore en onthou hoe hulle daagliks na die destydse Laerskool Anderson in Vaaldraai op Oudtshoorn gestap het.

“Ons het kwaai onderwysers gehad soos meesters Siepie Wicomb, Johnny Theodore en Pieter Wentley en ek het nooit uit die skool gebly nie,” vertel Konyn.

Hy is getroud met Maria en die egpaar het vier dogters, Samantha, Marelize, Lee-Anne, Chantelle en ’n kleinkind.

REDAKTEURSBRIEF
Vinnige optrede nodig

DIE HOORN het die week baie terugvoer van lesers ontvang oor die vliegskool op Oudtshoorn. Dit blyk ook uit briewe en sms’e wat die week verskyn en kommentaar op ons webblad (www.diehoorn.co.za). Interessant genoeg het die oorgrote meerderheid lesers hul ten gunste van die behoud van die vliegskool uitgespreek.

Lesers besef duidelik die noodsaak daarvan dat Oudtshoorn se ekonomie gestimuleer moet word met inisiatiewe soos hierdie, maar ook ander inisiatiewe. Baie het ook die week gevra vir ’n meer positiewe ingesteldheid by inwoners.

Ons wil die hoop uitspreek dat prosesse wat die munisipaliteit nou ten opsigte van die vliegskool gaan volg, die gemeenskap sal betrek, deursigtig en korrek sal wees en spoedeisend afgehandel sal word.

Leer kinders van respek

’N NUUSBERIG oor die sodomisering van ’n tienerseun van ’n Kaapse skool waaroor nasionale publikasies die afgelope week berig het, het wyd geskok. Dié afskuwelike daad en meegaande boeliegedrag deur seuns tydens ’n rugbykamp is per selfoon afgeneem en versprei.

Boeliegedrag soos hierdie kom ongelukkig wyd voor, en met selfoontegnologie word videos van skoktonele soos kinders wat baklei, betrokke is by seksuele gedrag of selfs verkrag word, deesdae met die druk van ’n knoppie die wêreld ingestuur.

’n Vraag wat ons almal moét pla, is die volgende: Wat sê dié soort gedrag van die samelewing waarbinne dié kinders grootgemaak word? Want dit is gedrag wat ten diepste ’n gebrek aan respek vir ander mense toon.

Wat leer kinders terwyl hulle grootword? Dat wen en prestasie belangrik is en beloon word? Dat hulle “gedissiplineerd” is as hul hare of skoolrokke ’n sekere lengte is? Dat hulle op “die regte pad” is as hulle in ’n kerkbank sit? Dat hulle “oulike kinders” is as hulle grootmense vriendelik groet?

Nie een van hierdie uiterlikhede gaan ’n invloed op tieners se gedrag teenoor ander hê as hulle op hul eie in ’n groep is nie.

Ons moet onsself afvra: Leer ons kinders in die omgewing waarbinne hulle grootword, om ander te respekteer – of dit nou ’n onderwyser, ’n medeleerder of wie ook al is? Hoor hulle hoe ons met disrespek praat van mense van ’n ander kleur of geloof of gemeenskap as ons eie? Respekteer ons slegs die rykes en presteerders, of alle ander mense?

Respek vir ander word nie deur ’n prekie geleer nie, maar deur die voorbeeld wat gestel word. Ons woorde en dade waarmee ons ander mense hanteer en met en oor hulle praat, help ons kinders se waardestelsels vorm. En die samelewing skiet tans ooglopend hier ver tekort.

Versoekskrif aan ministerKannalanders hou protesoptog
Deur Liezl van Niekerk

INWONERS van Kannaland het hul Maandag in protes na die strate van Ladismith gewend. Na ’n optog is ’n versoekskrif by die munisipale geboue aan die Wes-Kaapse minister van die plaaslike regering, mnr Anton Bredell, oorhandig.

Volgens mnr Fanie de Jager, sameroeper van die optog, is inwnoers moeg daarvoor om belasting te betaal, terwyl dienste feitlik nooit op standaard is nie. “Ek het bewyse van korrupsie binne die munisipaliteit en van lede wat in hoë posisies sit en nie die nodige kwalifikasies het nie. Ons het die optog gereël sodat ons die versoekskrif aan mnr Bredell kan rig sodat hy kan weet waaroor ons ontsteld,” het De Jager gesê.

Bredell het gesê dat hy die memorandum sal deurwerk en daarna terugvoer aan die gemeenskap sal gee. Volgens De Jager het Bredell aangedui dat hy binne 14 werksdae sal reageer.

“Die gemeenskap gaan nie toekyk hoe die munisipaliteit die dorp in ’n kloof af bestuur nie,” sê De Jager. “Mnr Jeffery Donson, die uitvoerende burgemeester van die Kannaland, was nie eers daar om ook die klagtes te ontvang nie. Volgens my gaan die munisipaliteit nie eers die versoekskrif sien nie. Hulle het nie belanggestel om te kom nie.

Donson het op navraag van Die Hoorn bevestig dat hy nie daar was en dus nie kan kommentaar lewer oor die optog nie.

Van die kwessies wat in die versoekskrif aangespreek word, is vrae oor wat van die bevindings en aanbevelings van die Dekker Kommissie van 2003 geword het, versoeke dat die aanstelling van personeel by die munisipaliteit en die prosedures wat gevolg is, ondersoek moet word. Vrae word gevra rondom behuisingsprojekte, die “smart elektriese meters” wat geïnstalleer word, oor projekte waarvoor geld deur die Eden Distriksmunisipaliteit en die provinsie beskikbaar gestel is maar wat nie realiseer nie, soos die opgradering van die teerpad by Langhoogte en ’n sypaadjieprojek. Daar word ook vrae gevra oor R80 000 wat glo vir Vryheidsdagvieringe in Zoar beskikbaar gestel is. Voorts word gevra dat raadslede se toelaes en byvoordele bekendgemaak word en wil die inwoners weet hoe “amptenare van ’n sogenaamde bankrot-munisipaliteit enorme salarisse” kan ontvang.

Barrow dagvaar oor terugbetaling
DIE Oudtshoorn-sakeman en prokureur, mnr Nic Barrow, het die week ’n getuiedagvaarding duces tecum aan die dorp se burgemeester, munisipale bestuurder en direkteur finansies beteken.

Volgens dié dagvaardiging moet die burgemeester, mnr Gordon April, die munisipale bestuurder, mnr Thandekile Mnyimba, en die direkteur finansies, mnr Deon Lott, op 13 Junie as getuies in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn in ’n saak tussen mnr Pierre Nel, ’n DA-raadslid van Oudtshoorn as die eiser, en mnr Noël Pietersen, voormalige munisipale bestuurder, as verweerder.

Hulle word onder meer versoek om bewyse voor te lê dat Pietersen R17 542 aan die munisipaliteit terugbetaal het soos hy in die hof getuig het. Pietersen is in Februarie vanjaar in die Oudtshoorn Streekhof aan bedrog skuldig bevind, nadat hy daarvan aangekla is dat hy R17 500 van die munisipaliteit gebruik het om sy eie regskoste te betaal.

Volgens Barrow was al sy pogings om bewyse van dié terugbetaling te kry, nog onsuksesvol. Hy het ook reeds Pietersen se regsverteenwoordiger, mnr Ezechiel Beddy, skriftelik versoek om bewyse van betaling van die bedrag.

• Intussen het die Appèlhof in Bloemfontein Vrydag ’n appèl van Pietersen in ’n saak tussen hom en mnr Pierre Nel, DA-raadslid van Oudtshoorn, met koste van die hand gewys. Dit was Pietersen se tweede mislukte appèl teen ’n uitspraak wat regter Patrick Gamble op 18 September 2010 gelewer het. Die hooggeregshof het verlede jaar ook ’n appèl van Pietersen hieroor, met koste, van die hand gewys het.

Die appèl spruit uit ’n dringende aansoek wat Nel namens DA-raadslede gebring het teen die uitbetaling van R1,5 miljoen aan Pietersen nadat hy in Augustus 2010 deur die ANC-beheerde Raad heraangestel is.

Nel het die week gesê hy is verheug oor die beslissing van die Appèlhof omdat dit die reg van ’n raadslid of individu bevestig om ’n onreëlmatige raadsbesluit te stuit.

“Die uitsprake bevestig dat die belange van die belastingbetalers en inwoners van Oudtshoorn, in die besonder, deur ons howe beskerm word.”

Nel het ook gesê hy glo die weg is nou gebaan vir die suksesvolle afhandeling van sy appèl teen ’n uitspraak van regter Nathan Erasmus op 7 Junie 2011 dat die R1,5 miljoen aan Pietersen betaal kon word.

Volgens Barrow wat optree as Nel se regsverteenwoordiger, gaan die Appèlhof ook gevra word om uitspraak te lewer oor die geldigheid al dan nie, van die heraanstelling van Pietersen en behoort ’n verhoordatum binnekort beskikbaar te wees.

Dis weer Portfees op Calitzadorp!
’N VOLGEPAKTE program wag die naweek op besoekers aan die Calitzdorp Portfees.

Daar wag nie net weer op feesgangers wonderlike port en vermaak nie, maar by vanjaar se fees gaan daar ook die eerste keer ’n heel volstruis op die spit gebraai word!

Toegangskaartjies tot die Calitzdorp Stasie, die hoofvenue van die fees, kan by die Computicket-kantoor by die ingang gekoop word. Kaartjies vir Vrydag kos R35 vir volwassenes en R10 vir kinders onder 18, vir Saterdag R50 en R20 vir kinders onder 18 en vir beide dae R75 en R20 vir kinders onder 18.

Feesgangers kan egter ook die verskillende wynkelders, waar verskeie aktiwiteite aangebied word, besoek, asook ’n uitstalling van plaaslike en jeugkunstenaars in die NG Kerksaal en verskeie ander kunsuitstalling op die dorp.

Vir die volledige Portfeesprogram besoek gerus www.portwinefestival.co.za.

Ben vaar beste
DIE proewe vir die Suid-Kaapse hengelspanne, wat by die Stompdriftdam gehou is, is nou afgehandel.

Hengelaars het Saterdag (12 Mei) die laaste kans gehad om die keurders te beïndruk.

Ben Crafford met die grootste karp van die dag, wat 3,07 kg geweeg het.

Die Stompdriftdam is net 8% vol en met die naderende kouefront het die beste hengelaar van die dag, Ben Crafford van Korrektiewe Dienste Hengelklub, dertien visse met ’n gesamentlike gewig van 17,29 kg ingeweeg.

Coco Kruger, van Eden, was tweede met veertien visse (13,58 kg) en Koos Nel, van Kango, derde met agt visse (13,41kg).

Die spanne sal eersdaags deur die spankaptein, Koos Groenewald, bekendgemaak word.

Volgens die spanbestuurder, Jannie Crafford, lê nog baie harde werk vir die res van die jaar voor, as die span volgende jaar wil voortbou op die onlangse suksesse van die Suid-Kaap A-span, wat by vanjaar se SA’s in Maart by die Vaaldam vyfde was.

Die volgende SA Hengelkampioenskap word deur Noord-Oos Mpumalanga by die Trichardsfonteindam aangebied.

Struisies wen naelbyter teen Gimmies
ONDERSTEUNERS van die Hoërskool Oudtshoorn en Langenhoven Gimnasium het Saterdag behoorlik naels gebyt tydens die hoofwedstryd van ’n baie geslaagde sportdag tussen die twee skole.

Die eerste rugbyspanne van die twee skole het alles in die stryd gewerp tydens dié jaarlikse kragmeting en die uitslag was tot diep in die tweede helfte in die weegskaal.

Die verligte eerste rugbyspan van die Hoërskool Oudtshoorn en hul afrigters pas nadat hulle die eerste span van Langenhoven Gimnasium met 16 - 11 geklop het. Die uitslag van die wedstryd was tot kort voor die einde in die weegskaal met albei spanne wat hulle harte uitgespeel het. Die Gimmies se tweede en derde spanne het egter geseëvier.

’n Drie deur Jolin Saptou van die Struisies het egter die knoop vir sy span deurgehaak en die Struisies met 16 – 11 laat seëvier. Al die ander punte van die Struisies (drie strafskoppe en ’n doelskop) is deur sy losskakel en skerpskutterskopper, Divan Nel.

Die Gimmies se punte is deur Cohan Roman (drie) en DJ Potgieter aangeteken (twee strafskoppe) aangeteken.

Die Gimmies se tweede en derde spanne het egter die bordjies verhang en onderskeidelik met 8-5 en 11-0 geseëvier. Die ander Gimmiespanne wat gewen het, is die o.16A’s met 15 – 0 en die o.16B’s met 14-3, en die ander Struisiespanne die o.15A’s met 7 – 5, die o.14A’s met 14 – 8 en die o.14B’s met 22-7.

Die res van Saterdag se uitslae lyk soos volg: Meisieshokkie: o.18A 0-0; o.18B 2-2; o.16A Gim wen 1-0; o.16B Struisies wen 2-1; en o.14A Gim wen 2-1. Seunshokkie: o.18A Struisies wen 2-0; o.16A 0-0; en o.14A Struisies wen 2-0. Netbal: o.18A Struisies wen 28-16; o.18B Struisies wen 20-16; o.17A Struisies wen 32-23; o.17B Struisies wen 18-6; o.15A 13-13; o.15B Gim wen 14-5; o.14A Gim wen 18-11; en o.14B Gim wen 14 – 11.