April 26th, 2012
DIE vyf mans van Oudtshoorn wat aangehou word vir die moord op die 44-jarige mnr Boesak Ewert, het verlede week weer vlugtig in die Oudtshoorn landdroshof verskyn.
Mnre George Rossouw (39), Jacobus Ruiters (36), Rubin Daniels (46), Zayne Coerecius (29) en Trever Booysen (47) is in hegtenis geneem nadat Ewert die aand van 6 September 2011, in die rug geskiet is. Lees Verder »
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
April 26th, 2012
DIE lyk van me Cynthia Swartbooi (31) is Maandagoggend (23 April) op die plaas Waterval in Matjiesrivieromgewing gevind.
Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van Oudtshoorn Polisie, het mnre Hendrik Festus en Jakob Swartbooi die Polisie geskakel nadat hulle op die lyk in die veld afgekom het. Lees Verder »
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
April 26th, 2012
BOPLAAS FAMILIE WINGERDE op Calitzdorp het uitstekend gevaar by vanjaar se SA Top 100 Wyne-kompetisie met twee van die kelder se porte wat hiervoor gekies is.
Dit is die Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2009 en die Boplaas Cape Tawny Reserve 1997 Port wat albei al verskeie ander toekennings ontvang het. Lees Verder »
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
April 26th, 2012
Deur Liesel le Roux
WETGEWING wat reklameborde langs hoofroetes verbied, behoort vanaf September vanjaar geldig te wees.
So skryf die Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke, mnr Robin Carlisle, verlede week in ’n brief aan ’n sakeman van Oudtshoorn, mnr Nic Barrow. Lees Verder »
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
April 26th, 2012
DIE Suid-Afrikaanse Tweekamp- en Biathlokampioenskap vir 2013 is aan Oudtshoorn toegeken en sal die langnaweek van 21, 22 en 23 Maart volgende jaar op die dorp plaasvind.
Die vlag, wat aandui dat die kampioenskap Oudtshoorn toe kom, is tydens die afgelope SA Tweekampkampioenskap op Kimberley aan mnr Dave van der Walt van Oudtshoorn oorhandig. Lees Verder »
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
April 26th, 2012
Deur Garnett Wicomb
DIE Bridgton Rugbyklub is steeds die voorloper op die punteleer in die Premierligakompetisie van die SWD nadat hy Vrydagaand net-net daarin geslaag het om All Blacks in ’n spannende derbystryd op die Rec voor ’n rekordskare met 15-13 te klop. All Blacks was rustyd met 10-3 voor.
All Blacks, wat vriend en vyand met ’n skittervertoning verras het, kan homself skop vir ’n wedstryd wat hy moes gewen het. ’n Verspot maklike strafskop wat All Blacks se los-skakel, Marco Jansen, in die doodsnikke links verby die linkerregoppaal geskop het, het aan Bridgton die oorwinning besorg. Lees Verder »
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
April 26th, 2012
Deur Garnett Wicomb
DIE Oudtshoorn Rugbyklub het Saterdag op Willowmore sy tweede wedstryd in vanjaar se SWD Presidentsliga gewen toe hy Willowmore United met 23-13 geklop het.
“Dit was ’n belangrike oorwinning onder moeilike omstandighede waar- op die afrigter, bestuur, spelers en ondersteuners baie trots kan wees,” het mnr Pieter Meyer, die klub se woordvoerder, gesê. Volgens hom het die span vyf ligapunte danksy vier drieë in die sak gesteek en is hulle nou die voorloper op die punteleer. Lees Verder »
In Sport gepos | Kommentaar (0) »
April 26th, 2012
AMPTENARE van die Eden Distriksmunisipaliteit met raadselfone kon Woensdagmiddag weer hul selfone gebruik nadat dié distriksmunisipaliteit se selfoondiens op die vooraand van die langnaweek tydelik opgeskort is.
Volgens mnr Godfrey Louw, munisipale bestuurder van Eden, het ’n verandering van selfoonverskaffer veroorsaak dat die nuwe verskaffer, Vodacom, die maand nie betyds betaal is nie.
Vodacom vereis betaling op 15 April, terwyl Eden al hul krediteure maandeliks op die 25ste betaal. Vandeesmaand se rekening van Vodacom was die eerste wat betaal moes word sedert hulle na ’n tenderproses as die nuwe selfoondiensverskaffer van Eden aangestel is. MTN was voorheen die diensverskaffer.
“Die betrokke rekening ter sprake word vandag, 25 April 2012, betaal en sal in die toekoms betyds op aanvraag betaal word,” het Louw Woensdag op navraag gesê.
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
April 20th, 2012
 Me Pauline Jackson, hoof van Lategansvlei Primêre Skool, saam met (van links) mnre Koos Alberts, Dario Urbunski, Klaus Neugebauer en Riaan Venter.
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
April 20th, 2012
Deur Liezl van Niekerk
Lategansvlei Primêr in die Oudtshoorn-distrik het vandeesweek sonpanele asook ’n nuwe sokkerveld gekry danksy ’n groep Duitsers wat die skool ’n tyd gelede besoek het.
Me Paulina Jackson, hoof van Lategansvlei Primêr, het dit as ’n geskiedkundige dag by die skool beskryf.
“Dit is vir ons ’n groot gebeurtenis. Dit is wonderlik dat mense wat nie eens hier bly nie soveel belangstelling toon en help om van ons skool ’n beter skool te maak. Ons kinders se opvoeding is vir ons belangrik,” het Jackson gesê.
Die sonkragenergieprojek het drie jaar gelede begin. Mnr Dario Urbunski het ’n plaas met ’n gastehuis wat gereeld deur Duitsers besoek word. Hy het die gaste na die skooltjie geneem en mnr Klaus Neugebauer, ook een van Urbunski se gaste, het besluit om die sonpanele by die skool op te rig. Neugebauer het met die Karina Witt-organisasie in Duitsland vir die befondsing van die projek gereël.
Omnisolar het die sonkragpanele geïnstalleer. Mnr Riaan Venter van Omnisolar sê die sonpanele wat gebruik is, het lang leeftyd. “Met Oudshoorn se son sal hierdie panele gemiddeld 30 kW sonkrag per dag lewer,” het hy gesê.
Jackson sê dat hulle beoog om ouers en kinders op te lei om te help met die instandhouding van die sonkragpanele. “So help ons met werkskepping en kweek ons nuwe belangstellings by die kinders,” sê Jackson.
Elke kind by die skool het Duitse voogouers. Die ouers help om die kinders se skoolfonds en klere en ander benodigehede te betaal.
In Nuus gepos | Kommentaar (1) »
April 19th, 2012
VERFILMING van die Afrikaanse film Klein Karoo, wat hoofsaaklik by die Swartberge net buite Oudtshoorn geskiet word, het dié week afgeskop.
Klein Karoo is ‘n romantiese komedie met van die bekendste name in die Suid-Afrikaanse TV- en filmbedryf voor die kameras.
Die film handel oor ‘n jong hoërskoolonderwyseres met ‘n liefde vir die kinders van Kalfieskraal, ‘n skooltjie in die Kangovallei buite Oudtshoorn. Alhoewel die die storie fiktief is, wys dit die realiteit van die lewensomstandighede van kinders in die vallei. Lees Verder »
In Nuus gepos | Kommentaar (1) »
April 19th, 2012
Deur Garnett Wicomb
WAKKER personeellede van ‘n klerewinkel in Hoogstraat het Maandag gesorg dat ‘n vrou, vermoedelik lid van ‘n sindikaat wat klerasie by winkels steel, vasgetrek word.
Volgens me Loret Ryneveld, bestuurder van Choice Clothing, het hulle onraad vermoed en drie vroue wat in die winkel rondgestaan het, dopgehou. Lees Verder »
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
April 19th, 2012
Deur Liesel le Roux
DIE burgerregteorganisasie AfriForum oorweeg dit om ‘n klag van nalatigheid en swak bestuur by die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) in te dien oor die probleem met onaangename reuke wat al jare lank op Oudtshoorn sloer.
AfriForum het verlede week ‘n brief aan die munisipale bestuurder van die Groter Oudtshoorn, mnr Thandekile Mnyimba, gerig waarin hulle die munisipaliteit versoek om aandag te skenk aan die ondraaglike reuke op die dorp. Lees Verder »
In Nuus gepos | Kommentaar (2) »
April 19th, 2012
Wynand du Toit, restaurantbestuurder en wynkelner van Su Casa Restaurant by Surval buite Oudtshoorn, het met sy wynkennis ander wynkelners van die Suid-Kaap gewys waar Dawid die wortels begrawe het.
Hy het ‘n wynkompetisie van die Chaîne des Rôtisseurs se Suid-Kaap/-Tuinroetestreek, gewen. Die standaarde van die kompetisie is baie hoog en wynkelners vanoor die hele streek kon inskryf. Lees Verder »
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
April 19th, 2012
Deur Liezl van Niekerk
DRIE jaar gelede het Erika Fortuin (53), beter bekend as Sissy, haar eerste CD gemaak. Nou is sy op pad Engeland toe om haar sangtalent ook daar te gaan deel.
Fortuin, gebore en grootgeword op Oudtshoorn, se lewe het verander toe sy dr Barry McGurk drie jaar gelede ontmoet het. Lees Verder »
In Nuus gepos | Kommentaar (3) »
April 19th, 2012
DIE kampioenpotjiekosmakers van die Klein Karoo kry op Saterdag, 5 Mei, die kans om nie net hul slag te wys nie, maar ook ‘n lekker prys te wen in die Oudtshoorn Wijnhuis en Die Hoorn se potjiekoskompetisie.
Die kompetisie vind die Saterdag vanaf 14:00 by die Oudtshoorn Wijnhuis in Van der Rietstraat, Oudtshoorn, plaas.
Die kompetisie sal stiptelik om 14:00 begin met beoordeling van die rou produkte. Lees Verder »
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
April 19th, 2012
DIT is daardie tyd van die jaar – die son is net skielik soggens later op en smiddae vroeër onder, en die koue byt klaar vroegoggend en saans aan jou gesig en hande.
Met die herfs wat een van die mooiste en aangenaamste seisoene in die Klein Karoo is, hoop inwoners altyd dat die winter nie te vroeg gaan begin nie en dié tussenseisoen so lank as moontlik sal duur. Lees Verder »
In Redakteursbrief gepos | Kommentaar (0) »
April 19th, 2012
‘N OUD-LEERDER van die Hoërskool Oudtshoorn en Laerskool Oudtshoorn-Noord, Willem Matthee, het verlede Donderdagaand die Buffelsdrift-trofee ontvang as beste student in BTech Natuurbewaring aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) se Saasveld Kampus.
Willem, seun van ds Wilmar en me Pauline Matthee van Oudtshoorn, het ‘n gemiddeld van 89,6% behaal oor sy vier jaar se graadstudie! Hy het Vrydag sy BTech-graad cum laude ontvang by die universiteit se gradeplegtigheid. Lees Verder »
In Skolenuus gepos | Kommentaar (0) »
April 19th, 2012
‘N PERMANENTE uitstalling van die bekende skilder en keramiekkunstenaar Thijs Nel is sedert einde Maart in die ruim perseel van CyberWisp in Kerkstraat 66 op Oudtshoorn te sien.
Skilderye, beeldhouwerk en keramiekware van Nel, wat op Oudtshoorn woon en werk, sal op ‘n rotasiebasis in die winkel naby die Standard Bank op die dorp uitgestal word. Die werke op die uitstalling is te koop. Lees Verder »
In Kultuur gepos | Kommentaar (0) »
April 19th, 2012
Deur Garnett Wicomb
DIE Oudtshoorn polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat ‘n ambulans Maandagaand ‘n man op die Calitzdorp-pad doodgery het.
Volgens kapt Louis Visser, polisiewoordvoerder, het die oorledene, mnr Apools Kiewiets, op die toneel gesterf. Lees Verder »
In Nuus gepos | Kommentaar (0) »
|
|